Home:  Toer 1  
 

Piet Retief, Paulpietersburg, Vryheid

LUNEBURG (p255)

17/01/2007: Ons verterek op 'n koel, bewolkte, renerige dag vanaf Wakkerstroom na Lneburg. "n Klein speldekop plekkie omring deur heuwels. Dit was 'n ou sendingstasie wat gestig is deur die Hermannsburgse Sendinggenootskap in 1854. Dit is gele in die Pongola vallei. Die pad daarheen is BAIE sleg en die teer is so vol gate dat daar meer gate as pad is. Die meeste boere in die omgewing is Duitsers wat afstammelinge was van die Duitse Sendelinge. Die dorp bestaan slegs uit 'n Kerk, skool, slaghuis, algemene handelaar, polisiestasie en kliniek.

Die eerste kerk is in 1869 gebou en die eerste skool in die noorde van Natal is in 1870 gevestig. Daar is op die oomblik ongeveer 80 leerlinge in die skool en koshuis, met Duits as hoof onderrig taal

Soos op die foto kan jul sien hoe netjies die kerk en skoolterrein gehou word

Ons het heerlike wors, biltong en salami gekoop by die slaghuis. Dit het nog 'n informele aparte ingang. Iemand staan buite en beduie aan kliente watter ingang hul moet gebruik!

------------------------------------------------------------------------------------

 

BRAUNSCHWEIG (p255)

17/01/2007: 8 km vanaf Lneburg is die plekkie Braunschweig gele. Die grondpad na die plekkie is baie vrot en die plekkie bestaan uit 'n baie netjiese kerk en een armsalige winkeltjie genaamd Vaderland Winkel.

------------------------------------------------------------------------------------

PIET RETIEF (p282) :

Agtergrond: Die dorp is in 1883 gestig. Die dorp is vernoem na die Voortrekker leier Piet Retief. Gedurende die Anglo-Boere-oorlog is die dorp byna totaal deur die Britte verwoes.

Kenmerkend van die dorp is die groot aantal Duitssprekendes wat afstammelinge is van die groot aantal Duitse Setlaars wat hul in die 19e eeu hier kom vestig het.

Toer Dagboek

17/01/2007: Dit is 'n mooi plattelandse dorp omring deur heuwels en houtplantasies. Ons het min gesien en skynbaar al besienswaardigheid is 'n mooi ou N G Kerk wat deur Gerhardt Moerdijk ontwerp is

------------------------------------------------------------------------------------

COMMONDALE

18/01/2007: Die plek word wel op sommige padkaarte aangedui, en is net 'n Saagmeule, drankwinkel, poskantoor en algemene handelaar met 'n ABSA OTM masjien

------------------------------------------------------------------------------------

 

PAULPIETERSBURG (p255) :

Agtergrond: Die dorp is in 1888 gestig en is vernoem na President Paul Kruger en Generaal Piet Joubert as Paulpietersrust. Die naam is later verander na Paulpietersdorp, en in 1896 na Paulpietersburg.

Toer dagboek:

18/01/2007: Ons indrukke was dat dit 'n baie netjiese, skoon, boomryke dorp met bre strate is.

Ons was by die eerste kerkgebou wart nou gerestoureer is en tans diens doen as die openbare biblioteek. Die ou Drostdy, wat gebou is in Victoriaanse styl, het later diens gedoen as Munisipale kantore, maar is tans omskep in 'n Museum, inligtings-sentrum en koffiewinkel. Net buite die dorp is die mineraalbron waar die Val Pr gebottelde water gebottel word.

Ons het uitgekamp by die Natal Spa, sowat 15 k m suid van Paulpietersburg op pad na Vryheid. Die SPA is in 1888 ontdek, en vandag is dit ontwikkel in 'n heerlike vakansieoord. Daar vloei ongeveer 5 miljoen litter water per dag deur die vier groot swembaddens. Daar word glad nie gebruik gemaak van pompe of filters nie. Soos die water uit die aarde kom kan jy daarin swem. Die temperatuur van die water by die oog is 40 grade celcius.

Dit is 'n moet om  weer die SPA te besoek.

 

-------------------------------------------------------------------------------------

VRYHEID (p252)

Agtergrond: Die dorp het tot stand gekom nadat Dinizulu, opvolger van koning Cetswayo, sy vader se vete met sy vyand Zibhebhu wou voortsit. Hy het die dienste van 'n aantal Boere-huursoldate onder leiding van Lucas Meyer bekom. Betaling sou in die vorm van Grondtoekennings wees. Na vrugtelose pogings om die grond uit die koning te kry, het die Britte uiteindelik as bemiddelaar opgetree en die boere het die grond, wat later die distrik Vryheid sou wees, ontvang.

Hul het in 1884 die Nuwe Republiek uitgeroep met Vryheid as hoofstad. Die baie Duitssprekende inwoners is afstammelinge van die Sendelinge van die Hermannsburgse senddinggenootskap.

Besienswaardidghede is die ou Raadsaal van die Nuwe Republiek, en twee slagvelde: Nkambule en Holkrans. Die Knabelhuis is glo die oudste tuisnywerheid in die land.

30 km suid van Vryheid is Bloedrivier waar die slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838 tusen die Voortrekkers en Zoeloekoning Dingaan plaasgevind het

 

   

 

Toer dagboek:

20/01/2007: Van die SPA is ons via die Kruger Brug na Vryheid. Ons was baie teleurgesteld oor die swak toestand van die brug wat 'n Nasionale Monument is. Die brug word glad nie onderhou nie, en is baie verwaarloos. Soos op die foto kan jul die pragtige ou klip pilare sien. Ons hoop MONDI op wie se grond die brug is, sal iets aan die instandhouding van die brug doen.

Ongelukkig was dit Saterdag en ons kon nie enige van die museums besigtig nie. Ons het fotos geneem van die ou Meyer huis, die ou Raadsaal van die Nuwe Republiek, en die vuursteen tronk.

 

Tuisblad         Volgende