Home:  Toer 6  
 

 Kongola, Popa Falls

Agtergrond:

(Onder Konstruksie)

Toer dagboek

       Kavango rivier by brug                                Sunset cruise                                   Drywende swembad                              4 x 4 kennisgewing

18/09/2008:

Ons groet die vriendelike eienaar van Namwi, (Lizelle Booysen) en vir Ig Maritz, en vat die pad weswaarts deur die Caprivi. Ons stop eers by Katima Mulilo (dit beteken volgens die pompjoggie: "putting out fires"). Hiervan het ons baie langs die roete gesien, maar niemand "put them out" nie. Hulle aanvaar darem in Namibia die Nedbank garagekaart. Ons wil die wiele laat pomp, maar die Shell garage stuur ons na 'n plek in die hoekie van die perseel waar hul bande regmaak. Die mannetjie en Johann verstaan mekaar nie mooi nie. Ons wil die wiele 3-bar laat pomp, maar hy hou aan s die wiele is reeds 600?  (600 wat? hy weet nie) Toe ry ons maar na die Engen garage. Hulle het glad nie lug nie. Uiteindelik by die BP garage het hul lug, maar die lugdruk-meter werk nie. Ons pomp maar elke wiel na gedagte en ry winkels toe.

Katimo het 'n mooi groot Pick-'n-Pay en 'n OK Grocer. Baie groot verskeidenheid op die rakke. Ons wil bottels water koop, want mens is nie veronderstel om die plaaslike water in die Caprivi en Okavango te drink nie. Dit kom direk uit die riviere. Pick-'n-Pay het nie 5-liter bottels nie, en ons gaan na die OK. Daar is baie Nestle 5-liter bottels teen N$19.95. Daar is ook 5 liter Aqua teen N$24.99. Ons koop 6 x 5liter bottels om ons te hou tot by Maun. Party mense vertel dat hul die water kook en dan drink, maar ons speel maar liewers veilig.

Ons ry weereens deur een veldbrand na 'n ander. Die hele wereld is al swart gebrand. Ons bereik Kongola. Garmin toon aan dat daar brandstof te kry is, maar die plek is lankal gesluit en staan verlate. Gelukkig het Ig ons hiervan vertel en was ons voorbereid. Ons ry dus 'n verder 200 Km tot by Divundu waar ons sou afdraai om suidwaarts te begin beweeg. Van Kongola weswaarts ry ons oor die Kwando river wat yslike vleilande het, en toe deur die Bwabwata wildtuin. Eers moes ons weer langs die pad ons skoene en wiele laat dip, en 'n vleisinspeksie kry. In die wildtuin self sien ons geen enkele dier nie, en is dit 'n erg vervelige en warm pad (tot 37 binne die voertuig). Net voor die Kavango rivier eindig die wildtuin en is daar 'n permanente polisie versperring. Hul kontroleer die voertuig se lisensie, Johann se bestuurderslisensie, wil weet waarvandaan kom ons, waar gaan ons heen en nog 'n klomp vrae. Uiteindelik kom ons daar weg en kry brandstof by Divundu, 'n baie klein nedersetting. Garmin s daar is ook 'n Shell garage, maar dit bestaan ook lankal nie meer nie. Die Caprivi-hoofweg is 'n hengse vervelige 320 kilometer waar daar niks is nie.

Die eerste oord waar ons wou oorstaan, was Popa Falls. Dit l teenaan die teerpad en die Okavango rivier. Hul vra egter N$100 per staanplek plus N$50 per persoon. Ons betaal dit nie eens vir 'n 5-ster kamp in RSA nie, en ons s dankie, maar nee dankie. So 5 kilometer verder draai die pad af na Ngepi-kamp. Ons het by Robbie by Kalizo Lodge gehoor van die plek en dat daar verseker Pels Fishing Owl hier rond is. Van die teerpad is dit so 4 kilometer se redelike erg sandpad tot by die kamp. Ons vra vir 'n staanplek langs die rivier, maar hul gee ons een weg van die rivier en in die son (no 9). Ons gaan terug en kla daaroor, en kry toe een, weer weg van die rivier, maar met koelte (no 11).

Die plek is redelik gou in ons verkeerde boekies, toe die mannetjie by ontvangs seker 6 keer vir my vra hoe mens my van spel, ten spyte van die feit dat ek dit in die besoekersboek geskryf het en een slag stadig vir hom gespel het. Om by die nuwe kampplek uit te kom val ons in die sand vas, en moes die werkers geroep word om ons uit te stoot. Weer kla ons en kry toe vir die volgende twee aande 'n staanplek reg langs die rivier. Elsie wou na die ablusie gaan. Dit is oop bo en toegemaak met riete wat redelik deursigtig is. Voor die deur  hang ook 'n houtbalke met "door" op geskryf. Daar is 'n klomp van die werkers in en by die ablusies, en aangesien ons die enigste kampeerders by die spesifieke ablusies is, vind ons dit vreemd dat die "door" teken by die dames kant opgesit is. Elsie roep, en 'n mansstem antwoord van binne. Die manlike werkers is toe al die tyd besig om ook te stort en te dinges in die dames ablusies. Toe strip ons moere en ons kla weer. Hul was seker al gatvol vir ons, maar dit was die kersie op die koek. Daar hang 'n bordjie met die strekking dat as jy 'n attitude het, moet jy liefs gaan. (Toe gaan ons maar die volgende dag!).

By die ontvangs is al die bedrywighede, en is daar onder andere 'n drywende swembad. Jy swem in 'n "hok" binne in die Kavango-rivier. Die "O" van die Okavango is glo deur die Ovambo's aan die woord Kavango gesit. Die plaaslike mense noem die rivier die Kavango. Die koste is N$75 per persoon per nag.

20/09/2008

                                      32 bataljon se murasies

                                                                    Fotos by Ngepi 

                                               Vas in die los sand

                Mahangu                                            Jakkalsbessie boom                                                                 Bruin Vuurvinkie

Ons het 'n voluitstappie gereel vir 06:30 die oggend. Ons gaan saam met Christof oor die rivier en stap rond op die terrein waar die ou 32 battaljon se kwartiere was. (foto's bo). Ons sien nie veel  vols nie, maar kon darem die Senegal Coucal, Slaty Egret, Rufous Bellied Herron, en Northern Greyheaded Sparrow op ons lewenslys afmerk  Christof vertel aanhoudend en wys uit waar hy die Pels verlede jaar en wanneer ookal gesien het. Ons wil die dm ding NOU sien, en nie weet waar hy al gesien is nie!

Terug by die kampplek, besluit ons om op te pak en verder suid te ry tot by Mahangu Campsite. Op pad na die teerpad val ons in die los sand vas, en moes ons die lodge bel om ons met hul 4 x 4 te kom uitsleep . Hul daag na 40 minute op, sleep ons uit die sand,  en was so gaaf om saam met ons te ry tot by die teerpad om seker te maak ons kom veilig op die hoofpad. Die 4 x 4 kennisgewing bord op die foto was dus nie net 'n grap nie. Alles in ag genome was Ngepi nie een van ons aangenaamste ondervinding nie.

Mahangu beteken "food for the people". Ons staanplek is op die rivier se oewer, maar die eerste kampplek wat aan ons toegeken word, is te klein vir ons om in te kom. As ons in is, kan die deure nie oop nie. Ons skuif weer na 'n lekker koeltestaanplek onder 'n reuse Jakkalsbessie boom. Die vruggies van die Jakkalsbessie noem hul hier die "Nunda". Dit blyk toe dieselfde te wees as die "Mucenja" van die Caprivi. So leer ons ook. Die voels vreet die vruggies en laat val die pitte en ander sagte stinkende uitwerpsels op die motorwoonwa. Die pitte val met 'n harde slag op die dak.

20/09/2008

Ons reel met Willie, 'n plaaslike werker en voelgids om ons na die vleie te neem. Ons vertrek om 6:30 en sien baie Coppery Tailed Coucals, Rufous Bellied Herons, Slaty Egrets, Long-toed Plovers, Open Billed Storks, Marsh Owls, Spoonbills en baie ander spesies. Ons kon egter nie die White-backed Night Heron te sien kry nie, maar weet nou waar sy slaapplek is.

Ons sien ook Makorros langs die rivier l, maar Willie s hul noem dit "Wat". Hy weet nie waar kom die naam Makorro vandaan nie. Dan het hy 'n manier van praat soos "hier het so 4 of 7 leeus deur die draad van die park gekom en so 7 of 12 beeste doodgemaak".

Die aand maak ons 'n baie lekker Sprinbok-nek Potjie. Ons begin so teen 15:00 en by 18:00 kon ons begin eet. Die wildsvleis was maar N$40 /kilo

21/09/2008

 

         Long-toed Plover                                     Marsh Owl

Vroegoggend vat ons weer die paadjie na die vleilande toe om te sien of ons dalk die White-Backed Night Heron te siene sal kry. Ons sien iets uit die slaapplek vlieg, maar kan nie verseker s dat dit die White-Backed was nie. Die wind waai te sterk en in die vleie en op die panne is daar vanoggend nie veel vols nie. Ons kuier toe maar by Felix, die oord bestuurder en eet van sy lekker suurlemoen en kersie koek wat hy self gebak het.

VOLGENDE