Port Elizabeth

 

04/01/2016

Klik op kaart en fotos Totale afstand:   1059 kilometers

Dit is nog sterk donker toe ons teen 04:00 by die huis wegry. Die pad van voor af is redelik besig, maar in die suidwaartse rigting is dit stiller.

Die pad is in goeie toestand maar naby Kroonstad is daar padwerke en word die pad na 'n enkelbaan verminder. Gelukkig is daar nie voertuie wat ons ophou nie, en pla die padvernouing ons nie te erg nie. Ons vorder op skedule en beland teen 08:00 by Bloemfontein waar ons by die Wimpy ontbyt eet. Na 'n rustige ete en bietjie ontspan, vul ons die brandstof tenks, en vat die N1 pad verder suid.

Net anderkant Colesberg draai ons weg op die N9 tot by Middelburg. Die veld deur die Vrystaat en verby Middelburg is vaal en droog en boere moet hier bitter swaar kry.

By Middelburg draai ons weg op die N10 wat ons na Cradock neem. Naby die Visrivier is daar groen landerye en boere kan besproei uit diue rivier.

50 kilometer anderkant Cradock, rigting Port Elizabeth, stop ons by die Daggaboer padstal. Die kwik huiwer rondom 40C en dis bitter warm. Ons bestel hul beroemde roosterkoek wat met biltong smeer en fyn biltong bedien word, saam met yskoue water en koeldrank. Hul ander bekende drankie, tuisgemaalte gemmerbier, kan nie koud gehou word nie, want die koelkaste kan in die hitte nie voorbly nie.

Daggaboer Padstal Buitelug toilet Daggaboer Padstal

Dan nog sowat 200 kilometer en ons is uiteindelik in Blouwater Baai waar die kwik genadiglik op 28C staan. Na 12 uur op die pad kan ons afpak en ontspan.

 

Tuisblad              Tankwa toerskedule      Volgende