Home:  Toer 8    Wes Kaap  
 

 Port Alfred, Kenton-on-Sea, Canon Rocks, Alexandria, Salem, Bathurst, Grahamstad

 

PORT ALFRED (p201)

Agtergrond: Die strandoord is gele langs die Kowierivier. Britse setlaars het hul hier in die 1820's gevestig. In 1821 is Port Kowie gestig. DIe hawe was gevaarlik en is in 1831 laat vaar. Intussen het die dorp begin uitbrei en is Port Frances genoem ter ere van Frances Somerset, vrou van Henry Somerset die Goewerneur aan die Kaap. In 1860 is die naam weer verander na Port Alfred ter ere van die Britse koninklike, Prins Alfred. Verskeie poings is daarna weer aangewend om die rivier dieper te maak om as hawe te dien, maar dit is finaal in die 1890's laat vaar. In die goeie dae van die hawe het skepe van tot 340 ton die hawe binne gekom.

Port Alfred is gelee op die R72 halfpad tussen Port Elizabeth en Oos London aan die Sonskynkus. Hulle beweer daar is bewys dat hier meer sonskyndae per jaar is as op enige plek aan die Suid Afrikaanse kus. Die Kowie rivier is bevaarbaar vir 28 kilometers. Die Royal Alfred Marina is in en langs die Kowie rivier in die hartjie van die dorp gebou.

Toer dagboek

Dag 233
18/10/2009

Nadat ons die vorige dag reeds die meeste goed gepak het, was dit net nodig om die laate goed te pak, die satelietskottel weg te pak en die Ford te haak. Teen 08:00 is ons op pad na Port Alfred, wat sowat 168 km weg is. Die pad is lekker stil en ons bereik uiteindelik Port Alfred teen 11:00. Langs die pad ry ons verby 'n hele aantal strandplekke wat ons wil besoek as ons eers ingeboek het by Port Alfred.

Ons gaan na die Medolino karavaanpark. Garmin neem ons langs 'n verkeerde pad waarlangs jy nie by die karavaanpark kan uitkom nie, en ons beland in 'n doodloopstraat. Ons kon nie omdraai nie, en moes die Ford afhaak, omdraai en weer aanhaak.. Ons vind later die karavaanpark en nadat ons ingeboek het, hoor ons dat hulle nie kredietkaarte nie, maar slegs kontant aanvaar van pensionarisse. Weer kon ons nie omdraai nie, en hul maak die hekke oop sodat ons deur die karavaanpark klan ry om weer uit te kom. Ons ry toe maar na die Willows karavaanpark wat op die oewer van die Marina gelee is. Weereens is Garmin verkeerd en wil ons neem na 'n punt reg ion die hartjie van die Marina. Gelukkig sien ons die karavaanpark se borde, maak 'n u-draai by die polisiestasie en keer terug na die Willows karavaanpark. Ons staanplek is langs die kanaal en ons kan deur die voorruit sien hoe die bote in en uit beweeg.

Die middag ry ons deur die dorp en sien al die mooi huise wat hier gebou is. Ons gaan kyk na waar die Kowie rivier in die see uitmond. Daarvandaan ry ons al langs die see af tot by Port Alfred se Shelly's Beach, 'n Blouvlagstrand. Dis 'n mooi strand maar daar was min mense in die see.  


                                            RoyalAlfred Marina                                                               Breekwater by Kowierivier                          Blouvlag Strand

      
                                   Brug oor Kowierivier      

Dag 234
19/10/2009

Oos van Port Alfred is 'n hele aantal strandoorde, en ons ry tot by die verste punt en werk ons stadig terug na Port Alfred. Ons begin by Visrivier Sun, maar Garmin neem ons verby tot by die Mpekweni Resort. (Garmin is werklik  nie baie betroubaar in hierdie omgewing nie). Mpekweni is egter 'n mooi hotelkompleks en ons was bly oor Garmin se fout.


                                                                  Mpekweni Beach Resort

Op pad terug stop ons by wat ons meen die Visrivier Hotel en Casino sou wees. Dis egter nou net 'n hotel met 'n pragtige goedversorgde golfbaan.


             Visrivier Sun                                           Kleinemonde Oos

Verder weswaarts kom ons by Kleinemonde Oos, en draai daar in. Die strandfront is pragtig en daar is mooi netjiese en groot huise gebou. Die rivier mond ook nie in die see uit nie. Ons kon nie by Kleinemonde Wes inry nie, want die hekke is toe en beman.

Die Visriviermonding en karavaanpark was 'n teleurstelling en dis meestal opslaanhuisies wat daar tussen die bosse gebou is.

BATHURST (p199)

Agtergrond:  Bathurst is vernoem na Graaff Henry Bathurst, die Britse Koloniale Sekretaris in die tyd van die 1820 setlaars. Vandag is dit die pynappel hoofstad van Suid Afrika. Die eerste pynappels is hier geplant deur Charles Purdon. 'n Ou hout watermeul is in 1821 gebou, en is vandag 'n Nasionale Monument

Toer Dagboek:

Dag 234
19/10/2009

Omdat ons by verskeie strandoorde nie kon inry nie, was ons teen etenstyd klaar met die strande toer. Ons besluit toe om deur te ry na Bathurst, wat so 10 -15 minute noord van Port Alfred is en dan daar te gaan middagete nuttig. Wat 'n pragtige en geskiedkundige plekkie. Dit laat ons baie dink aan Hogsback, waar die huise ook ver uitmekaar en verspreid op kleinhoewes gebou is. In die "sentrale sakegebied", is 'n aantal pubs en winkeltjies wat handwerk, oudhede  en tuisgemaakte artikels verkoop.

Ons besoek die handwerk winkel waar ons sien hoe hulle die materiaal met allerhande patrone druk. Op die oorkantste hoek is die Pigg and Whistle Hotel & Pub. Volgens die boeke wat ons geraadpleeg het en wat die inwoners ons meegedeel het, is dit die oudste gelisensieerde pub in die land wat nog bestaan. Ons eet 'n lekker bord varsgemaakte Cottage Pie en groete en drink 'n bier vir die hitte.


                                                                          Kuns en handwerk winkeltjie

                                                                           Pig 'n Whistle Hotel & Pub - Established 1832

             Pig & Whistle                                               1820 Pub                                Oudste "lewende" skool in RSA              Kerkie gebou deur 1820 setlaars

Ons ry na die Toposcope wat bo-op die koppie gebou is. Wikipedia beskryf 'n Toposcope as volg:

"A toposcope or topograph is a monument erected on hills, mountains or high places which indicates the direction, and usually the distance, to notable landscape features which can be seen with the naked eye from that point. They are often placed in public parks, country parks, the grounds of stately homes or places of historical note, such as battlefields. Large toposcopes may be circular paved areas, with numerous plaques around the perimeter, each indicating a particular feature of the landscape. One large toposcope is the Toposcope at Bathurst, near Grahamstown, South Africa, which commemorates the 1820 settlements."


                                                  Toposcope bo-op koppie                                                             Bordjies wat inligting aandui soos hieronder beskryf

Van hierdie koppie het hul glo grond uitgewys wat aan die Britse Setlaars toegeken is, Die besonderhede op die bordjie is van bo na onder:
*   Afstand in myl van koppie
*   woonplek aangewys se naam
*   leier se naam
*   graafskap waarvandaan afkomstig
*   skip se naam

Op pad terug doen ons aan by die BIG PINEAPPLE. Die struktuur is van staal en beton gebou en mens klim op tot bo-op 'n platform wat 17 meter hoog bokant die grond is. Van bo af het mens 'n mooi uitsig oor die pynappel lande rondom die struktuur. Toegang is R10 per persoon, maar ons as pensionarisse gaan in vir R5 elk. Hulle verkoop pynapples van alle grootes vir R3.00 elk

   
                Big Pineapple                                             Uitsig van bo                               Trappe binne die struktuur              Struktuur voor "dop" aangesit is

GRAHAMSTAD (p196)

Agtergrond: Grahamstad is in 1812 gevestig as 'n militere pos op die plaas Rietfontein. 'n Hele aantal blokhuise is langs die Visrivier gebou om die blanke setlaars teen die Xhosa stamme te beskerm. Sir John Cradock, goewerneur aan die Kaap het vir Kolonel John Graham gestuur om geskikte plekke te soek vir die bou van die forte. op die plaas Rietfontein wat ook deur die Xhosas afgebrand is, het hy besluit dat die hoofkwartier van die garnisoen gebou moes word. Die dorp Grahamstad is op 14 Augustus 1812 geproklameer. Die dorpsgebied is uitgele deur die landmeter John Knobel, en die eerste erwe is in 1815 verkoop. Na die koms van die 1820 Britse setlaars het die dopr 'n hupstoot gekry sodat in die 1830's was Grahamstad die tweede grootste dorp in Suid Afrika. Die Voortrekker leier Piet Retief het ook hier 'n winkel gehad. Hy was ook 'n bou-aannemer. Hy het die Groot Trek in 1836 hiervandaan gelei. In 1862 het dit volle munisipale status gekry.

Die dopr is hierna deur nog 3 grensoorlo, (die 6e, 7e en 8ste) geteister, Die aanvallers is egter sukses afgeslaan.

Besienswaardighede is die 1820 Setlaars Monument op Gunfire Hill, die Fort Selwyn, die botaniese tuin en 'n aantal kerkgeboue. Grahamstad staan ook bekend as "The City of Saints"

Toer Dagboek:

Dag 235
20/10/2009

Grahamstad is sowat 60 kilometers van Port Alfered en ons was reeds teen 09:00 in die dorp. Ons kry die Inligtingskantoor en koop 'n boekie wat staptoere deur die dorp beskryf.

Die toer begin by die Observatory Museum waar ons verneem 'n Camera Obscura is. Oral wat ons daarna verneem, weet niemand wat dit is of beteken nie. Selfs ou inwoners wat al 10 jaar in Grahamstad woon. Wiklipedia beskryf dit as volg:

"The camera obscura (Latin for 'dark room'; literally 'darkened chamber') is an optical device that projects an image of its surroundings on a screen. It is used in drawing and for entertainment, and was one of the inventions that led to photography. The device consists of a box or room with a hole in one side. Light from an external scene passes through the hole and strikes a surface inside where it is reproduced, upside-down, but with color and perspective preserved. The image can be projected onto paper, and can then be traced to produce a highly accurate representation. Using mirrors, as in the 18th century overhead version,  it is possible to project a right-side-up image."

Ons klim die baie spiraal trappies tot bo op die toring van die museum. Omdat ons nie weet wat die "magic" is waarvan die man by ontvangs praat nie, was Elsie al weer halfpad af toe 'n deurtjie op die boonste uitkyk platform oopgaan en Johann sien wat daar binne aangaan. Elsie klim weer tot bo en ons word vergas met 'n verduideliking en demonstrasie deur Moses van die Camera Obscura. Beelde van die omliggende area word deur spieels en lense op 'n ronde wit bord in die midel van die donker vertrekkie geprojekteer. Die beelde is  so helder soos 'n foto. Moses draai met toue die spieel bo in die toring al in die rondte en ons kon stuk-stuk 'n 360 uitsig van die hele Grahamstad sien. Van die beelde is hieronder op die fotos. Dit is volgens die inligtingsboekie die enigste egte Victoriaanse Camera Obscura in die suidelike halfrond.

Daarna stap ons deur die ou dorp en bekyk al die ou histroriese geboue. Dit is 'n baie interessante dorp met 'n lang en kleurvolle geskiedenis.

Ons gaan groet ook Susan van Badplaas se dogter wat in 'n plaaslike winkel werk. Na 'n geselsie met haar stap ons verder deur die ou dorp. Ons was bietjie teleurgesteld met die 1820 Setlaars monument bo-op 'n koppie bokant die dorp.

Die Yellow House is die oudste huis in die dorp. By die Shaw Hall is die enigste sitting van di Kaapse parlement buite Kaapstad in 1864 gehou. Die Cathedral of St Michael en St George is in 1824 begin bou en in 1952 voltooi met die aanbou van die "Lady Chappel". Die katedraal het die hoogste toring (53.6m) in die land. Die toring huisves ook die swaarste en enigste stel van 10 klokke op die Afrika vasteland.


                            Cathedral of St Michael & St George                                                                          Methodist Commemoration Church

                      Piet Retief se ou Winkel tans restaurant                                          Oudste posbus in SA                               Hoofstraat tot by Katedraal 

               1820 Setlaars Monument                                                               Fort Selwyn                                                         Uitsig vanaf Observatorium

 Yellow House: oudste huis in dorp                      Ou tronk                                                        Shaw Hall                                                      Stadsaal    

                                                 Ou winkelfronte                                                              T Birch & co - -             Gebruik vandag nog die Lamson Money shoot

                                                   Observatory Museum met Camera Obscura beelde                                                                           Ou horlosie

Ou fietse in Observatory museum                Elmarie saam met Elsie                                    Kerkgebou in Salem
 
Op pad terug ry ons met 'n ompad deur Salem tot by Kenton-on-Sea . Ons besluit om Canon Rocks toe te ry om vir Christa te gaan besoek. Laat middag keer ons weer terug Port Alfred toe

Dag 236
21/10/2009

Na al die rondryery in die omgewing van Port Alfred, is ons vandag rustig tuis . Ons besoek die nuwe winkelsentrum buite Port Alfred, en vul voorrade aan vir die tyd wat ons in die Addo Nasionale park sal wees.

Dag 237
22/10/2009

Dis maar 'n koue, winderige dag en ons vertrek na Canon Rocks waar ons  by Christa sal tuis gaan. Ons brereik die huis sonder probleme en moet maar die dag binne deurbring want buite is dit 'n stormsterk wind en koud. Dit gee darem tyd dat ons lekker kan gesels en kon opvang met al die familie stories. Die aand braai ons 'n hoender "flatty" op die kole en kuier verder

 Dag 238
23/10/2009

Dit is 'n heerlike sonskyn en windstil dag. Die weervoorspelling is vir reen en selfs donderweer oor die volgende aantal dae, en ons besluit om dan maar liewers vandag te gaan rondry en die omgewing te besigtig. Uit die Kaap hoor ons dat storms weer op pad is.

Ons ry eers met die grond kuspad tot by Alexandria. Die pad loop deur pragtige groen landerye wat mens laat dink jy is in Ierland. Dis melkboerdery wereld en oral loop hordes melkbeeste op die groen weiding en vreet. Daarna gaan die pad deur woude wat deel is van die Addo Nasionale Park. Dis 'n baie mooi en goed geboude pad.


      Groen weivelde: Alexandria                                                   Maureen Quin met van haar beeldhouwerke

                                                                    Beeldhouwerke van Maureen Quin                                                                       Pragtige Kerkgebou Alexandria

Ons bereik Alexandria en op aanbeveling van Christa, gaan soek die Quin beeldhoudster se huis waar daar die pragtigste beelde in die tuin en in haar atteljee, besigtigingskamer en werkswinkel is. Maureen Quin ontvang ons vriendelik en sy verduidelik baie entoesiasties hoe die beelde gemaak word. Ook die "primitiewe" manier waarop sy vroeer jare die beelde met ogiesdraad, goiingsak en gips moes maak. Na voltooiing word die beeld wat dan van was is, na Simonstad vervoer waar dit in brons gegiet word. Op die een foto hierbo staan sy by die kop van 'n perd wat sy in opdrag geskep het vir 'n geboue ontwikkeling in Dubai. Die replika van die voltooide beeld is regs van die foto waarop sy is. Die voltooide beeld is 4 meter hoog. Ons word ook op 'n welkome koppie tee getrakteer. In die tuin is 'n groot moerby boom en ons eet ons dik aan die lekker ryp swart moerbeie. Dit is lanklaas dat ons sulke lekker moerbeie raakgeloop het. Sien haar webblad

Daarvandaan ry ons weer per teerpad na Kenton-on-Sea, kyk bietjie rond en gaan eet by die Red Apple padstal by die ingang na Boesmansrivierstrand. Ons gaan ry af tot by die rivier, maar sien nie 'n pad wat strand toe gaan nie. Later hoor ons daar is so 'n "bospaadjie" af strand toe.

Op pad terug ry ons ook in by Boknes-strand. Hier is ook 'n groot ontwikkeling uitgele, maar dit lyk of dit nog in die beginstadium is. Teen laat middag is ons weer terug in Canon Rocks


       Boesmansriviermond                          Boknesstrand by rivier en lagoon

Dag 239
24/10/2009

'n Rustige dag by Canon Rocks. Ons kuier saam met die familie en teen laat middag steek ons die braaivleisvuur aan.

Dag 240
25/10/2009

Ons gaan kuier by Kobus, 'n plaaslike kunstenaar en pottebakker. Op pad terug kry ons by David 'n aantal botteltjies van die lemoen en suurlemoen olie ekstrak wat hul maak. Dit het die lekkerste reuk en ons gaan dit oa. in die motorwoonwa brand om die heerlike geur van lemoen en suurlemoen deur die motorwoonwa te laat trek. Ons maak gereed om die volgende dag na Addo Nasionale park te vertrek

VOLGENDE