Home:  Toer 8    Wes Kaap  
 

 Blouwaterbaai, Uitenhage, Despatch, Port Elizabeth

 

PORT ELIZABETH

Agtergrond: (Onder konstruksie)

Toer dagboek

Dag 245
30/10/2009

Ons pak op en vertrek uit Addo Olifant Park. Vandag ry ons so 4 km in die rigting van Port Elizabeth om die motorwoonwa op 'n plaas te laat staan terwyl ons vir die volgende week in Port Elizabeth kuier. Ons wil nie die motorwoonwa in Port Elizabeth in die straat laat staan nie - bang hul breek dalk in. Ongelukkig trek die motorwoonwa altyd aandag - soms uit verkeerde oorde. Ons stoor die motorwoonwa by Louis en Freda de Bruyn op 'n plaas waar hulle plaasbestuurders is, en ry met die Fordjie verder na Blouwaterbaai, waar Johann se suster Engela en haar man Johann woon.

Daarvandaan is dit maar 'n kort rit van sowat 60 km en ons was gou in die Baai. Die middag gaan vervang ons die voorwiel wat flenters geskuur is, en kry die band nogal teen 'n goedkoper prys as die bande wat ons so twee weke tevore in Oos London opgesit het.

James en sy vrou Surita, Johann en Engela se kinders, kom ook vir die naweek kuier.

Dag 246
31/10/2009

Vandag is ons reeds 8 maande op toer en het ons seker die helfte van die be-oogde toer afgel.

Dag 247
01/11/2009

Ons gaan na Blouwaterbaai se kerk en na ete gaan kuier ons by ons skoonseun Kobus se ma wat ook hier in Blouwaterbaai woon. Verder 'n rustige dag

Dag 248
02/11/2009

Ten spyte van die weervoorspelling is dit 'n mooi sonskyndag. Ons laai vir Engela in die Fordjie en vaar die stad in op soek na besienswaardighede. By die Campanile wou ons binne die hawe-gebied ingaan om 'n foto van 'n afstand te neem. Die sekuriteitsmense wil ons egter nie inlaat nie. Hoekom nie? Hulle weet nie maar ons mag nie inry nie. Later was daar 4 van hulle wat nie weet hoekom nie, maar ons mag nie inry nie. Ons vra of ons dan maar net binne kan gaan draai, en hulle s dis ok solank ons nie 'n foto van die toring neem nie. Met die omdraaislag neem Johann 'n paar fotos deur die oop venster wat groot ontsteltenis onder die sekuriteitswagte veroorsaak.

In die stad is daar 'n baie mooi ou stadsaal en ander ou geboue. Ons kry ook die piramiede wat vir lady Elizabeth Donkin gebou is. Die stad is na haar vernoem

Ons ry verder tot by Cape Recive op soek na 'n paar vols, maar sien net die gewone, algemene vols


                   Stadsaal                                            Veremark-saal                                                        Mediteranian Shipping Company

            Ou huisies                                                                                                               Lady Donkin piramide                      Motor vervoer Skip in hawe

          King Edward Hotel                                     Campanile                                          Vuurtoring at Cape Recive

Dag 249
03/11/2009

Dit is Elsie se verjaarsdag en die middag gaan eet ons uit saam met Johann en Engela om die geleentheid te vier. Ons besoek ook 'n wolwinkel waar bolle wol teen 'n derde van die pryse in Johannesburg verkoop word. Elsie koop genoeg wol om haar 'n ruk lank besig te hou.

Op pad terug Blouwaterbaai toe besoek ons die monument wat opgerig is ter ere van die perde wat in die Anglo-Boere-oorlog dood is.

Dag 250
04/11/2009

'n Winderige dag. Die wit perde op die see is groot en spat die skuim hoog oor die dolosse. Elsie gaan drink tee saam met Isabel du Plessis by die Baai se groot winkelkompleks, die Green Acres. Die middag braai ons koedoe steaks en kuier by die huis rond.

Dag 251
05/11/2009


             Fort by Swartkopsrivier                                                                                            Blouwaterbaai

                                                  Blouwaterbaai
Vroeg oggend ry ons na die soutpanne in die Swartkops rivier om te kyk watter voels ons daar sien. Ons sien 'n hele groep Groot Flaminke en 'n aantal gewone watervoels.

UITENHAGE

Agtergrond: (Onder konstruksie)

Toer dagboek

Omdat ons reeds amper halfpad daarheen is, ry ons sommer deur na Uitenhage en Despatch. Ons vind die "i", en kry inligting omtrent die dorp. Ons besluit om net deur die dorp te ry en dan die Volkswagen museum te besoek.  In die museum is die geskiedenis van die VW Beetle uitgebeeld. Daar is bv 'n 1972 Beetle wat net +-800 km gedoen het en nog in die oorspronklike vorm is. Die motortjie is nog nie eens ingeloop nie. Hulle het dit gevind in Potchefstroom, dit gekoop en dit word nou hier vertoon.  Toegangsgeld is R2 per pensionaris (andersinds R5.00)


   Ou Poskantoor gebou                             AutoPavilion (VW museum)                                Herbie                                       Oorspronklike 1972 Beetle

              1974 Beetle                                              VW Fabriek

DESPATCH

Agtergrond: (Onder konstruksie)

Toer dagboek

Met die terug rit ry ons deur Despatch, maar daar is nie juis "afneemwaardige plekke" te sien nie

Dag 252
06/11/2009

Dit is Vrydag en omdat ons 'n besige dag verwag, ry ons vroeg oggend na die Green Acres winkelsentrum. Ons wil Elsie se selfoon laat regstel vir MMS en Internet, en swaer Johann en Engela wil hul selfone laat RICA.  Dit is 'n baie groot sentrum en mens loop jou disnis van een kant van die kompleks na die ander kant.

Op pad terug ry ons aan by Fort Frederick wat gebou is om die baai en hawe te beskerm. Die fort met sy kanonne is nooit gebruik vir beskerming van die baai of vir oorlogvoering nie.  "Not a single shot was fired in anger"


                                                                            Fort Frederick

Dag 253
07/11/2009

Die twee manne (albei Johann) ry vroegoggend na die plaas by Addo om die motorwoonwa te gaan haal. Met die terugry, maak ons die dieseltenks vol en wil die wiele laat pomp. Die eerste garage se "wind is op". By die tweede kan hul nie die linker voorwiel pomp nie. Ons ry na Barkhuizen bandediens, en die vriendelike mense vervang die "valve" gratis en ons is weer reg vir die pad.

VOLGENDE