Tuisblad:  Toer 8  
 

Pretoriuskop

 

 

Dag 90
28/05/2009

Ons groet vir Mike en Helen en vat koers na Pretoriuskop. Langs die pad sien ons net 'n enkele buffel, maar Mike en Helen laat weet per SMS dat hulle op 13 leeus in die pad afgekom het. Hulle het vir 'n halfuur lank stoksiel alleen die leeus vir hulself gehad. Dis 'n wonder die minibussies het nie daar opgedaag nie.

By Pretoriuskop kry ons 'n redelike staanplek en kom later agter dat daar twee karavaanparke is en ons staan op die kleiner een. Dit is egter lekker stil en ons besluit om net daar te bly.

Teen laat middag gaan ry ons 'n entjie met 'n sirkelroete om die kamp. Die gras/dekriet is egter hor as die motor met die gevolg dat ons niks sien nie. Dit is amper soos in die Delta op die Mokoro - jy sien langs jou net gras.

Dag 91
29/05/2009

Ons gaan vir die dag na Nelspruit om voorrade aan te vul. Dit is 'n lekker uitstappie en ons was weer so teen 15:30 terug. Skaars 'n kilometer uit die kamp kry ons 'n leeu wat oor die pad stap (#20). Hy verdwyn  in die gras langs die pad, en toe ons binne sekondes by die plek kom, is hy nerens te sien nie. Die gras is te lank en te ruig.

Dag 92
30/05/2009
 

Johann gaan die oggend vir 'n wildrit, maar na twee ure kom hy terug met die nuus dat hy net 'n klompie waterbokke by die Shitlhave-dam gesien het. Die dam beskryf die hele area! Langs die pad verloor hy die meganisme wat die kamera op die venstermonteerder vasmaak. Hy ry stadig op sy spoor terug, en kry sowaar die meganisme in die pad l.

  
     Waterbokke by Shitlhave                     Lang gras langs die paaie

                                                                              Moederliefde

Dag 93
31/05/2009

Na die opwinding van die Super 14 eindstryd die vorige aand, is ons vroeg uit die kamp. Ons ry met die ou Voortrekker pad (H2-2) tot by die Afsaal piekniekplek. Langs die pad kry ons 11Wwitrenosters. Van hulle was 4 bymekaar wat in die pad gestaan het en ons moes meer as 'n halfuur wag voordat ons kon verby ry. Hulle was nie van plan om te beweeg nie. Dit is kollosale diere wat net van gras leef. Verder sien ons nie veel wild langs die pad nie.

Ons geniet ontbyt by Afsaal en neem die Malelane teerpad tot by die Napi pad H1-1. Ons sien twee klipspringers wat baie mooi stil bo-op 'n groot rots vir ons staan en poseer. Dan regs weg op die Watergatpad (S65) waar osn die 5 leeus gesien het. Die keer sien ons nie leeus nie, maar wel 'n Dwerg Rietreier (Dwarf Bittern) wat vir ons 'n lifer is.

Dan weer na links op die Doispane pad (S1) tot by die afdraai van die Albasinipad (S3). Hier is die dekriet baie hoog en die uitsig maar sleg. Ons draai na links in die rigting van Preoriuskop op die H1-1, en sien onmiddelik en teenaan die pad twee leeus (#21 en #22). Kort voor lank is daar baie voertuie en die leeus staan op en stap die bosse in. Ons was eerste en kon hulle baie mooi bekyk.
In die kamp steek ons die Cobb aan en braai 'n heel hoender in tinfoelie. 


Wolhuter hut (oudste in park)                          Klipspringers                                                                           Padversperring

               Gaap #21                                                                                         Leeu #22                                                                           Grysbok

Dag 94
01/06/2009

Dit is ons laaste dag in Pretoriuskop, en ons ry so 'n paar sirkelroetes sonder veel sukses. Ons draai in by die Napie koppe en sien toe darem 4 baie groot uitgegroeide en vet Wit Renosters. Die res van die dag gaan verby sonder noemenswaardige gebeure. Ons totaal van die groot 5 tot nou is as volg:
    Leeus           22
    Luiperds        2
    Renosters    15
    Olifante      '000
    Buffels       '000

VOLGENDE