prins albert

 

1 April 2014

Ons neem afskeid van die grotte waar ons vir 3 nagte oorgebly het, en ry verder op ons toer. Ons gaan deur die Nuwekloofpas, en stop by die "Baviaans Sleutel". Dit is 'n rots wat van bo na onder gekraak is, en die storie loop dat as hierdie rots eendag sou val, maak dit die pad, wat deur 'n smal kloof loop, toe en kan niemand in of uit die Baviaanskloof kom nie.

Die pad tot by Willowmore is 'n baie lekker grondpad en ons is sommer gou in Willowmore. Henriette in Baviaanskoof het aanbeveel dat ons by Sophies Choice in Willowmore ontbyt eet. Ons vind die plek en eet 'n heerlike ontbyt. Die restaurant is oorkant ABSA Bank, en hordes locals staan tou vir All Pay. (Die maandelikse "betaaldag" vir al die werkloses, oumense en kinder Ma's. Ek wonder hoeveel van my Inkomste Belasting word vandag hier gratis uitgedeel)

Nadat ons weer die bande gepomp het en brandstof aangevul het, is ons weer op pad na Prins Albert waar ons die nag sou oorbly voor ons "Hel toe" gaan

Ons oornagplek is net buite die dorp by Bushmans Valley. Ons het twee baie mooi en netjiese huisies vir die nag. Daar was ook ander kampeerders wat die nag daar oorgebly het. Ek kan die plek regtig aanbeveel.

Nadat ons afgepak het, gaan ons kyk hoe die dorp lyk. Ons stop by die Greys Dary waar hul die lekkerste kaas maak. Ons proe van die kaas en koop 'n paar soorte van die plaaslike kase.

In die dorp is ook 'n wewery waar van die plaaslike vroue pragtige matte weef.

Ons moes nou weer die bande afblaas vir die grondpad en rowwe terrein waaroor ons oor die volgende paar dae sou moes ry.

Turksvybos in Baviaanskloof Meiringspoort Meiringspoort Ons oornag huisies
All Pay Willowmore Willowmore se donkiekar Willowmore Willowmore
Prins Albert Prins Albert Prins Albert Prins Albert
Gay's Dairy Gay's Dairy Gay's Dairy Gay's Dairy
 
Wewery Wewery Wewery  

Verblyf:   Bushmans Valley Vakansie-oord    www.bushmanvalley.com/   Tel 023 541 1366  /  082  452 8134

Tuisblad            Volgende