Tuisblad:  Toer 8  
 

Punda Maria

Agtergrond:

Dit is die noordelikste kamp in die Kruger Wildtuin

Dag 61
29/04/2009

Die pad van Tshipise na die Pafuri hek van die Kruger Wildtuin, is 'n lekker gelyk teerpad en ons lÍ die afstand gou af. Ons is gou deur die hek aangesien ons die enigste toeriste daar was. Langs die pad vanaf die Pafuri hek tot by die Pafuri piekniekplek, sien ons nie juis baie diere nie. Ons eet iets ligs by die piekniekplek en sien 'n lifer, die Orange Winged Pitilia, asook later die Gorgeous Bushshrike en Cori Bustant. Later hoor ons van kampeerdwers wat seker net 15 minute na ons was dat hul twee jagluiperds op dieselfde pad gesien het. Die geheim is skynbaar "timing".

Ons bereik die Punda Maria kamp en boek in. Daar is maar minnerig skaduplekke, en die wat daar is, is reeds opgeneem. daar is net 'n paar kragpunte en jy benodig 'n lang elektriese koord om krag tot by jou staanplek te kry. Ons kry darem een wat skadu het en wat ons met ons 30 meter kragkoord kan bereik,

Ons het die Fordjie die hele pad agter die motorwoonwa gesleep. Die arme Fordjie was redelik vol mis soos die motorwoonwa dit opgeskop het. Ons moes dit behoorlik afspuit en toe was. Die teerpad lŽ vol olifant en buffelmis - mens kan dit byna nie misry nie. Die Fordjie was omtrent bek ak (sorry, bek af) van al die mis in sy gesig.

Ons Timberlake vriende daag ook by ons kampplek op. Hulle Landrover sal een of ander tyd volgende week klaar wees, en hul moet dit in Polokwane gaan optel.


           Ingang by Pafuri                                                                     Punda Maria chalets                                                            Punda Maria Tentkamp

Dag 62
30/04/2009

Teen 06:00 toe die hekke oopmaak, is ons op pad terug na Pafuri en Crooks Corner. By Crooks Corner kom drie lande byeen - Suid Afrika, Zimbabwe en Mosambiek. Die een foto vertel 'n interessante storie van waar die naam vandaan kom


     Limpopo by Crooks Corner       Storie van Crooks Corner         Pafuri Piekniekplek

Ons sien darem 'n aantal diere en voŽls ( die meeste is op die "diere" en "voels" webblaaie.) Die een olifant se slurp is morsaf net waar die dikker en dunner dele bymekaarkom. Hy kom met die stompie heel goed oor die weg. Laat middag kom sit 'n Berghaan (Bateleur) by die dammetjie net anderkant die kamp se draad en kon ons mooi fotos neem.


                                               Kaameelperde                                                                                                       Njala bul en koei

                                                                                    Buffels                                                                                                         Trop buffels oor pad    

   Olifant met slurp wat afgebyt is                     Groot tande                                                 Berghaan                                              Marabou

                                            Mnr & mev Koedoe                                                                                 Mnr & Mev Dubbelbandsandpatrys

Een kampeerder was elke middag sy bakkie van bo tot onder, stofsuig die binnekant en blaas die wiele en more ry hy weer die stofpad en was hy weer sy bakkie! Ons Fordjie kry net so af en toe 'n bietjie skoonmaak.

Die ape was deur die kamp en het een ou se tent beroof van al wat kos is. Ons motorwoonwa was darem toe - ons het die les lankal geleer. Hulle het egter Elsie se nuwe troetel broodboompie wat sy in Tzaneen gekoop het, en wat buite gestaan het, uit die bakkie gehaal en dit met wortel en tak opgevreet.

Dag 63
01/05/2009

Die nagte hier by Punda Maria is doodstil. Mens hoor geen naggeluide nie - nie 'n uil, nightjar , jakkals nie - niks. Selfs deur die dag is hier in die kamp geen voŽls nie. Soos ons ry is daar bitter min diere te sien.

Vanoggend het ons besluit om die dag bietjie kalm te vat. Ons gaan stap die Paradys Vlieevanger staproete rondom die kamp, maar sien wraggies niks voels nie - behalwe 'n paar tortelduiwe. Die ander kampeerders kla oor dieselfde dinge.

Ons gaan soek 'n watergat om bietjie daar te sit, maar die watergate is so toegegroei jy kan niks sien nie. Ons ry toe maar die Mopanie rondrit, en sien darem 'n klompie buffels, koedoes, njalas en impalas.

Dag 64
02/05/2009

Vannag hoor ons die eerste keer in Punda Maria naggeluide - 'n hiena, 'n nagapie en 'n Skopsuil.

Teen 06:00 is ons weer op pad, en ons gaan die keer suidwaarts. Ons wil ry tot by die Babalala piekniekplek, wat so halfpad tussen Punda Maria en Shingwedzi is. As ons oor twee dae met die motorwoonwa daardie pad ry, sal ons nie kan stilhou en terugdraai om wild te sien nie, so dit is beter per motor. Die onderste gedeelte sal ons besoek as ons in Shingwedzi is.

Ons sien 'n groot trop buffels en as lifer sien ons die GeelbekrenostervoŽl (yellowbilled oxpecker) wat saam met die buffels is. Ons hou stil by 'n groot trop rooibokke en zebras. Skielik spook iets hulle en hulle hardloop dat die grasse so spat. Ons het lank staan en kyk, maar kon nie sien of dit 'n leeu is wat daar was nie. Iets ernstig moes hul so skrik op die lyf gejaag het. Ons sien ook twee Bastergemsbokke (Roan Antelope) en kon 'n mooi foto neem.

Hier is maar minnerig wild en net so minnerig voŽls. Dit is almal met wie ons praat se kommentaar. Ons kry langs die pad 'n baie vriendelik swart gesin in 'n deftige groot motor. Hy stop ons en sÍ: "good morning sir, can you please tell us were we can go to see any animals?" Nouja ons sou graag dieselfde vir hom wou vra!

By Babalala kry ons weer een van die Maxi MAN motorwoonwaens. Die toeriste is van Switzerland. Terug by Punda Maria sien ons hul by die kamp inkom en hul stop ver van enige bome in die hittige son. Dit het ons laat terugdink aan die Switsers wat ons by Witsand in die Noord-Kaap ontmoet en het wat ook so in die son gekamp het.

 
              Bastergemsbok                                              Zebra                                                    Waterbok                                      Nuuskierige Olifant          

                 Vlei Loerie                                        Babalala piekniekplek                             Ons eerste leeu                              Sonsoekers uit Switserland   
                                                                                                               

Dag 65
03/05/2009
 

Ons bure het gistermiddag op die paadjie om die berg by Punda Maria twee groepe leeus gesien. Ons het ook al 'n paar keer daar langs gery, maar kon nie die leeus sien nie. Elke dag teken die besoekers op 'n kaart in die kantoor aan waar hul diere sien, en elke dag sien ons die leeu merkers op die kaart, maar ons sien hul nie.  Vanaggend om 06:00 ry ons by die kamp uit, en volg ons bure aangesien hul weet waar om die leeus te kry. Ons kry toe wel drie leeu wyfies in die pad. Toe ons stilhou stap hulle in die gras in en stap al langs die pad. Dit het die hele nag so liggies gereen, en dit was nog erg bewolk, reenerig en donker toe ons hul kry. Ons kon darem een redelike foto inkry as bewys.

Ons nuwe bure is Frikkie en Susan Uys van Upington. Hulle was ook saam met ons in Tsipise, en kla net so oor die baie duwweltjies en doe algehele toestand van die kamp. Hy het snaakse sÍgoed, soos bv vir 'n verkyker noem hy 'n "doerloer". Verder praat hy van "hy wil nou nie die waarheid snaaks praat nie" wanneer hy bedoel "hy wil nou nie lieg nie". Sy vrou is sy "kamermaat".

Aan die ander kant kamp Bertus van der Merwe van Waenhuiskrans.

VOLGENDE