graaff reinet

22 Maart 2014

Vandag se roete neem ons via Burgersdorp, Steynsburg, Middelburg na Graaff Reinet. Ons moes vir lang tye wag by 'n aantal Stop/Ry padwerke. By party was ons gelukkig en hoef ons nie te stop nie. Oral langs die pad is die damme, poeletjies, holtes en wat nog, vol water. Dit moes baie lekker in hierdie geweste gereen het. Selfs Graaff Reinet se dam het sommer lekker baie water.

Burgersdorp

Dis 'n ou, maar baie netjiese dorp, en die geboue waar ons gery het, is mooi gerestoureer

     

 

Steynsburg

Dit is 'n "ouer" dorp as Burgersdorp en die huise wat ons gesien het soos ons deur die dorp gery het, is nie so netjies gerestoureer nie. Daar is twee groot kerke. Die een oom se die een is die Dopper en die ander die NG Kerk

   

Middelburg

Dis al lekker warm toe ons in Middelburg aankom. Ons vul ons brandstof aan en parkeer onder 'n lekker groot koelteboom vir 'n lekker koppie warm tee. Ons ry nie verder deur die dorp as net die hoofstraat nie

Koppie tee onder koelteboom

Graaff Reinet

Ons bereik Graaff Reinet in bloedige hitte - die temperatuurmeter van die motor wys 38. (Ons hoor die volgende dag dit was so hoog as 40).

Ons vind die Profcon Country Cottages en kry 'n lekker gerieflike tuin woonstel met twee slaapkamers en slaapplek vir 5. Dit in die agter tuin met lekker groen grasperke, en heerlik stil. Die oord is vol geboek met bruilofsgate, maar ons weet van niks. Dis doodstil.

Later die middag toe dit koeler word, ry ons deur die dorp om te sien wat is waar, sodat ons ons kan orienteer vir die rondkyk later die week.

Dis regtig 'n mooi dorp en die ou boustyl huise is baie mooi reggemaak. Die dorp is baie skoon en versorg.

Groot Kerk Groot Kerk Groot Kerk Groot Kerk
Groot Kerk Groot Kerk Groot Kerk Hoofstraat
Reinet Huis Old Residency De Kothuize Karoo Restaurant
     
Nuwe huis in ou boustyl      

 

23 Maart 2014

Ons woon eers die oggenddiens in die "Groot Kerk" by. Die kerk het sitplek vir 1500 mense, maar daar is as gevolg van die langnaweek, nie veel kerkgangers nie. Toe ons instap groet 'n vriendelike man ons en heet ons welkom. Ons stel onsself voor en hy se sy naam is ook Johann. Ons neem fotos van die kerk se pragtige binnekant, gaan sit later en wag vir die diens om te begin. Dis toe die einste Johann (Esterhuisen) wat die dominee is. Hy heet ons twee by name welkom en vertel vir die gemeente dat Johannesburg na my vernoem is ! (Ha Ha). Later lees hy uit die Bybel uit Johannes en weereens verwys hy na my en se hy ek is na die Boek Johannes vernoem. Ons was altwee baie be-indruk met sy boodskap.

Nieu Bethesda

Nieu Bethesda is sowat 50 kilometer van Graaff Reinet, en dis 'n baie goeie teerpad tot naby die dorpie.

Ons besoek eerste die "Uil Huis" en betaal toegangsgeld van R50 per persoon. Die hele agterplaas is vol sement beelde. Daar is baie Midde Oosterse temas, met kameelperde ens. Daar is ook 'n uitbeelding van Jesus in die krip by Josef en Maria en van die Wyse Manne. Eenkant staan Eva ook met die slang om haar drapeer. Die slang het 'n appel in sy bek wat hy vir Eva aangee om te eet. Ons indruk, en ook ander besoekers stem saam in die besoekersboek, is dat die groot versameling beelde "weird" is.

Elsie koop 'n sement uil by die smouse wat buitekant die huis hul ware uitstal. Dit moet by ons huis langs die visdam en sement padda 'n staanplek kry.

Ons ontmoet buite in die straat die plaaslike dominee, Charl du Toit. Hy vertel ons dat hy ook onder ander die meulenaar is, en hy bied aan om die water meule aan ons te gaan wys. Ons kry hom by die meule en hy wys vir ons hoe hy die meule gerestoureer het en hoe dit werk. Hy maal nog gereeld meel as hy koring in die hande kan kry. Hy het tans 'n hele aantal sakke koring uit Ashton se wereld.  'n Baie veelsydige man!. Ons koop by hom 2 kilogram growwe meel, en Elsie sal dit in Port Elizabeth gebruik om 'n brood te bak

Nie ver van die meule nie, is Andre Cilliers se The Brewery and Two Goats Deli waar ons stop vir middagete. Hy maak drie soorte bier, en ons bestel 'n Karroo Ale en 'n Heuning Ale. Hy bedien 'n Kaas en Koedoe Salami bord en daar is vars gebakte brood, drie soorte smeerkaas en drie soorte cheddar kaas op die bord. Ons kry ook 'n potjie vol Beet-konfyt en Kerrie-uie-konfyt. Sy kase is van 'n mengsel van Bok en Beesmelk gemaak.

De Torin Vallei by Nieu Bethesda Uil Huis Beelde by Uil Huis
Beelde by Uil Huis Beelde by Uil Huis Beelde by Uil Huis Beelde by Uil Huis
Uilhuis se kombuis Uilhuis se badkamer Beelde by Uil Huis Beelde by Uil Huis
Ds Charl du Toit Watermeul Watermeul Watermeul
Bierbrouery Tom Knoks se bier dieet Kaas bord N G Kerk Nieu Bethesda
Restaurant Restaurant Smouse se uile Uil huis
Eva en die slang

24 Maart 2014

Dit gaan vandag weer vir oulaas bloedig warm wees. Ons vertrek vroeg na die Camdebo Natuurreservaat om die hitte te vermei. Ons sien 'n aantal nuwe voels vir ons triplys, onder ander vyf Denham Bustards. Volgens sommige van die boeke kom hul nie juis hier voor nie. Ons eet ontbyt by die lekker koelte piekniekplek halfpad deur die park

Nadat ons deur die park gery het, gaan ons 'n ent terug dorp se kant toe, en draai weg op die pad na die Vallei van Verlatenheid. Die steil pad neem jou tot bo op die berg. Die uitsig oor die dorp van bo af is baie mooi. Aan die weste kant is daar hoe kranse en in die vertes die vlakte van verlatenheid. Dis maar lekker warm om daar bo tot bo by die uitkykpunte te klim

Fotos: Vallei van Verlatenheid    

Verblyf:    Profcon Country Cottages    Tel 049-892 2887   www.profconresort.co.za

  Tuisblad    Volgende