rhodes

10 Februarie 2015

As deel van ons tarief kry ons by Intaka Lodge 'n baie lekker ontbyt van spek, worsies en eiers. Ons pak die motor en vertrek op die kort roete vir die dag van so ongeveer 120 km tot by Rhodes.

By die afdraai na die Lodge, begin die Barkly Pas. Dis 'n lekker steil, maar baie mooi pas. Oral is die mooiste sandsteen formasies en dit laat mens dink aan Golden Gate met sy bekende rotsformasies.Die berge en heuwels is grasgroen en maak 'n pragtige prentjie

Ons doen eers aan by Barkly Oos waar ons diesel moet ingooi aangesien daar in Rhodes geen brandstof te koop is nie. Inteendeel daar is slegs 'n piepklein winkeltjie in die dorp. Ons vul ook ons kosvoorrade aan en 'n vriendelike jong boer ry vooruit om vir ons die winkel te wys. Daar is geen naam of tekens op die vensters nie, behalwe 'n kleinerige SENTRA teken. Ons sou dit nie gekry het nie.

Van Barkly Oos is dit so ongeveer 60 km na Rhodes. Die R396 is 'n grondpad, maar in redelike rybare en goeie toestand. Die hele pad is amper een lang aanmekaar gehegde pas met steiltes en skerp draaie - die lot. Van vinnig ry is hier nie sprake nie. Die roete is egter baie mooi en hieronder is 'n aantal vn die prentjie mooi dele.

Lower groen landskap Lower groen landskap Rhodes in verte Ash Cottage - Ons huisie
"Dorp se strate"" "Township se strate" Huis in ons straat - Kan gerus gesloop word  
The Little Grocery Store Elizma in "The Little Grocery Store" Moeilik om CARLISLESHOEK te spel Moeilik om CARLISLESHOEK te spel
Barkly Oos kerk

Daar is nog 'n skooltjie met sowat 20+ kinders in. Die klasse begin eers by Graad 3. Ses van hulle bly in die ou woonhuis wat dien as skoolkoshuis. Een van die skool se vakke is Ski, en van die kinders het al oorsee gaan deelneem aan ski-kompetisies en met goeie plekke daar weggegaan. Van die kinders wat op plase naby die dorp woon, het, of kom sommer te perd of met 'n Quad skool toe. Die kinders gaan net skool van Maandag tot Donderdag. Hulle haal die ure gedurende die ander vier dae in. Lekker lang naweke elke naweek.

.
Christelike Skooltjie Skoolkoshuis Kerkgebou Poskantoor-gebou

Ons meld aan by die Walkerbout Inn en kry die sleutel van ons huisie vir die volgende drie aande. Die huisie is van sinkplaat met hout binne-panele. Dis 'n baie oulike plekkie en baie mooi en gerieflik ingerig. Ons huisie se naam is die ASH COTTAGE. Ons besoek aan Rhodes val saam met die STOEPSIT FEES wat jaarliks hier gehou word, en ons wil dit graag beleef en sien wat hul doen. . Vandag is dit baie warm, maar koeler weer is skynbaar op pad.

Die middag ry ons deur die dorpie en merk met verbasing op dat al die strate in die "township" is netjies met plavei steentjies uitgele. Selfs die stormwater slote is netjies met konkreet bedek. In die "dorp" is al die strate grondpaaie en die stormwater slote is toegegroei met gras. Wat 'n kontras! Hier in die Township is daar drie winkels , maar in die dorp net 'n piepklein winkeltjie.

Bergpasse

In die omgewing van Rhodes is daar 8 bergpasse: (Passe Reeds gery)
   
* Naudes Nek Pas Tussen Rhodes en Maclear
* Carlisleshoek Pas Tussen Rhodes en Tiffendell Ski oord
* Volunteershoek Pas Tussen Tiffendell Ski Oord en Wartrail op pad na Rhodes
* Lundean's Nek Tussen Wartrail en Lesotho grenspos by Telebridge
* Joubert's Pas Tussen Lady Grey en Barkly oos
* Otto du Plessis Pas Tussen Clifford en Ida
* Barkly Pas Tussen Elliot en Barkly Oos - Geteer
* Bastervoetpad pad Tudden Barkly Oos / Elliot en Ugy
(Vir meer besonderhede kyk by http://www.wildmountainadventures.co.za/8-Passes-Challenge(1073597).htm)

11 Februarie 2015

Carlisleshoek Pas na Tiffendell Ski Oord

Rhodes has a colourful history dating back to the 1880s and features many Victorian buildings. In 1997 the entire village was proclaimed as a Conservation Area in the Government Gazette which gives it official protection in order to preserve its unique character - it is the only complete village in the country that is a National Monument from one end to the other. The town benefits from its proximity to Tiffindell Ski Resort in the winter and during summer months has become renowned for fly-fishing. The road from Rhodes to Tiffindell is scenic and steep. You don't need 4x4, but you do need controlled power, particularly where the cement strips zigzag their way up the most extreme section. Approaching Tiffindell Ski Resort you will pass under the highest point in the Cape (3.001m above sea level). Known by local tribes as 'Makhollo' (Great Mother), the Europeans named this peak Ben McDhui after the mountain in Scotland and it is affectionately referred to as BenMac by local residents.

Vroegoggend pak ons die pas aan wat ons sou neem tot bo by die Tiffendell Ski Oord. Die pad is aanvanklik 'n grondpad, maar later, waar dit die ergste steil gedeeltes bereik, is die pad eers 'n konkreet pad, en later 'n tweespoor paadjie berg-op. Dis steil en die draaie skerp, maar ons kom sonder enige probleme met die Fortuner die berg uit. Die pas van Rhodes tot bo by Tiffendell is sowat 25 km. Ons stop kort-kort om na die voels op die roete te kyk, en na 2 ure is ons bo. Van die personeel se hul het dit al in 30 minute gedoen!

Ons word vriendelik ontvang deur die oord se bestuurder Maarten de Heyer en sy personeel. Hulle wys ons rond en bied selfs vir ons tee aan in die kroegie. Hulle raai ons aan om met die terugtog die Volunteers Hoek pas te neem.

Op pad na die Ski Oord Halfpad teen die berg op Konkreet gedeelte Twee-spoor gedeelte
Tiffendell Tiffendell Tiffendell -uitsig van bo Tiffendell - Ski Baan
Maarten en Elsie voor chalet Tiffendell - chalet Tiffendell - chalet Tiffendell - plankpaadjie
 
Tiffendell - chalet Leeu spoor    

Volunteershoek Pas via Wartrail na Rhodes

Tiffindell Resort was established in 1993 to give South Africans an opportunity to ski near their homes and others to ski in Africa. The carefully selected position of the resort, on the south facing slope, ensures that the snow lasts, extending the time available for snow skiing. Slopes cleared and groomed during summer quickly transform to ski runs after even the lightest of snowfalls. After traversing the high plateau, the Carlisleshoek Pass winds its way down to the farming community of Wartrail. The road is narrow with some precipitous drop-offs, so do pause to check for oncoming vehicles coming up the pass as they have right of way. After the steepest section, the road gives wonderful views of Halstone Krans and the valley farmlands beyond. There are some interesting rock formations along this section, the most notable of which is 'Funnystone' which lends its name to the farm opposite

Bo van Tiffendell kan jy met die Volunteershoek Pas terug ry na Rhodes. Dis sowat 78 km lank teenoor die 25 van die Carlisleshoek pas. Aanvanklik rymens op die plato bo-op die berg, maar dan daal jy skerp en skielik na benede. Die pad is smal en net 'n tweespoor paadjie. Dit is vol klippe en rotse en jy moet hom stadig vat. Ons het maar meestl in lae bestek gery om die remme te spaar. Ons sal enigeen wat die pad wil ry, aanraai om die pas af re ry en op nie. Die los klippe gaan jou bande verniel.

 
Rowwe pad oppervlakte Rowwe pad oppervlakte Rowwe pad oppervlakte Rowwe pad oppervlakte  
 
Eensame karavaan teen pas Teen Volunteershoek pas af Teen Volunteershoek pas af Helling teen pas af  
f    
Pad in verte Bietjie aanmoediging om aan te hou      

Stoepsit Fees

Die idee van die STOEPSIT FEES is dat jy op deelnemende inwoners se stoepe sit. Daar word dan oor alles en nog wat gesels, en by sommiges word selfs tee en pannekoek bedien. Die dames (en soms die mans) kry elkeen 'n bol wol en twee breipenne, en jy moet 'n blokkie van 20cm x 20cm brei voor jy kan loop!. Die kleurvolle blokkies word dan later aanmekaar gewerk om 'n kombers te vorm. Die kombers word f verkoop, en die fondse vir een van die liefdadigheidsorgnisasies geskenk, of die komberse word aan behoeftiges in die gemeenskap geskenk. Die koste is R60 per persoon per dag, en jy kry 'n "paspoort". By elke deelnemende stoep kry jy dan 'n "visum" stempel. Die deelnemers se huise is gemerk met 'n grasbesem sodat besoekers weet waar om te kom kuier.

Die Stoepsit Fees is nog nie lekker aan die gang nie, maar ons word hartlik ontvang by Die Dansende Ketel waar Theo en Alta Welter vir ons pannekoek en tee gratis voorsit. Ons gesels, en Elsie en Alta brei dat dit klap. Later sluit nog n Duitse egpaar by ons aan.

Dan gaan ons na Earlstown, n plaas net buite Rhodes, waar ons ontmoet word deur Bernard en Bernadette Reyneke en ons trakteer word op tuisgebroude bier en tuisgemaakte kaas. Ons bestel 'n kaasbord vir middagete en geniet van hul tuisgemaakte lekkernye. Ons koop ook van hul produkte uit hul snoepwinkeltjie.

Gratis pannekoek op die stoep Gesels en brei 'n blokkie Onweerswolke steek op Onweerswolke steek op
Bernard en Johann klink op n bier Bernard met sy "Bernies" bier Kontrei kos word hier gemaak Die besem dui aan dis 'n stoepsit huis

Omdat die weervoorspellings wys dat ons reen gaan kry as ons oor die Naude'snek Pas, Elandhoogte Pas en Pitseng Pas gaan ry, moet ons ons toerplanne aanpas en 'n dag langer in Rhodes aanbly. Ons ry nou eers Saterdag verder en ook net halfpad oor die drie passe, en slaap dan oor op 'n gasteplaas erens op die roete. Ons moet mik om Dinsdag aand in Underberg te wees om Woensdag die SANI Pas te ry.

 

 

Verblyf:    Ash Cottage. Bespreek deur Walkerbouts    Tel 045 974 9290    http://www.walkerbouts.co.za/

 

Tuisblad        Weskaap toerplan    Volgende