Tuisblad:  Toer 8  
 

 Ritchie, Kimberley

 

LUCKHOFF

Agtergrond: Die dorp is in 1892 op die plaas Koffiefontein gestig, en vernoem na ds H J Luckhoff predikant van die gemeente op Fauresmith.  

Toer Dagboek:

Dag 496
08/07
/2010

Hier was niks te sien nie, en ons hou maar verby

KOFFIEFONTEIN

Agtergrond: 'n Fontein in die area was 'n gewilde uitspanplek vir togryers. Hulle was baie lief om koffie te maak, en dit is waar die naam vandaan kom. In 1870 is diamante in die omgewing gevind, en dit het tot 'n diamantstormloop gelei. Teen 1882 was dit 'n florerende dorp met vie rmynmaatskappye.  In 1892 is die mynkamp tot 'n dorp verklaar.    

Toer Dagboek:

Dit was reeds laat, en ons hou maar verby

JACOBSDAL

Agtergrond:
Die dorp is vernoem na Christoffel Jacobs die eienaar van die plaas waarop die dorp aangele is.   

Toer Dagboek:

Hier was niks te sien nie, en ons hou maar verby

RITCHIE

Agtergrond:  Die dorpie is naby Modderrivier. Ritchie was die eerste dorp wat na die Slag van Modderrivier deur die Britte verower is. Die dorpies Modderrivier en Ritchie is middelpunt van 'n uitgebreide besproeiingsskema wat deur kanale van die Rietrivier gevoed word. 

Toer Dagboek

Ons bereik die Riverside karavaanpark (S29 02.468 E24 36.340) en boek in vir twee aande. Ons was die enigste kampeerders vir die tydperk. Die kamap is op twee vlakke en is aangrensend aan die Rietrivier

Dag 497
09/07
/2010

Aan die Johannesburg kant van Kimberley, net anderkant die Flamingo Casino, is die pan waar daar der duidende flaminke broei. Ons doen eers navrag by die hotel by die casino, en hulle beduie aan ons hoe om by die pan te kom. Die afdraaipaadjie is 'n paar honderd meter verder in die rigting van Johannesburg. Ons draai daar af, maar die pad onderdeur die treinspoor is onder water en ons kan glad nie daar deurkom nie. Die tonnel is seker so 50% onder water. Ons draai toe maar terug, en van die hoofpad kan ons die duidende pink lywe van die flaminke sien. Hulle is egter te ver van die pad af om fotos te neem, maar daar is groot pink kolle soos hulle daar in die water vroetel.

Ons ry maar na die Diamant Pavilion Winkelkompleks en vul voorrade aan vir die pad vorentoe. Johann koop ook 'n nuwe weergawe van Kaspersky antivirus. Dit was net mooi 12 maande gelede toe virusse ons ou laptop buite aksie gestel het. Kaspersky het oor die afgelope 12 maande ons gevrywaar van virusse, maar nie van Phishing nie!

Naby die karavaanpark is die gehuggie Ritchie. Ons ry tot daar om te kyk wat daar aangaan, maar dit lyk meer na plotte as 'n "dorp".

VOLGENDE