Riversdal

 

25/01/2016

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand:   90 kilometers

Ons gaan vir 'n dag-uitstappie na Riversdal om ou fotos van Stilbaai te gaan kry by Tobie de Villiers.

Ons ry met die R308 tot waar dit aansluit by die N2 en dan vort na Riversdal. Terwyl ons by Tobie die fotos aflaai, gaan die dames winkels toe om materiaal te koop.

Dan besoek ons die ou Tronk wat deesdae 'n koffiewinkel is, vir middagete. Binne die ou Tronk is baie van die selle omskep in klein "winkeltjies " waar allerhande goed te koop aangebied word. Jy help jouself, en gaan betaal by die uitgang. Dit is 'n renerige grou en nat dag. Dit maak die hoŽ, dik, wit mure nog meer somber en spookagtig.

Interessant is die galg wat in die galgkamer te sien is. Ons wonder wie, en hoeveel mense hier aan hul einde gekom het. As jy eers in daardie binnehof beland, was daar geen uitkom kans nie.

Ongelukkig was die Museum reeds toe, (Net oop tot 13:00) en kon ons dit nie besigtig nie.

Die Ou Tronk koffiewinkel Binnehof Ingang na Galgkamer
Binnehof Galg Valdeurtjie
Prysig die Jirre my siel hie binne my Dan sal ek nog altyd innie Jirre sit jibel en jyg Die Jirre is my skawagter

Met die terug ry na Stilbaai draai ons op DroŽvlakte af op die Wild Olive Gastehuis pad en kruis die Goukou Rivier oor die laagwaterbruggie. Dan ry ons met die kronkelpaadjie opdie oewer van die rivier terug tot by Stilbaai. Hierdie pad langs die rivier is baie mooi en volg die vloei van die rivier deur die klowe terug na Stilbaai. (Goukou was 'n voorman van die Hessekwa Khoikhoi. Sy domein het gestrek vanaf die Botrivier tot die Gouritzrivier.

Stilbaai Rivier roete Laagwater bruggie oor Goukou Rivier Laagwater bruggie oor Goukou Rivier

 

 

Tuisblad             Tankwa Toerskedule        Volgende