Roy's rest Camp

10/09/2015

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand:   203 kilometers

Van Rundu draai ons weg van die Okavango Rivier en ry in 'n Suid-Westelike rigting op die pylreguit pad in Grootfontein se rigting. (Sien kaart hierbo)  Wat ons opgeval het in Rundu is die groot aantal shebeens, drinkplekke, motor scrapyards, motorwasplekke, en taxis wat in 'n 60kmu zone net 40 kmu ry. Dit teenoor RSA se taxis wat in 60 kmu zone 100 kmu ry!.

Langs die pad is daar oral bokke, beeste, hoenders en honde wat die pad wil kruis net soos ons aankom. Kort-kort moet jy byna stop sodat die vee-verkeer eers kan verby kom.

Ons bereik die Vee-artsenykundige Rooilyn grenspos, en moet met die motor se wiele oor groot matte ry, self uitklim en op die gif tapyt gaan staan. Intussen spuit hulle jou motor en boswa se wiele spierwit met gif wat moet keer dat bek-en-klou-seer oor die Rooilyn kom. Gelukkig het hulle ons geglo dat ons nie vars vleis by ons het nie, en kon ons sommer gou weer aanry.

So 60 km voor Grootfontein bereik ons Roy's Rest Camp. Ons het gehoor en gelees van hierdie unieke kampplek, en draai daar in. Die plek het elke woord wat oor dit geskryf is, bewaarheid. Sowat van kunssinnigheid en oorspronklikheid sal jy ver moet soek om te kry. Ons kyk rond en besluit om sommer die aand in een van die hartbeeshuisies (chaletjie) te oornag. Dis pragtig en baie gerieflik ingerig. Tot lugversorging wat werk !

Vir meer fotos kyk by www.kritztoere.co.za/roys.htm

Ingang na Roy's Camp  Chinese chime alla Namibia  Ontbvangs 
Swembad se muur  Swembad  Die bad loop oor 
Die restaurant is TOE  Selfdiens koffie kroeg / stoof  Wi Fi beskikbaar! 
Ons chalet  Lekker dubbelbed met muskiet-net  Buite versierings 

Die kampplek by Roy's
Kamp staanplek  Kamp staanplek  Kamp Kombuis 
Ablusieblok  e-toti  e-titi 

Die plaaslike Internet Kafee is onder die bome by die kampplek. Lekker ongerieflik om daar te werk !

 
Hard besig om Facebook op te dateer  

 

 

Tuisblad              Botswana toerskedule      Volgende

 

Wi Fi :       Wi-fi by Roy's Rest Camp teen baie vinnige spoed.
Kaarte :     Aanvaar kredietkaarte by die Lodge.  
Brandstof Prys :  geen
Verblyf :     Roy's Rest Camp     Tel: (+ 264 67) 240 302        http://www.roysrestcamp.com