rundu

 

08/09/2015

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand: 126 kilometers

Vandag is ons 'n maand op toer, en op pad na Rundu. Ons het reeds 3600 van die beplande ongeveer 9000 km van die toer afgelê.

Ons boek in vir drie nagte by die Kaisosi lodge so sewe kilometer buite Rundu en langs die Okavango Rivier. Elke staanplek het sy eie ablusiegeriewe. Die kampplek is baie netjies

Hier by Rundu is dit die laaste wat ons die Okavango Rivier sal sien. Ons volg dit nou al van Maun, en later weer van Shakawe en Nunda Lodge. Dis ongelooflik hoeveel water hier in die droe tyd daagliks in die rivier af vloei. Al die water kom uit Angola se hooglande wat skynbaar soos 'n spons is en die water gelydelik vrylaat om so standhoudend te vloei. Die water vloei later in die Okavango Delta.

Opvang gebied van die Okavango Rivier

09/09/2015

Ons besoek die rioolplaas om te kyk watter voels ons daar kan sien. Ons was skaars daar of 'n local daag daar op met sy 4 honde, en hy se hy jag van die watervoels. Daardie pan was toe vir ons verlore. Ons beweeg aan na 'n ander pan, en daar daag weer drie makkers op, trek hul klere uit en swem so waar as vet in die rioolplaas se dam. Daardie pan was ook verlore.

Ons ry na 'n ander pan, en daar daag weer beeswagters met hulle beeste op. Toe gee ons maar moed op.

Om bietjie voorraad aan te vul en lugtyd te koop, besoek ons die nuwe Shoprite wwinkelsentrum in Rundu. Dis baie modern en die winkel is groot en het baie voorraad. Om ons wisky aan te vul, moes ons weer ry na die ou Shoprite winkelsentrum bietjie laer af in die hoofstraat. Dis net so groot en netjies as die nuwe een. Twee Shoprite sentrums 'n 100 meter of wat uitmekaar?

Die middag spandeer ons maar in die Lodge waar dit koel is en goeie WiFi ontvangs is

More weer verder op ons roete

Ingang na Kaisosi ontvangs Oorkant die Okavango Rivier is Angola Rivierboot op Okavango
Ons kamp staanplek Een van die chalets Kleurvolle waterwiel
   
Namibia se eie bier - Tafel    

 

 

 

Wi Fi :       Wi-fi by Kaisosi Lodge teen baie vinnige spoed.
Kaarte :     Aanvaar kredietkaarte by die Lodge.   Aanvaar kredietkaarte by Engen Rundu
Brandstof Prys : N$10.92
Verblyf :     Kaisosi Lodge.     Tel: (+ 264 66) 267 125         http://www.kaisosiriverlodge.com/      

Tuisblad              Botswana toerskedule         Volgende