Tuisblad:  Toer 8  
 

 Fochville, Carltonville, Magaliesburg, Rustenburg, ATKV Buffelspoort, Mooinooi

FOCHVILLE

Agtergrond: Die dorp is gedurende die Eerste Wereldoorlogdeur die broers Wulfsohn op die plase Kraalkop en Leeuspruit gestig en vernoem na maarskalk Ferdinand Foch, opperbevelvoerder van die Gealieerde Magte in Frankryk. Die dorp is op 15 November 1920 geproklameer.

Toer Dagboek:

Dag 503
15/07
/2010

Gedurende die nag hoor ons 'n ontploffing en nog 'n battery is aan skerwe. Hierdie keer is dit die een wat die binneligte van krag voorsien. Dis nou die sesde battery op ons toer wat kalf. Of die goed stamp stukkend op die slegte paaie sodat die plaatjies binne-in teen mekaar raak en die ontploffing veroorsaak, of die "regulator" veroorsaak dat die battery oorlaai. Die regulator op die 24 volt stelsel is al in Richardsbaai reggemaak en werk nou behoorlik, so nou is dit die beurt van die 12 volt battery-stelsel. Ons kry die raad om die battery net so 'n uur of twee per dag te laai tot ons tuis is en die regulator nagegaan kan word.

Ons stop op Fochville vir diesel, en dit is ysig koud met 'n helse kopwind. Dan verder vort via Carltonville en Magaliesburg tot by Rustenburg.

CARLTONVILLE

Agtergrond: Van die land se rykste goudmyne is in die area, nl.Wes Driefontein, Oos Driefontein, Western Deep levels en Blyvooruitzicht. Die dorp is vernoem na Guy Carlton Jones, wat direkteur was van Consolidated Gold Fields. Die dorp het in 1959 munisipale status gekry. Reuse sinkgate het sedert 1960 in die gebied voorgekom

MAGALIESBURG

Agtergrond: Die dorp is vermoedelik vernoem na Hoofman Mogale van die Po-stam  wat in hierdie omgewing gewoon het toe die Voortrekkers die gebied bereik het. Die dorpie is aan die eindpunt van 'n spoorlyn wat steeds vandag vir plesier ekskursies gebruik word.

ATKV BUFFELSPOORT

Toer Dagboek:

Ons bereik die oord net na die middag, en boek in vir 13 dae totdat ons kan huistoe gaan. Dit is nog lekker warm, maar ons verneem dat die koue weer op pad is. Hier is reeds so 'n paar kampeerders, maar oor naweke is dit meer bedrywig.

MOOINOOI

Agtergrond:  Die dorpie is 'n Platinum en Palladium myndorp halfpad tussen Rustenburg en Brits. As gevolg van die resessie en daling in kommoditeitspryse het die mynbedrywighede drasties afgeneem en het die dorpie 'n finansiele knou gekry..

Dag 504
16/07
/2010

Dit raak gedurende die nag ysig koud en die wind waai sterk - Dis maar effens onplesierig. Gedurende die dag kom hier 'n groot aantal karavane van 'n karavaanklub aan. Hulle het 'n effe koue naweek vir hul uitstappie gekies. Elsie raak siek van al die koue weer van die afgelope tyd en ons ry na Mooinooi, sowat 8 kilometers van Buffelspoort,  om medikasie te gaan koop.

Dag 505
17/07
/2010 

Vandag is dit 'n lekker warm, windstil dag. Ons kyk gedurende die oggend hoe die Boerbokke weereens nie die mas kan opkom teen die All Blacks nie. Twee weke agtermekaar se getjommel raak nou net te veel om te verteer. Na ete stap ons deur die kamp en soek voels, maar kry hul eers toe ons weer by die motorwoonwa kom.

Dag 506
18/07
/2010

Nog 'n heerlike Hoveldse dag. Kobus en Vasti kom kuier vir die dag by ons in die karavaanpark. Ons het hulle Desember laas gesien, en intussen is daar 'n kleinding op pad wat haar opwagting in September moet maak

Die naweek kampeerders vertrek op 'n streep, en ons is later net 'n paar kampeerders wat oorbly.

Dag 507
19/07
/2010

Gedurende die dag kom hier heelwat nuwe kampeerders aan. Die tariewe gedurende die week is baie laer as naweke, en die mense kom dus maar mid-week kamp. Daar is "honderde' staanplekke oop, en iemand kom stop REG LANGS ons!

Elsie gaan swem in die warm swembad en Johann gaan speel put-put teen homself, en wen!


       Binnenshuise warm swembad                Buite swembad : warm water ........................koue water                                               Boomryke  Chalets

Dag 508
20/07
/2010

Nog een van die wonderlike lekker warm windstil dae. Ons is maar rustig hier in die Oord. Elsie boer weereens in die water

Dag 509
21/07
/2010

RUSTENBURG

Agtergrond: Casper Kruger, vader van Paul Kruger, het hom in 1842 op die plaas Buffelsfontein kom vestig. Die tweede N G Gemeente noord van die Vaalrivier is hier gestig.Daar is onsekerheid oor die oorsprong van die dorp se naam.
Besienswaardighede is oa: Boekenhoutsfontein (Paul Kruger se plaas), Die bronsbeeld van Paul Kruger, Die N G Kerk wat dateer uit 1851, Die Anglikaanse kerk dateer uit die 1870's, Die Sendingstasie Saulspoort, Die Russtenburg Natuurreservaat. 

Toer dagboek:

Ons ry na Rustenburg om te gaan kyk wat daar te siene is. Rustenburg is 'n redelike groot dorp. Ons gaan eers na die Kloof Vakansie-oord buite die dorp. Dit is 'n groot oord met baie karavaan staanplekke en 'n hele aantal chalets. Ons was nogal be-indruk met die toestand van die oord.

Daarna soek ons die "i". Die eerste "i" wat aangedui word, is toe nie meer 'n "i" nie, en hulle beduie ons na waar die "i" nou is. Ons vind die nuwe "i" in 'n indrukwekkende gebouekompleks omhein met houtsparretjies, maar die personeel daar deel ons mee dat daar nie juis iets te siene is in Rustenburg nie- net wildsplase en "Adventure" plekke. Toe ons vra na Paul Kruger se plaas Boekenhoutsfontein, beduie hul die pad daarheen, maar dit is sowat 35 kilometer uit die dorp, en ons besluit dit is darem te ver om net daarvoor daarheen te ry. Ons draai toe maar terug Buffelspoort toe sonder om iets te sien waaroor ons verslag kan doen. Ai die "i".

Dag 510
22/07
/2010

Nog 'n lekker dag - die 7de in 'n ry van heerlike warm, windstil dae. Ons ry na Mooinooi om voorrade aan te vul vir die paar dae wat ons nog op toer is

Dan gaan ons via Marikana terug na Buffelspoort. Marikane

Dag 511
23/07
/2010

Ons ry na Atlanta om by vriende, Hennie en Jeanine Smit, te gaan kuier. Die pad tussen Brits en Atlanta is glo onlangs deur die boere en ander inwoners uit hul eie sak herstel. Nogtans is die pad steeds baie sleg. Die rant van die pad is centimeters laer as die teer en flymskerp en getand. As jy hier die pad misry, is jou bande verseker flenters. Ons ry maar stadig aangesien hul jou waarsku om net 60km/h te ry as gevolg van die slaggate. Ons verneem dat die pad, voordat dit herstel is, so sleg was, dat dit meer as 90 minute geneem het om die 55 km van Brits tot Atlanta af te l.

Dag 512
24/07
/2010

Hennie neem ons op 'n wildbesigtigingsrit, en wys vir ons al die verbeterings wat aangebring is sedert hulle die plaas verkoop het. Langs die roete sien ons Koedoes, Waterbokke, Impalas, Gemsbokke, Kameelperde, Blesbokke, Gewone Elande, Livingston Elande, Njalas, Vlakvarke, Blouwildebeeste, Swartwildebeeste, en Zebras. Ten spyte van verskeie pogings kon ons nie die Witrenosters kry nie.


             Karamoja ingang                                 Jagters akkommodasie                                Slaggeriewe                                     Die ou jagkamp huisies
 
                  Kameelperde                                            Gewone Elande                            Livingston Eland                                             Blesbokke

Dag 513
25/07
/2010

Ons ontvang 'n hele aantal e-pos boodskappe van gereelde lesers van ons toerdagboek.

Dag 514
26/07
/2010

Nog steeds 'n heerlike dag, die 9de sedert ons hier aangekom het. Elsie ry na Johannesburg om ons dogter by te staan wat 'n mediese ondersoek moet ondergaan. Johann bly agter by Buffelspoort. 

Dag 515
27/07
/2010

Ons laaste dag op toer voor ons more terugry huistoe. Dit is darem net nog 100 km en dan begin die groot uitpak van alles wat saam op toer was, dit aanry en indra huistoe en wegpak in die huis. Ons het gereel met Moos om die motorwoonwa by hom op die kleinhoewe te parkeer, om ook die Mercedes van die blokke af te kry en weer aan die gang te kry nadat dit vir 17 maande op blokke gestaan het. Jaco het ook reeds die huis ontruim en ons moes reel vir die oorhandiging van die sleutels en remotes. Elsie kan nie wag om weer tuis te wees nie!

Na 515 dae kom ons toer uiteindelik tot 'n einde. 'n Toer wat ons oor die lengte (nie breedte nie) van die land van Noord na Suid en weer terug geneem het en waartydens ons meer as 13,000 km met die motorwoonwa afgele het. Die Fordjie is vir dieselfde afstand agter die motorwoonwa gesleep, en bo en behalwe dit, het ons meer as 7000 km met hom afgele om die omgewings waar ons die motorwoonwa parkeer het, te besigtig. 'n Totaal van kort oor die 20,000 km is agter die rug.

Ons sal eers bietjie tot verhaal kom en dan seker nabetragting hou en 'n "toeropsomming" opstel. Etlike van ons gereelde lesers, bekend en onbekend, het reeds laat weet dat hul van ons "tips & tricks" gebruik gemaak het. Dit is selfs gebruik vir skooltake! Dankie aan almal wat laat weet het dat hul saam met ons getoer het en dit geniet het.

Dag 516
28/07
/2010

TUIS na 17 maande

 

 

=======================================================================================================================================

GEREELDE LESERS   (waarvan ons weet)

 

Adele Kritzinger
Andre en Mariaan Swanepoel
Andries Liebenberg
Annamarie Bloemsma (Nederland)

Albert & Susan van Heerden
Attie Nigrini
Bea Swanepoel
Brian Strydom (Quatar)
Christa & Paul de Wet
Christa Groenewald
Cora Labuschagne
Daniel Schaedeli (Switserland)
Dries Terblanche
Elsie Zinsser
Errnst Grill (Duitsland)
Etienne Louw
Flip & Tilla de Wet
Fred & Elmarie Balt
Gerrit Lotz
Greta van Rooyen
Hennie & Andriette Crous
Hugo Hauman
Ivan & Val Dembo
Jacomine Greeff
Jacques & Elba Tredoux
Johann & Engela Knoesen
Johan & Tertia du Toit
Johan & Elschen Kotze
Kobus & Annekie Theunissen
Kobus & Vasti du Plessis
Johann Claassen
Leendert Tamboer (Nederland)
Leon Gericke
Leon & Hantie Vermeulen
Leon & Nita Botha
Leon Thomas
Liezl (?)
Lila Grootendorst
Linda Moore
Linda Nolte
Linda Wilkenson
Manie Kritzinger
Marie van Eck
Michelle Boshoff
Michael Mans-Combrinck
Nanette Kritzinger
Neil & Janet Ebedes
Oscar Schmidt
Petra Mulder
Piet & Sune Joubert
Piet Vermeulen
Reuben Arnold
Rian Els
Rina Viviers
Rona Hollhumer en familie
Sanmarie Greeff
Sunell Tredoux
Tiandi du Plessis













 

 

a