Home:  Toer 2  
 

Stoffberg, Laersdrift, Roossenekal, Lydenburg, Long Tom Pas, Sabie

 

Ons is so teen 9vm by die dam weg en het die pad aan die oostekant van die rivier geneem tot naby Groblersdal waar ons toe afgedraai het na Stoffberg. Langs die pad is 'n groot aantal jagplase en lodges.

STOFFBERG (p299)

Agtergrond:

Stoffberg l sowat 70 km noord-oos van Middelburg aan die bo-lope van die Steelpoort rivier. Die plek is vernoem na Dirk Stoffberg wat in die omgewing geboer het.

Toer dagboek:

05/05/2007: Stoffberg is 'n gehuggie met eintik net 'n vulstasie, winkeltjie en die Blinkwater Rollermeule. Die eienaar van die meule was 'n klient van Johann toe hy nog by Boland Bank op Middelburg was.

ROOSSSENEKAL (p299)

Agtergrond:

Na die oorlog tussen die Transvaalse Rebubliek en die Ndebeles in 1830 is die grondgebied van Mapoch afgeneem en aan die vrywilligers wat aan die oorlog deelgeneem het, gegee. Die naam van die dorpie is saamgestel uit die name van Stephanus Roos en Frederick Senekal, trwee boere leiers van die oorlog teen Mapoch.

'n Titaan myn naby die dorp lewer grondstowwe aan die Highveld Steel se aanleg naby Witbank.

By Laersdrift, naby Roossenekal, het die NG Kerk na die oorlog 'n nedersetting gestig vir hawelose blanke gesinne. 'n Baie mooi klipkerk is hier opgerig.

Toer dagboek:

05/05/2007: Die dorpie is redelik groot met 'n ouetehuis en selfs townhouses en 'n hotel. Die roete is die moeite werd in plaas van om die Belfast / Dullstroom pad te neem om by Lydenburg uit te kom op pad na die Laeveld.

 

LYDENBURG (p299)

Agtergrond:  l tussen die Drakensberg platorand en die Steenkampberge. Die dorp is in 1850 deur 'n faksie van die Voortrekkers onder leiding van Hendrik Potgieter gestig. Die dorp was eers daar naby begin, maar as gevolg vam 'n water tekort, is die dorp verskuif na die plek by die sameloop van die Sterkstroom en Spekboomrivier. Die NG gemeente is die derde oudste gemeente in die Transvaalse Republiek. Die NG Kerkgebou is in 1852 voltooi en is die oudste kerkgebou noord van die Oranje Rivier

Lydenburg was ook een van die klein republiekies wat ontstaan het as gevolg van tweespalt onder die Voortrekkers. In 1856 het die Lydenburg Republiek afgestig van die Transvaalse Republiek met Potchefstroom as Hoofstad. In 1857 het Lydenburg Republiek saamgesmelt met die Republiek Utrecht. In 1860 is albei weer by die Transvaal ingelyf.

Besienswaardighede sluit in die ou N G Kerkgebou, Twee natuurreservate, die Sterkspruit en Gustav Klingbiel onderweg na die Long Tom Pas, en die Long Tom Pas.

Toer dagboek:

05/05/2007: Op pad vanaf Roossenekal na Lydenburg is ons oor 'n bergpas genaamd "Die Berg" ( hoekom het hulle nie 'n beter naam gekry nie?). Oral langs die pad is foreldamme te sien met heelwat lodges waar hengelaars kan tuisgaan.

In Lydenburg self is nie besienswaardighede wat ons die moeite geag het om te besoek nie, en ons is vort na Sabie, via die Long Tom pas

---------------------------------------------------------

LONG TOM PAS (299).

Agtergrond: Vanaf Lydenburg klim die pas 670 meter, en daal weer 1000 meter na Sabie. Die pas is in 1953 in gebruik geneem. Die pad is in 1964 geteer. Die pas is een van die skouspelagtigste roete is die land.

 

Toer dagboek:

05/05/2007:  Ons is vanaf Lydenburg weg om oor die Long Tom Pas na Sabie te ry. Hoe hor ons geklim het, hoe kouer het dit geword, met ;n helse sterk wind van voor. Die hoogste punt op die roete was 2150m bo seevlak.

Ons het gestop by die Long Tom kanon halfpad teen die berg af. Die replika wat nou daar vertoon word, is in 1984 te Barberton vervaardig. Die oorspronklike kanon was 'n Creusot kanon wat 42kg koels oor 9 km ver afvuur. Die oorspronklike kanon is in Frankryk vervaardig en die Britte het hom die naam "Long Tom" gegee.

-------------------------------------------------------------

SABIE-

Agtergrond: Die dorp het ook sy ontstaan te danke aan goud. Verskeie watervalle is in die omgewing , die Berlin, Bruidsluier, Perdeskoen, Lone Creek, Sabie en Mac Mac. Daar is baie bloekom- en denneplantasies in die omgewing aangeplant. Die  erste hoeveelheid betaliende spoelgoud is in 1871 hier ontdek. Volgens inliging het Sabie die grootste mensgemaakte woud in die wreld

Bruidsluier valle

Perdeskoen valle

Lone Creek valle

Sabie valle

 

Toer dagboek:

05/05/2007:  Ons het ingeboek by die Merry Pebbles karavaan oord wat langs die Lone Creek riviertjie gele is. Die eerste aand was dit maar vrek koud en ons het albei dik sweeetpakke en baadjies aangetrek. Die verwarmer is aangeskakel om die temperatuur bietjie draagliker te maak. Old Brown Sherry het natuurlik ook sy deel gedoen!

Op die perseel is 'n groot skuur vol afvalplanke. Die hout kaan gratis geneem word, en al die kampeerders het bakkievragte (ons hele motorwoonwa was vol binne) hout daar weggery om heerlike groot vure by die kampplekke te maak (sien fotos)

Sondag oggend is ons toe weg om die vier watervalle in die omgewing van Sabie te gaan bekyk. (sien fotos bo)  By die Lone Creek waterval het ons met 'n bobbejaanpaadjie tot bo-op die berg geklim waar mens dan van bo-af die waterval, en rivier wat hom voed, kan sien. Dit was stywe lywe wat daar afgekom het.

Die Sabie waterval, wat in die dorp is, was vuil, stink en 'n skande. Dit het geruik na 'n rioelplaas. Die ander drie wat ver buite die dorp is, was mooi skoon en netjies versorg. Raai?

Merry Pebbles karavaan park

   

 

Tuisblad      Volgende