SANI PAS

16 Februarie 2015

Ons roete vandag was van die plaas naby Naudes Nek, via Mount Fletcher tot by Matatiele. Ons sou eers daar oorbly, maar die weer is bewolk en nie geskik vir voelkyk nie. Ons kom bietjie te vroeg op Matatiele aan om daar oor te bly, dus hou ons aan en ry die grondpad via Swartberg tot by Underberg. Dis 'n baie mooi roete en kan aanbeveel word.

Ons bereik Underberg, en vul ons kosvoorraad aan. Dan ry ons na Meadow Lane gasteplaas, redelik naby die dorp op die Drakensberg Garden pad, waar ons ingeboek is. Dis 'n baie mooi plek en die tuine is uitermate mooi versorg. Ons word vriendelik ontvang deur die eienaar, Leslie Williams.

Meadow Lane Country Cottages Meadow Lane Country Cottage Meadow Lane Country Cottage Meadow Lane Country Cottage
Meadow Lane Country Cottages Meadow Lane Country Cottages Meadow Lane Country Cottages Meadow Lane Country Cottages

17 Februarie 2015

Op sterkte van die weervoorspelling van www.yr.no pak ons die pad aan na Sani Pas. Aanvanklik was dit baie mistig en het ons begin wonder of YR dalk vandag verkeerd is. Hoe verder ons teen die pas uitry, hoe meer lig die mis totdat dit later naby die grenspos wel 'n helder sonskyn-dag is. Die pad van waar die grondpad by die Sani Pas Hotel begin tot by die SAPS Grenspos is uiters sleg. Dis verspoel en groot gate vol water en rotsbanke forseer jou om draaie om die slaggate te ry. Dit sou later blyk dat die pad bo in die werklike "pas" in 'n baie beter toestand as die pad tot by die grenspos was.

By die grenspos stop ons eers om ontby te eet. Van bo af kom 'n 4x4 met 'n Jurgens Off-road karavaan gehaak. Hulle het dwarsdeur Lesotho gery, en kom nou met die Sani Pas af. Ons gesels lekker en hoor hulle is ook van Johannesburg. Ons eerste reaksie was dat hulle bietjie van lotjie getik is om met die karavaan die pas af te kom. Later hoor ons dat hulle maar sulke avonture aanpak.

Van anderkant die grenspos raak die pad al steiler, maar ons was verbaas oor die redelike goeie toestand van die pad. Oral is mooi watervalle en bergstrome wat na die reen lekker sterk vloei. Die pas was glo die vorige week gesluit as gevolg van die baie reen en rotsverskuiwings. Dis nou egter weer oopgestel.

Bo by die haarnaalddraaie is RSA werkers met twee groot Volvo masjiene besig om die pad te herbou. Hulle maak die draaie wyer, en werk grond in om die klippe van die destydse steil gedeelte te bedek. Die pad is nou kinderspeletjies! Dit dui jammerlik daarop dat die pad aan RSA kant dalk ook later finaal herbou en geteer gaan word. Dit lyk of hul van bo van die pas na onder begin werk. Die "kick"van die ou skerp en steil draaitjies wat met rotse besaai wa, is nou weg ! Jammerlik !.

Toe ons amper bo is by die haarnaalddraaie, kom 'n paar Duitsers in 'n piepklein Hyundai motorjie van bo af by ons verby. Hulle vra so ewe of ons dink dis ok as hul verder teen die pas af ry. Ons antwoord ws "You should not be here in the first place!" Baie duidelik is dit 'n AVIS 4x4 wat hul iewers gehuur het om dwarsdeur Lesotho te ry en dan hier af te gaan. Met die afkom sien ons hul nie weer nie, so hul moes ongedeerd onder gekom het.

Die mis begin te lig Waterval Dr kom die Fortuner Amper oor 'n steil deel
Man en Motor moet rus ook Kronkelpad na bo Kronkelpad na bo Kronkelpad na bo
Kronkelpad na bo Padbouwerk aan RSA kant Padbouwerk aan RSA kant Kronkelpad na bo - in die mis
 
Kyk hoe wyd is die draaie nou gemaak Padbouwerk aan RSA kant - mistig Landies kan ook tot bo kom!!  

Ons bereik die Lesotho grenspos, en betaal ons Tolgeld van M30 (gelyk aan R30). Daar is 'n hengse bedrywigheid soos die Chinese met Chinese masjienerie en voertuie aan die pad werk. Die Chinese voorman verstaan geen woord Engels nie, en die Lesotho werkers weer niks Chinees nie. Op 'n manier kom hul tog reg en verstaan mekaar. Die Chinese is besig om die pad te herbou met die oog daarop om dit binnekort te teer - van die Mokhotlong pas tot bo by die Sani grenspos ('n afstand van 46.5 km). Wie betaal vir al die werk?

Chinese padbouers teer Lesotho kant Chinese voorman Chinese masjienerie Chinese lorrie
Lekker nuwe bree geboude pad Lesotho kant

Ons besoek hierna die "Highest Pub in Africa". Die bordjie buite die Pub s dis 2874 meter hoog, maar ons Garmin in die motor, wat buite staan, s dis 2881 m. Wie stry nou oor 7 meter?. Die toppunt van die pas is 370 meter hor as die piek van die Naudes pas wat by 2504 meter geklok is. Om te help vir die koue drink ons 'n Capucino en Chilla Cafe. Ons koop 'n groot bottel Maluti bier om saam te vat huis toe.

Toe ons merk dat die mis weer in die vallei begin opkom, begin ons die terugtog berg af.

Highest Pub in Africa Groot bottel Maluti Bier 2881 meter bo seevlak

Onder by die SAPS grenspos sien ons 'n nuwe vol vir ons lys, die African Cuckoo. Een van die Polisiemanne met 'n groot belangstelling in, en kennis van vols, kom nader gestap om ons te help soek na die Barratts Warbler. Ons roep met die iPad, en sien ook toe die Barratts Warbler, maar hy spring so vinnig in die gras en takke rond dat ons hom nie kon afneem nie. Ons kon hom volg met sy "krrrr krrrr" geluid wat hy maak, maar kry net sulke kort glimpse van hom.

Byna onder, en ons kry twee manne op perde wat drie ander perde aanjaag. Toe ons vra, s hul dat hul op pad Lesotho toe is. Van waar ons hulle teen 15:00 gekry het, is dit nog 'n dagreis ver tot bo op die pas.

African Cuckoo Op pad na Lesotho

Toe ons uiteindelik weer onder is, kom ons af op SAPS voertuie, n klomp mense wat daar rondstaan, en 'n lykswa. Dit blyk toe dat 'n Duitse toeris wat saam met een van die plaaslike toer-operateurs berg op is, langs die roete berg-op, dood is. Almal hier onder wag op die liggaam om van bo af gebring te word. Wat 'n tragedie. Die arme mede-toeriste moes groot geskrik het.

17 Februarie 2015

Ons besoek eers die Castleburn Lake Resort op pad na die Drakensberg Gardens Resort wat naby die Drakensberg gelee is. Beide die oorde is in 'n pragtige omgewing en is baie netjies versorg. Die Drakensberg Gardens resort het ook 'n Golfbaan, tennisbane en 'n rolbalbaan. Daar is heelwat staproetes in die omgewing.

Op pad terug doen ons aan by die Underberg Cheesery. Dit is nie die moeite werd om dit te besoek nie, want jy sien niks behalwe die proekamer nie.

 

Verblyf:    Meadow Lane Country Cottages,    Leslie Williams    Tel 082 568 5243   http://www.meadowlane.co.za

Tuisblad        Weskaap toerplan    Volgende