Senyati

   
Johann en Elsie Kritzinger toere - toer deur Botswana en Namibia

07/07/2019

   
Klik op kaart en fotos Totale afstand : 239km

Vandag ry ons tot by die heel noordelikste punt van ons toer. Hiervandaan gaan ons nou weswaarts deur die Zambezi Provinsi,. na Namibia.

Dis 'n baie lekker, goedgeboude pad. Langs die pad sien ons 'n groot aantal Steenbokkies (Phuduhudu) twee-twee bymekaar, en drie klompe Bromvoels: eers 3, toe 'n kindertuin groep van 10, en later weer drie. Hulle loop sommer so hier langs die pad.

Ons bereik die afdraai na Senyati sonder probleme, maar val toe vas in die dik sand by die afrit.

Hul ken staanplek 19 aan ons toe. Daar is egter nie 'n teken van skaduwee by die staanplek nie. Dis die verste staanplek van die ontvangs/kroeg gedeelte. Die voordeel is dat dit lekker stil is en jy die wild hier voor jou kan sien verbystap op pad na die watergat wat nog water het. Water borrel voortdurend uit 'n fonteintjie in die middel van die poel. Dit kom van 'n boorgat so 500 meter weg. No 19 kyk ook uit op 'n watergat, maar dit is nou droog. Die staanplek het krag, en elke staanplek het sy eie ablusieblokkie.

By die kroeg is gratis wi-fi van 17:00 tot 21:00.

08/07/2019

Vandag wil ons die ruitveer laat vervang, kosvoorrade aanvul, en 'n boot en wildrit bespreek.

Ons doen navraag by 'n aantal toer ondernemings, maar vind dat uit by die 5, insluitend die lodge, wat ons nader, is Kalrose toere, wat sake doen uit 'n ou Skeeps container naby die Engen garage by Kazangulu, by verre die goedkoopste. More is ons dus gaste van Kalrose toere.

09/07/2019

Vir ons besoek aan die Chobe, klik op "volgende" hieronder

Na ons probleme met die vasval by die afrit na Senyati, het hul die volgende dag daar 'n kennisgewing opgesit dat geen karavane en sleepwaens op die sandpad toegelaat word nie. Jy moet nou deur die dorpie ry met 'n harder pad. 'n Herwinningsfooi van P1,000 (R1,500) sal gehef word om jou daar uit te sleep.

Ou waarskuwingsteken Vasgeval net daar regs van die paal in skadu Nuwe waarskuwingsteken
Ons kampplek Watergat voor kroeg Watergat voor kroeg
100+ vragmotors wag om oor grens te gaan Ruitveer word vervang Die reddings voertuig en crew

 

Tuisblad             Volgende