shakawe

 

31/08/2015


 
Klik op kaart en fotos Totale afstand: 56 kilometers

Ons ry die kort afstand van Nunda Lodge na Shakawe Lodge (56 kilometer).

Ons moet weer deur die Namibia grenspos by Mohembo gaan. Dit is verseker die mooiste en netjiesste grenspos wat ons al teengekom het. 'n Pagtige houtsneewerk toonbank en vriendelike personeel.

By die Botswana kant is hulle net so vriendelik en wonder bo wonder aanvaar die meisie hierdie keer ons multiple entry visum vorms. Vorige kere het hul ons weer P330 laat betaal elke keer as ons die grens oorsteek. Hiervandaan gaan ons weer terug by dieselfde grenspos terug in Namibia, en ons sal sien of Namibia net so toegemoetkomend is.

Ons bereik die gevreesde kwarantein check point, en word net met die waai van die hand deurgelaat. Al die vleis en suiwel produkte wat ons die vorige aand so sorgvuldig "op-ge-eet" het, was toe pure verniet. So ook Elsie se handgekerfde kierie, omdat geen hout gesnede beeldjies ens. suid van die grens geneem mag word nie.

Ons het 'n baie lekker koeltestaanplek onder reuse koeltebome en is gereed vir PELS !! Hier bly ons tot ons hom sien ! Die kamp was die naweek vol, maar nou is dit net ons en 'n buitelander wat op sy eie in sy daktent kamp wat hier is.

 Vir ons is  die mees skaduryke staanplek no 4. Lekker gelyk en heeldag skaduwee op die Kavango rivier se oewer.

01/09/2015

Vroeg oggend kom ontmoet John, ons voelgids ons halfpad na die Lodge met die nuus dat hy die PELS vir ons gevind het. Ons vertrek so teen 07:30 van die Lodge met 'n bospaadjie, en na net 12 minute se stap:

DAAR SIT HY

 
Ons eerste PELS Visuil na 11 jaar en 2 maande se gesoek  

Ons spandeer seker so 'n halfuur daar om te kyk, en weereen te kyk.

John sê hy weet waar daar 'n baba PELS is, maar ons sal met die boot moet gaan. Ons reel dadelik 'n boottrip en John ry met ons al die pad op die rivier tot by Shakawe, die dorp waar hy woon. Dit is so 10 kilometer stroomop van die Lodge. By Shakawe ry ons stadig al langs die wal verby die groot digte bome, en Elsie sien die kleintjie sit. WAT 'n BONUS. Ons soek 11 jaar vir die uil en nou sien ons binne 'n uur die volwassene en 'n kleintjie.

     
Onvolwasse PELS Visuil  Bont Visvanger met prooi  Visarend 
     
Elsie en John voor Pels in die boom  Sy-tak van Okavango waarin hy sy vis vang  Olifant langs die Okavango 
     
Elsie en John op ons boot  Die Okavango rivier naby Shakawe  Drotsky' s Caboins 
Rivier voor Shakawe Lodge Rivier Taxi

02/09/2015

Ons besoek die Krokovango krokodil plaas sowt 4 kilometer noord van Shakawe Lodge. Toegangsgeld vir 'n begeleide toer is P25 per persoon. Hulle het glo 13,000 krokodille van alle ouderdomme en groottes daar in verskillende damme en geboude "hokke". Dinsdae en Vrydae word hul gevoer met hoenders, donkievleis en ook van die geslagde krokodille se vleis. Hulle moet 'n aardige klomp vleis opeet. Hulle lê eiers in die winter maande, waarna die eiers verwyder word en in broeikaste geplaas word. Die velle word na Europa uitgevoer en verwerk

Die krokkodil leer artikels is baie duur en word sekerlik net deur buitelanders gekoop. Bv 'n krokkodilvel beursie is P975 (± R1260). Ons koop 'n pak van 3 krokodil kebabs wat Johann wil braai en dan een-een eet vir P35 (± R45-00)

Dan gaan ons na Shakawe dorp en koop 'n paar items by die alomteenwoordige Choppies winkel. Dis soos Spar in RSA.

Op pad terug gaan kyk ons na Drotsky Cabins. Die eienaars het onlangs 'n pragtige luukse Lodge van hout gebou. Die kampterrein is verder weg van die Lodge, en glad nie by die water nie. Ons was bly ons het by Shakawe river Lodge beland.

Krokovango ontvangs Krokovango 3 Krokodil kebabs
Broei diere Word binnekort geslag Word binnekort geslag
 

 

 

Wi Fi :       Wi-fi by Shakawe Lodge teen baie stadige spoed.
Kaarte :     Aanvaar kredietkaarte by die Lodge.  Aanvaar nie kredietkaarte vir brandstof in die dorp Divundu nie
Brandstof Prys : N$11.22   (Ou soort diesel)
Verblyf :     Shakawe River Lodge.     Tel:  (+267) 684 0403         www.shakawelodge.com      

 

 

Tuisblad              Botswana toerskedule         Volgende