shamvura Lodge

 

05/09/2015

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand:  90 kilometers

Die afdraai na Shamvura is net sodra jy uit die Caprivi ry. Die laaste gedeelte van die roete is 'n baie goed geboude grondpad. Dit ry baie lekker maar daar is geweldig baie stof. Die naam beteken : "The place from where you can see the rain coming"

Langs die roete tot hier is daar orals "stalletjies" waar bondels gras en houtpale verkoop word. Dit is 'n groot bedryf . Mens wonder hoeveel van die bome van die omgewing word afgekap om die houtpale te maak.

 Ons het 'n groot koelte staanplek op dik sagte rooi sand, met ons eie kombuis en badkamer. Nou nie 5-ster gahalte nie, maar baie gerieflik. Die oord is gebou op 'n antieke sandduin met uitsig oor die rivier en vloedvlaktes van die Kavango Rivier.

Ons gasheer en vrou is Mark en Charlie Paxton. Hy is 'n voëlkenner van formaat. Ons gee hom ons lys van "wil graag sien" voëls, en hy merk af wat hy vir ons sal kan wys. Die meeste van die "specials" kom nog later die jaar en hy bevestig dat Januarie 'n goeie maand is om baie van die trekvoels hier te sien.

   
Okavango vloedvlaktes en Shamvura  Bondels gras te koop 

06/09/2015

Ons eerste uitstappie saam met Mark is in die bosgedeelte van die omgewing. Voor ons uitstappie los ons ons voëlboek, kamera en waterbottels buite die kantoor op 'n tafel. Toe ons weer daar kom het hulle hans bokram die eerste vier bladsye van ons nuwe voëlboek klaar opge-eet! Glo 'n ou laai van hom.

In die loop van die oggend sien ons 'n hele aantal Lifers:
Souza Shrike Souzalaksman
Violet Woodhoopoo Perskakelaar
Wood Pippet Boskoester
Rufous Bellied Tit Rooipensmees
Red Faced Crombek Rooiwangstompstert
   
Ander voels wat ons reeds voorheen op die toer gesien het:
Striped Kingfisher Gestreepte Visvanger
Rattling Cisticola Bosveldtinktinkie
African Pippet Gewone Koester
Yellowthroated Petronia Geelvlek Mossie
Bru Bru Bontrok Laksman
Coqui Francolin Swempie
African Yellow White-Eye Geel Glasogie
Green Capped Eremomela      Donkerwangbossanger
Bradfield's Hornbill Bradfieldneushoringvoël
   
   

Souza Shrike (met prooi) Rufous Bellied Tit Violet Woodhoopoo
Wood Pipit Bradfield's Hornbill Greencapped Eremomela 

Namibia skakel vandag weer terug na RSA se tyd. Hulle was tot vandag 1 uur agter die RSA tyd. Sommige plekke / oorde werk hier RSA tyd, ander weer Namibia tyd. Altyd verwarrend en mens moet duidelik vooraf vra watter tyd gebruik hulle anders is jy bietjie vroeg of baie laat ! 

07/09/2015

Vandag is ons op die Okavango Rivier om te kyk watter Rietsangers (Warblers) ons kan sien. Al raad is om in die boot langs die riete te sit en hulle met ons iPad te roep en te wag tot hul antwoord of hul verskyning maak.

Terug by die ankerplek moet ons 108 trappies klip teen die sandtuin uit om by die lidge te kom. Dit was maar rus-rus daar teen die bult uit

Vandag se oes van nuwe voels (Lifers)  is die volgende

Chirping Cisticola   Piepende tinktinkie
Greater Swamp Warbler     Rooibruin Rietsanger
Grey rumped Swallow   Grys kruis Swael
     
Ou bekendes wat ons weer gesien het
Osprey   Vleivalk
Luapula Cisticola   Luapula Tinktinkie
African Rail   Riethaan
Rufous Bellied Heron   Rooipens Reier

Birding in Angola (sonder visum !) Okavango by Shamvura Chirping Cisticola
Hans bok wat ons boek opvreet Privaat ! Bly weg Bietjie aanmoediging tot bo

Die middag sit ons saam met Mark om al ons IDK's ("I don't Know") voels te identifiseer en kon tien by ons toerlys byvoeg 

 

Tuisblad              Botswana toerskedule        Volgende

Wi Fi :       Wi-fi by Shamvura Lodge teen reelike spoed.
Kaarte :     Aanvaar nie kredietkaarte by die Lodge.  Aanvaar nie kredietkaarte vir brandstof in die dorp Divundu nie
Brandstof Prys : N$11.22   by Divundu (Ou soort diesel)
Verblyf :     Shamvura Lodge.   Tel +264 66 264007     http://www.shamvura.com/