Tuisblad:  Toer 8  
 

Shingwedzi

 

Agtergrond:

Shingwedzi is geleŽ 72 km suid van Punda Maria in die middel van die Mopani wÍreld aan die oewer van die meestal droŽ Shingwedzi rivier..

Dag 66
04/05/2009

Ons pak op, haak die Fordjie en vertrek op pad na Shingwedzi. Langs die pad sien ons net weer die groot trop buffels wat ons 'n paar dae tevore daar gesien het.naby die Babalala piekniekplek.  Verderaan is daar niks diere te sien nie. Ons is weer vroeg genoeg by die kamp en kry weer 'n redelike koeltestaanplek naby die ablusieblok. Ons bure is dieselfde mense as wat ons in Punda Maria as bure gehad het. Ons is hier ingeboek vir 5 dae voordat ons na Tsendze gaan waar ons vir Leon en Hantie Vermeulen gaan ontmoet.


                                             Shingwedzi chalets                                                                       Swembad

                Bosbok                                                   MacDonalds

Dag 67
05/05/2009

Ons stap deur die kamp op soek na voels, maar hier is net spreeus en rooi-oog duiwe. Elsie was ons wasgoed in die kamp se waskamer en die res van die dag is ons rustig in die kamp rond.  ons kry gereeld kuiergaste wat na die motorwoonwa kom kuier. In die waskamer is dit amper soos in 'n haarkappersalon. Elsie ontmoet daar baie vreemdes en hoor almal se stories (brag?)

Dag 68
06/05/2009

Vroeg oggend vat ons weer die pad na die Nyawutsi voelskuiling. Op die bord wys dit dat besoekers die afgelope paar dae hier luiperds gesien het. Ons sien egter niks. Die eerste stukkie pad tot by die Kanniedood-dam is mooi al langs die rivier, maar daarna ry mens vir kilometers deur die Mopani-struikveld waar daar niks is nie. Die laaste stukkie pad is 'n baie vervelige pad en nie aan te beveel nie. Die skuiling is vuil en vol vlermuis- en ander mis en mens kan skaars daar sit. Langs die pad terug kamp toe kom ons op heelwat olifante af. Party is bietjie groot en astrant en ons ritereer maar liewers om veilig te wees. As hy so in die pad afstap op pad na jou toe, lyk hy darem baie groot!

By 'n wildevyeboom langs die rivier hoor ons die roep van die Gryskop Pappegaai. Ons roep hom met die PDA en hy kom mooi uit om homself vir ons te wys. Vir ons is dit 'n lifer.

Dag 69
07/05/2009

Ons besluit vanoggend om bietjie later te slaap en te kyk of die diere nie beter te siene is as mens later ry nie. Ons vertrek eers teen 07:00 en was nooit daaroor spyt nie. Ons neem die S52 grondpad na Bateleur. Ons sien groot troppe buffels (x2), leeus (x6), olifante, kameelperde, rooibokke (x ?), waterbokke, njalas en baie voŽls. Dit was die beste oggendrit wat ons nog gahad het.

Net verby die Red Rocks suipgat sien ons aasvoŽls in die bome, en toe ons nader kom, is daar 4 wyfies met twee welpies wat rustig vir ons lÍ en kyk. Hulle moes daar 'n prooi gevang en ge-eet het. Ons kon lank na hulle kyk, en toe die mannetjie van Írens af brul, vlieg almal op en draf weg. Die baas het geroep. Kort daarna kry ons 'n groot trop buffels, en bevestig dit weer ons vermoede dat die leeus die buffels volg. Dit is hul "spens". So, soek vir buffels, en as jy dit kry hou dop vir leeus in die omgewing.

 
                                                                                                                Ons tweede trop Leeus

                                                                                                                                                                                                     Aasvoels reg vir die ete

                                                     Rooibok geveg                                                            Waterbok (Kringgat)                                           Njala bul

                                                                                       Buffels

         Olifante raak kwaad                               Mopanis begin verkleur

Ons koop vir ons twee slange om die ape van die motorwoonwa weg te hou. Ons hoop dit werk, want vriende wat ons hier ontmoet het, het besoekers gehad en die ape het omtrent verwoesting binne die karavaan gesaai  

Dag 70
08/05/2009

Dit reen byna die hele nag en ook gedurende die loop van die oggend. Heelwat van die kampeerders word wakker met hul tente wat in die waterpoele staan. Hulle woel en werskaf om die tente te skuif en water weg te keer. ons was darem op droe grond.

 

VOLGENDE