MSC Sinfonia

Johann en Elsie Kritzinger toere - Flock-at-Sea : MSC Sinfonia

24/04/2017

MSC Sinfonia

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand : 1,200 km ter see

Uiteindelik breek die dag aan. Ons vertrek more op die MSC Sinfonia saam met ongeveer 2000 voelkykers op 'n vierdagse vaart om in die suidelike seewater rond te vaar op soek na seevoels. Ons mikpunt is die Natal Seamount wat sowat 350 kilometer suid van Stilbaai gelee is. (Sien die kaart hierby) Dit is onderwater "berge" wat die potensiaal het van baie seevoels. Hierdie voels bly op die oopsee en kom net aan wal op verafgelee eilande om te broei.

23 April 2017

Ons slaap vanaand in 'n Kaapstadse Hotel om die erge verwagte verkeer van Maandagoggend te vermei. Ons hotel was die Cape Town Lodge, by 101 Buitengracht straat. Die Hotel kan aanbeveel word vir die waarde vir geld en die geriewe wat hul bied. (Bespreking gedoen deur Tripadvisor).

Cape Town Lodge Hotel (4 ****) Ons kamer Uitsig op tafelberg

Flock at Sea Again 2017: 24 tot 28 April 2017

Ons bootvaart sou van Maandag tot Vrydag  duur. Alhoewel ons reeds teen 10vm aan boord moes gaan, kon die twee duisend gaste eers teen 13:00 begin om aan boord te gaan. Daardie 3 ure se wag het baie reisigers se moere lekker suur gehad. !

Hierdie skip is nou wragtig luuks. Gaste is gehuisves van vlak 7 tot vlak 12. Ons was op vlak 8 in 'n kajuit met 'n see-uitsig. Die kajuite is baie gerieflik.

Op die Maandag was die weer baie mooi en ons het vinnig tot so suid van Stilbaai gevaar. Daarna het hul kruis en dwars oor die ondersese berge gevaar op soek na die skaars seevoels. Dinsdag en Woensdag was dit maar winderig, die see rof en nie baie plesierig nie. Dit was dieselfde kouefront wat ook oor die Kaap onweer gebring het. Niks het egter die voelkykers afgesit nie. Van die manne (en vroue) het 10 - 12 ure elke dag op die dek deurgebring om die voels, wat af en toe verby gekom het, te sien. Ons het maar so 3 maal vir 'n uur op 'n slag, elke dag op die dak gaan staan. Die lang stanery was harde werk vir ou manne!

Donderdag oggend het die kouefront verby beweeg en was dit weer 'n pragtige sonskyndag.

Ek en Elsie het baie van die lesings en praatjies wat aangebied is, bygewoon.

Ons kon drie etes per dag eet. Tussendeur was daar egter altyd kos beskikbaar op die 11e dek, en kon jy eet soveel en net wat jy wou. Ons moes egter water koop. Die water in die krane is glo nie geskik om te drink nie. Die water, asook alle drank, is maar aan die duur kant. Alles is in dollars, en met ons afgradering is die ou randjie nie van veel hulp nie. By alle gelyste pryse is daar 'n 15% heffing, maar dit verskyn nie op die spys en dranklyste nie. Op die 11e dek kon jy egter gratis vars water kry. Ons het dan ook toe daar ons waterbottels vol gemaak vir gebruik deur die dag en met slaaptyd.

Aandetes is in twee sessies aangebied. Ons was gelukkig om die 18:00 sitting te kry. Dan kon jy nog na die vertonings ens gaan. Die tweede sessie was eers om 20:30. Met al die gaste teenwoordig, was die bediening in die aansit eetkamers, nie altyd baie vinnig nie. (Dalk wou hul dat jy meer drink?)

Vrydag oggend mey sonop was ons terug in die hawe en van 8 uur het die gaste in groepe die skip verlaat.

Ons het die avontuur baie geniet, maar baie van die voels het ons ook op die daguitstappie vanuit Simonstad gesien. Ons kon darem 6 nuwe voels op ons Lifelist byvoeg.

Alles in ag genome, was hierdie 'n wonderlike ervaring en werklik aan te beveel

Lang toue om aan boord te gaan Lang toue om aan boord te gaan Totsiens Kaapstad
Op pad na die diepsee Veiligheid eerste Laaaaaang gange
Portale by hysbakke Ons kajuit 8189 Baie interessante lesings is aangebied
Een van die eetsale Voelkyk op voordek Swembaddens
Voelkyk deur 2000 voelkykers Ons gaan weer aan wal Einde van heerlike trippie

 

 

Tuisblad         Toerprogram