Home:  Toer 2  
 

Echo Grotte, Ohrigstad, Pelgrimsrus, Skukuza

ECHO GROTTE

Agtergrond: 

Die grotte is geleŽ in dolomietheuwels by die ingang tot die Malopong vallei, sowat 35 km vanaf Ohrigstad. Die grotte is skynbaar in die middelsteentydperk bewoon. Meer onlangs het die swart stamme maar daar geskuil tydens stamoorloŽ. In 1923 is dit as plaas gekoop en die grotte "her-ontdek. Die grotte het pragtige stalagtiete en stalagmiete. Die oostelike ingang is in 1960 aan die publiek oopgestel. Daar is nou 'n grondeis teen die eiendom geregistreer. Die naam kom van die eggos wat jy hoor as jy teen die stalagtiete kap.

 

Toer dagboek:

11/05/2007: Ons het na drie lekker dae by Blydepoort, afskeid geneem van die Holms en die pad gevat terug via Ohrigstad en Pelgrimsrus. Op pad het ons aangedoen by die Echo grotte. Ons was die eerste besoekers die oggend en die gids het ons twee alleen deur die grotte geneem. Ons is deur drie kamers - Die Madonna (heilige), die Echo grotte en die Crystal Palace. Daar is verskillende formasies wat verskillende diere ens uitbeeld. Ons moes ente maar kruip om deur die gangetjies te kom. Die laaste grot was baie warm en bedompig, en ons was redelik moeg en natgesweet toe ons weer buite kom. Dit was 'n lekker ondervinding en die moeite werd.

OHRIGSTAD (p )

Agtergrond: Die dorpie is in 1845 deur Hendrik Potgieter gestig. Die dorp is vernoem na die Nederlandse weldoener Georgius Ohrig. Die ligging van die dorp is om geografiese sowel as politieke redes gekies, maar dit was gou duidelik dat dit 'n rampspoedige keuse was. Swerms malariamuskiete het die inwoners getreiter. Na drie jaar se uithou het die inwoners die dorp verlaat en dit het 'n stille dood gesterf. In 1923 is 'n nuwe dorp suidwes van die oue gevestig

Besienswaardighede is die ou fort van die ou nedersetting langs die R36 roete. Die besproeiings plase kry hul water uit die Ohrigstaddam met 'n bakmat van 18miljoen m≥ liter. Die damwal is 52 mter hoog en 385 meter lank

:Toer dagboek:

11/05/2007: Dit is 'n klein ou dorpie met 'n paar besigheidplekke. Daar was niks om te sien of om oor te skryf nie

PELGRIMSRUS (292).

Agtergrond: Goud is in 1873 hier ontdek, en 'n jaar later was hier 14 kantiens. Die naam kom moontlik van 'n opmerking deur Alec Patterson wat die goud ontdek het, dat "die pelgrim het tot rus gekom". Teen 1875 was hier 21 winkels, 18 kantiens, drie bakkerye en 'n koerant. Teen 1876 het die verval begin toe die maklike goud uitgewerk is, en dieper gedelf moes word.

Die hele dorpie is nou tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar. 4 Historiese kerke is steed te sien.

 

Toer dagboek:

11/05/2007: Van Ohrigstad is ons oor die Rowerspas (Robbers Pass) na Pelgrimsrus. Dit is 'n lekker steil pas en die ratte moes maar werk.

Ons was glad nie be-indruk met die huidige Pelgrimsrus nie. Die plekkie lyk maar aan die agteruitgaan. Oral is net "lapswaaiers" "karwassers","kar-oppassers" en drentelaars te sien. Ons wou aanvanklik in die karavaanpark oorbly, maar die kleur van die omgewing was nie "groen" nie. Ons het toe maar in die Royal Hotel ge-eet, en die pad gevat wildtuin toe.

Ons is deur Graskop en teen die baie steil Cowyns pas af deur na Hazyview. Die pas se helling is 1:14 en plek-plek is dit 1:7. Gelukkig is ons af en nie teen die steiltes uit nie.

 

SKUKUZAOns is by Numbi hek in met die idee om in Pretoriuskop te oornag. Die kamp was egter vol en ons moes uitwyk na Skukuza, sowat 53 kn verder as wat ons vir die dag beplan het.

Toer dagboek:

11/05/2007: Nadat ons nie kans gesien het om in Pelgrimsrus te oornag nie, het ons ons planne so bietjie aangepas en besluit om dan liefs drie dae in die Wildtuin te bly voor ons Badplaas toe gaan. Ons is by Numbi hek in met die idee om in Pretoriuskop te oornag. Die kamp was egter vol en ons moes uitwyk na Skukuza, sowat 53 kn verder as wat ons vir die dag beplan het.

 

Tuisblad      Volgende

-------------------------------------------------------------------