Tuisblad:  Toer 8  
 

Skukuza

 

Ons sien die BIG 5

 

Dag 83
21/05/2009

Dit is weer 'n bewolkte koel dag met die weervoorspellers wat sÍ dit gaan in die wildtuin reen. Van Satara op pad na Skukuza, sien ons weer groot "swerms" Rooibokke, Buffels, Zebras en 'n klompie Waterbokke. Hoe nader ons aan Skukuza kom, hoe kouer word dit en hoe digter is die bosse, sodat mens nie veel kan sien nie. Ons arriveer in die reen in Skukuza en na 'n lang gesoek kry ons eindelik 'n redelike staanplek met effe koelte vir die volgende 7 dae.

Teen 16:00 vertrek ons met die sirkelroete H1-2, H12, H4-1maar sien aanvanklik hoegenaamd niks. In die skemer op pad terug van die brug oor die Sabie rivier, is 'n klomp motors in die pad. Ons wikkel ons tussen hulle deur met ander manne wat redelik die f woord gebruik. Daar is drie leeus, met een wat op die kantstrook van die pad lÍ en vir die motors kyk. Later staan sy rustig op, stap oor die pad en verdwyn in die bosse na die ander twee wat ons kon sien. Ons leeu-totaal staan nou op 14, waarvan hierdie een die beste was.


                                                                                                   Leeu (#14) naby Skukuza

         Sonsopkoms Skukuza                     Sonsondergang by Skukuza                                 Familie ?                                      Miere op trek na ?

 

Dag 84
22/05/2009

  
                   Etenstyd                                     Ou treinbrug: Skukuza                     Selati Trein restaurant: Skukuza                   Laaste trein engin                        

Ons het die dag "tuis" deurgebring en uitgerus na al die ryery van die afgelope tyd. Ons het in die kamp rondgeloop en gesoek vir voels. By vorige geleenthede was hier baie te sien, maar vandag was hier feitliks niks. Teen laat middag het ons so 'n draai gery in die rigting van Kruger Hek waar die kennisgewing bord aangedui het dat mense van die big-5 gesien het, maar ons het net een olifant gesien, verder net 'n "swerm" impalas.

Ons het ook van die afdag gebruik gemaak deur plek te bespreek by Nisela in Swaziland, Nibela Lodge naby St Lucia en by Tugelamond. Nou is ons volgende maand of twee darem gereel.

Dag 85
23/05/2009

Teen 06:00 vat ons die pad. In Balule het ons buurman, (sy van is Pepper, so ook sy bakkie se nommer) ons vertel waar om die luiperd te sien wat ons nou al byna 'n maand lank ontduik en frustreer. Almal sien hom, maar ons is altyd op die verkeerde tyd op die verkeerde plek.. Ons ry met die H4-1 tot by die Sabie rivier-brug, toe oorkant toe en met die grondpad, S30, in die rigting van Onder Sabie. Ons ry stadig en na so 'n kilometer of twee sien ons die luiperd in die bosse. Ons moes hom vinnig afneem in die halfskemer, maar het darem die bewys hieronder. Toe hy ons sien, het hy vinnig verdwyn. Kort daarna het ons die bobbejaan brandwag hard hoor blaf om die trop te waarsku, so ons dink die luiperd was op soek na iets te ete. Nou het ons die Groot 5 gesien.


                                Ons luiperd kruip weg in die ruie bosse

Na die opwinding van die luiperd, gaan ons tot by Mlondozi dam en piekniekplek. Ons maak 'n lekker ontbyt van spek, eiers en maalvleis op die wildtuin se gasbraaier. Jy kan dit "huur" teen R17 vir 'n ete. In en om die dam is net seekoeie en 'n paar Wildemakoue (Spurwinged Goose), Verder niks. Ons gaan daarvandaan na Onder Sabie en ons hoop ons sien daar in en om die twee damme baie wild en voels. Weereens sien ons "niks", maar darem 'n Water-dikkop en Lel-kiewiet. Die water in die Sunset dam is baie groen en dis te snaaks om te sien dat die krokodille en die likkewaan wat op die wal lÍ, ook almal groen gekleur is.

Op pad van Onder Sabie stop ons by Nkuhlu piekniekplek. Daar vertel besoekers vir ons dat hul die hele oggend "niks" gesien het nie. Wel ons het behalwe die luiperd ook vir die oggend se ry "niks" gesien nie. Dit is baie teleurstellend dat hier so min wild en voels is. Oral in die noorde het mense vir ons vertel dat daar in die suide so baie wild is. Ons kan net die teenoorgestelde sÍ. Ons het groot "swerms" wild in die noorde gesien teenoor wat ons tot dusver hier onder gesien het .

Dag 86
24/05/2009

Ons gaan weer vroeg oggend soek na gister se luiperd, maar vanoggend was hy nerens te sien nie. Op pad terug kamp toe sien ons 'n aantal voels en was die oggend darem nie te sleg nie.

Terug in Skukuza kom parkeer 'n karavaan langs ons. Voor hul die tent opslaan, begin die vrou om die klippe, dorings en grassies met 'n plastiese skoppie te "hark". Johann vra of hulle nie 'n hark het nie, waarop die vrou in engels terug antwoord dat hulle nie 'n hark het nie. Johann bied aan dat hulle ons hark kan leen. Toe d.ie vrou nader stap om die hark te kom haal, vra sy "are you not Johann". Dit is toe al die tyd ou vriende van die Kaap, Helen en haar man Mike Mac Naught wat ook op toer deur die wildtuin is

Dag 87
25/05/2009

Ons sien op die kaart by ontvangs dat daar elke dag baie wild gesien word op die S1 pad na die Phabeni hek. Ons vertrek weer vroegoggend, en gaan maak eers 'n draai by die wildskuiling net buite Skukuza. Daar was net baie water dikkoppe te sien. By die afdraai na die Phabeni pad is baie voertuie geparkeer. Dit was toe skynbaar 'n luiperd met twee welpies wat daar gesien is. Ons was net te laat om hulle te sien. As ons nie by die skuiling was nie, sou ons hul wel gesien het. Weer die "luck of the draw".  Jy moet op die regte tyd op die regte plek wees anders sien jy niks.

Op die pad na die hek sien ons darem 'n hele aantal olifante, zebras, buffels, kameelperde, baie rooibokke en hier en daar 'n blouwildebees. Ons kon nie die renosters te sien kry nie, alhoewel hul visitekaartjies oral te sien was. Ons sien weer 'n aantal Berghane en 'n groot klomp Bruinkop papegaaie. Dit was meer diere as al die ander dae saam by Skukuza. Oral op hierdie pad ry dosyne van die wildbesigtigings voertuie rond met buitelanders en dit val ons op dat van hulle ons nogal herinner aan Johannesburg se minibus taxis.

By die Phabeni hek is hul besig om 'n nuwe ingang en ontvangsgeboue te bou. Dit gaan baie mooi en netjies lyk as dit klaar is. Dit is seker vir 2010 se sokker-besoekers.


    Nuwe ingang by Phabeni hek                       Albasini ruines

Dag 88
26/05/2009

Teen 06:00 was ons seker die 20e motor in die ry by die hek, met net soveel voertuie agter ons. Ons praat van voertuie want die meeste is Sandton 4x4's. By die kruispad buite die hek draai almal na links terwyl ons weer die Phabeni pad neem. Dadelik wonder ons of ons vandag alweer die BIG 5 gaan mis omdat ons op die verkeerde pad is. Net een motor gaan in ons rigting. By die afdraai na Phabeni beweeg ons baie stadig op soek na die luiperd wat hier rond boer. Twee "minibus taxis vol buitelandse toeriste" kom by ons verby - gelukkig - en een sien sowaar die luiperd vlak langs die pad. Ons kon by hul stilhou en van 'n effense hoogtetjie die luiperd baie mooi in die oop veld onder ons sien stap. Sy stap paralel met die pad en ons volg. Sy verdwyn later in die gras en bosse. Soms sien ons haar weer, soms sien ons net die gras beweeg, soms net die wit kwas van haar stert. Dit was nog te skemer om 'n behoorlike foto te neem. Die mense op die wildbakkies was lekker hoog en hul kon die luiperd behoorlik daar van bo af sien. Ons was te laag om haar die hele tyd te sien. Dit was eienaardig dat daar net twee wildbakkies by ons was toe ons die luiperd sien, maar binne sekondes was daar seker 7 van hulle. Hoe hulle so gou op die toneel verskyn bly 'n raaisel.

Ons volg later die pad na Tshokwane, en sien 'n renoster, baie buffels op die pad, asook baie olifante in en oor die pad. Ons moes nog net 'n leeu sien om op een oggend al die BIG 5 te sien. Langs die pad was ook heelwat kameelperde vlak by die pad, asook 'n hiena wat skynbaar gewoond daaraan is om uit voertuie gevoer te word, want hy staan nader aan die motors soos hulle nader kom. Hy was glad nie menssku nie, en was later styf teen ons motor. By Tshokwane nuttig ons 'n Bosontbyt vir R26 wat werklik die geld werd was. Hier is weer baie ape en hul kom steel kos van die mense se tafels af waar hul hul kos voorberei.

Op pad terug doen ons by Orpendam aan, maar daar was niks te sien nie. Teen 12:00 was ons weer terug in Skukuza


                   Hiena                                              Dwerg Muishondjies                                  Ek en my Ma

Later daag Mike en Helen ook op, en vertel vir ons dat hulle op die pad na Orpendam, maar uit die noordelike rigting, 'n luiperd in die boom gesien het. Hulle het baie fotos geneem, en 'n paar word met toestemming van Mike hier geplaas. Ons was dieselfde tyd by Orpendam en seker nie 'n kilometer van die luiperd nie.


                                                                                               Luiperd Fotos © Mike Mac Naught


              Bromvoels                                             Water Dikkop                                      Breekop Arend

Dag 89
27/05/2009

Ons is weer net na 06:00 by die hek uit en gaan soek weer die luiperd op die Phabeni pad. Ons is die keer alleen op die pad en ry stadig. Ons sien egter die keer niks. Ons draai af op die Watergat pad (S65), 'n grondpad, en ry stadig. Skielik kom 'n minibussie teen geweldige spoed van agter aangejaag met 4 motors op sy hakke. Ons besef hier voor is iets en sit hul agterna  - soms teen 60 km/u. (Ek weet die spoedgrens is 40). Ook nie lank nie of die remligte gaan aan en hul stop. In die pad sien ons eers net 1 leeu, en later twee. Die motors blokkeer die pad sodat ons net deur 'n klein opening tussen hulle deur die leeu sien. Die mense raak regtig varkerig by so 'n sighting! Ons probeer omdraai, maar hulle druk ons vas en ry weer terug. Toe hulle stop wurm ons ons net so varkerig tussen hulle deur sodat hulle moes padgee of hul word gestamp. Toe ons los voor is, sien ons 5 leeus al met die pad langs stap en ons bly op hiul hakke met so 12 motors agter ons.Die keer maak ons seker hulle kom nie by ons verby nie. Ons volg die leeus vir seker so 800 meter padlangs voordat hulle die bosse in verdwyn. Dit lyk of dit 'n goeie plan is om die minibussies te agtervolg want op 'n manier  kontak hulle mekaar (per radio?) oor sightings

Ons leeu totaal is nou 19, luiperds 2 

 

VOLGENDE