Solitaire

19 September 2014

Gedurende die laat middag begin die wind weer waai en waai sterk dwarsdeur die nag. Toe ons moet oppak om te ry, kan ons beswaaarlik die tent opgevou kry. Van die kant sye  moes maar opgefrommel word en in die kampwa ingeprop word. Die seile bult uit soos 'n ballon in die sterk wind.

Van Sesriem is dit so 70 kilometer na Solitaire. Die grondpad is in goeie toestand en ons vorder fluks.

Ons bereik Solitaire, 'n klein gehuggie met 'n lodge, restaurant, bakkery en vulstasie. Hiervandaan is dit sowat 230 km tot in Walvisbaai deur die Namib Woestyn, en daar is niks tussen Solitaire en Walvisbaai nie.

Ons gaan na die bakkery / restaurant en koop van die appeltert waarvoor Solitaire beroemdheid verwerf het. Ons ontmoet vir Jacobus, een van die drie bakkers, en hy bedien ons met 'n groot sny appeltert. 'n Groot sny appeltert kos N$30 en twee kartonnetjies tee N$15 elk. Daar is baie uitlanders en ander toeriste wat almal daar aandoen en iets koop om te eet.

Namib Woestyn pad Namib Woestyn pad Namib Woestyn pad Namib Woestyn pad
Namib Woestyn pad Solitaire Solitaire Solitaire
Solitaire Solitaire Solitaire Jacobus se appeltert
     
Appeltert en tee      

Na 'n verposing vat ons die woestynpad weer aan. Hoe verder ons ry, hoe yler word die plantegroei totdat dit naby Walvisbaai net rooi sandvlaktes is

Ons gaan eers deur die Gaub Pas waar die helling steil is. Anderkant raak die omgewing al meer sand en minder plantegroei. Later gaan ons ook af met die Kuiseb pas tot onder in die rivier, oor die brug en weer anderkant teen die steiltes uit. Hierna word die woestyn al dror hoe verder ons ry. Ons kry darem 'n koelteplekkie waar ons kon stop om te eet en te rus - die enigste op daardie lang pad. Hiervandaan is dit droog, droer, droogste tot in Walvisbaai, waar dit net rooi sand en sandduine is.

Gaup Pas Namib toneel Namib toneel Namib toneel
Kuiseb Pas Kuiseb Pas Kuiseb Pas Kuiseb Pas
Enigste koelteplek deur woestyn Namib toneel Namib toneel Namib toneel
 
Namib toneel Namib toneel Namib toneel  

Die grondpad word al beter en later voel dit asof ons op 'n teerpad ry.Oor die algemeen is die pad, behalwe vir seker so 19 km waar dit herbou word, in 'n uitstekende en rybare toestand.Voor ons ry 'n wit bakkie, en skielik kies hy koers die woestyn in en stop in 'n hengse groot stofwolk. Sy agterband het gebars en moes vervang word. Hoe hy die bakkie weer daar uit die los woestynsand gekry het, weet nugter. Ons kon nie help nie. Vroeg middag kom ons aan in Walvisbaai en gaan verder deur na Swakopmund waar ons by Martyn en Rita du Plessis oorbly

Tuisblad   :  Namibia Reisplan   Vervolg