sossosvlei / sesriem

15/09/2014

Vroeg-oggend vertrek ons van Autabib en ons ry met die C15 grondpad tot naby Garib Ost en draai dan regs weg op die grondpad tot by Rehoboth. Dit is ongeveer 90 km en die grondpad en lekker gelyk en hard geskraap.

Op Rehoboth maak ons weer al die brandstof-tenks vol, en aanvaar hul my debietkaart by die Shell Garage. Dan vort na Nauchas op die baie goeie grondpad. By Nauchas aangekom, haak ons die kampwa by die Poliesiestasie af en ry net met die Tuscan om teen die Spreetshoogtepas af te ry. Besoelers word sterk afgeraai om met 'n sleepwa / karavaan ens daar af te gaan. Die pad is so steil dat hulle die hele pas met plavei-steentjies uitgevoer het. 'n Hele 4 kilometer ver. Die haarnaald-draaie is baie skerp en die gevaar bestaan dat die sleepwa die sleepvoertuig om die skerp draaie sal laat knipmes. Die uitsig bo van die pielniekplek op die kruin van die pas is ongelooflik mooi. Jy kan baie ver oor die vlaktes sien.

Toe ons onder kom, draai ons weer om en ry die pas teen die steil helling uit. Ek dink nie ons sou met 'n sleepwa daar uitgekom het nie. Ente moes ons in eerste rat ry. Teen die pas en by die stilhouplekke was baie oorsese toeriste in toerkombi's

Ons doen op pad terug aan by die Namib Grens gasteplaas. Ons vra of hul vir ons bietjie tee en broodjie kan gee. Eers was hul effe huiwerig, maar later kom gesels die eienaar, Dirk, land en sand met ons en kuier ons tog te lekker met hom en sy vrou.

Terug by Nauchas polisiestasie, haak ons weer die Kampwa en neem die roete via Remhoogtepas na Solitaire en uiteindelik Sesriem. Dis 'n weie draai, en op een plek moes ons om 'n moddergat, wat deur 'n fontein gevoed word, ry. Van die paaie is lekker glad en hard, maar daar was ook maar heelwat stamperige paaie.

Ons ry die meeste van die dag in bewolkte weer. Ente-ente reen dit sagweg.Toe ons by Namib Grens wegtrek was die buite temperatuur maar 19C

Ons kom so teen 15:30 by Sesriem aan na 365 km se grondpaaie. Ons kampplek is by die Sossus Oase wat net buite die hek van die pad na Sossusvlei is. Ongelukkig is dit nie binne die hekke nie, en kan ons dus eers met sonop deur die hekke gaan, en dan moet ons nog 50km teerpad ry. Ons sal dus nie die sonsopkoms oor die duine kan sien nie. As jy binne die hekke oorbly, kan jy vroeg genoeg na die duine ry om die son te sien opkom. Ons was nie bewus ons kamp buite dien hekke nie.

Vroeg-aand steek daar 'n storm op. Die donderweer dreun en dit reen sommer lekker hard. Deur die nag  tref 'n stormsterk wind ons en die tent weerstaan darem die eerste toets. Hier is baie muskiete en hul dra jou behoorlik weg. Jy slaan sommer so 5 op 'n slag teen jou lyf dood!

Ingang Namib Grens Spreetshoogte pas Spreetshoogte pas Spreetshoogte pas
Remhoogte pas Remhoogte pas Fontein in woestyn Onder remhoogte pas
Moon Mountain Lodge Ons kampplek Sossus Oase Sossusvlei Lodge Sossusvlei Lodge
   
Sossusvlei Lodge      

16 September 2014

Dis nog steeds bewolk en ons besluit om maar die oggend verkeer in die park in, te mis en later te gaan kyk hoe lyk die Canyon en voels te soek. Die duine moet mens in die sonskyn sien

Eers ry ons na die Elim Duin digby die inganf op soek na die Dune Lark (Duine lewerik). Ons sien egter net Namaqua Sandgrouse langs die pad. In die lekker koeltebome by die duin sien Elsie darem 'n Spotted Eaglew Owl, maar geen Duen Larks nie

Dan maar aanstoot na die Sesrien Canyon. Dit is diep spoelslote wat baie jare gelede deur watermasssas veroorsaak is. Die water sou hiervandaan afloop na die Sossusvlei, wat hedendaags droogf en versteen is.Ons klim mjet die baie trappies af tot onder in die Canyon en stap al dieper die Canyoun binne. Die kante is ho grond walle wat al nouer en nouer word hoe verder jy instap tot waar dit in ingevalle rotswande vasloop en jy moet omdraai. Onder in die Canyon is op plekke nog waterpoele.Met die uitkom bou ons vir ons ook 'n klipstapel tussen al die ander dosyne klipstapeltjies

Af met trappe tot in Canyon Loodregte walle Diep uitgekalwe

Dit is 'n bewolkte koel dag en ons besluit om die park dieper in te verken. Die teerpad van die hek is 60km tot by die parkeerplek net voor Dooie See. Ons ry verbyn Duin 45 waar daar baie mense is. Ons bekykm die terreien om te sien waar die mooioste fotos geneem kan word as ons die volgende dag met sonop daar aankom..

Op pad na die Dooie Vlei sien Elsie twee Dune larks langs die pad en kon ons hul mooi bekyk en ook afneem.

By die parkeerplek is baie "shuttels" wat die toeriste hiervandaan vir die volgende 5 km deur die los sand neem tot by die Dooie see. Die gidse s ons kan maar ry, die Tuscan sal dit maak. Wel, toe ry ons!. Die sand is los, maar ons sit die kar in 4X4 en eerste rat en hou net al in die spore van vorige motors. Dit reen sagweg en die sand is bietjie vaster. Ons bereik sonder veel drama die parkeerplek by die Dooie vlei. Daarvandaan is dit voetslaan tot by die vlei. Die bordjie is bietjie misleidend en s dis 11 km. Dis egter "net" 1.1 km oor die duine op en af tot ons oor die laaste hoe duin kom en die vlei onder ons sien

Eenkant van pad bergreekse Anderkant net sandduine Rooi duine Ons klipstapel
Duin 45 Stappers teen Duin 45 Stappers teen Duin 45 Ons klipstapel
Dooie Vlei Oor die duine op pad na Dooievlei Oor die duine op pad na Dooievlei Ons moet nog oor daardie duin
Dooie Vlei Dooie Vlei Dooie Vlei Dooie Vlei

Terug by die kar wou ons net terugry, maar toe vertel die een gidse ons kan nog so 600 meter verder deur die sand ry tot by die Sossusvlei. Ons vat die los sand weer aan en beland toe by Sossusvlei, 'n groot plat versteende moddervlei. Ons vat die verkeerde (kort) pad terug tot by die Dooie Vlei en daar het die Tuscan gewys wat in hom steek. Ons het so byna op die middelmannetjie vasgesit, maar deur maksimaal te versnel, is ons deur en weer veilig tot by die teerpad.

 
Sossusvlei Sossusvlei Sossusvlei  

Teen laat middag steek daar weer 'n sterk wind op en swaar donderweer kom aangerol. Dit blits en dreun in die Westelike deel van die park

Ons was bevoorreg om donderstorms te beleef hier op die rooi duine van die Namib. Iets wat nie sommer in hierdie wereld gebeur nie. In die aande het die Here ons trakteer met sy eie vuurwerkvertoning met blitse wat uitslaan op die horison. Ons kon die hele aand daarna kyk in 'n radius van 180. Die eerste twee dae het ons elke dag sulke stofnat buie beleef

 

Tuisblad   :  Namibia Reisplan   Vervolg