Spioenkop Dam

Johann en Elsie Kritzinger toere - Tiffendel Ski oord

28/12/2016

Spioenkop Dam

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand : 120 km

Dit is maar 'n renerige dag as ons vertrek om te gaan kyk hoe dit lyk by die Spioenkop dam.

Ons ry met die grondpad tot by Bergville en langs die pad sien ons 'n hele aantal voels om by die triplys te voeg. By Bergville draai ons suidwaarts op die R74 in die rigting van Winterton. Net voor Winterton draai ons weer links weg op die R600 in die rigting van Ladysmith. Ons bereik die ingang na Spioenkop dam en gaan met ons Wild Kaarte gratis in.

Ons besoek die piekniekplek en eet 'n klein ontbyt. Daarna ry ons met die sirkelroete deur die park en sien weereens 'n klompie nuwe voels vir die toer. verder sien ons 'n groterige troppie Kameelperde met kleintjies, Blesbokke, Blouwildebeeste, en Impalas.

Met die terugkeer ry ons eers in die rigting van Ladysmith, en dan terug na Geluksburg. Die grondpad na geluksburg is in ;n beter toestand as die een na Bergville, en ons sal hom more ry as ons die toer voortsit

Spioenkop Dam Lee Spioenkop Dam Ingang na Park
   
Baba Kameelperd drink aan ma    
     
     

Tuisblad        Toerprogram       Volgende