st lucia

 

20 Oktober 2013

Na ontbyt by Umhambe Lodge, groet ons die bruilofsgaste en vertrek na St Lucia. Volgens die weervoorspelling is reen weer ons voorland.

Ons is bespreek by "The Bridge" vakansie oord en maak onsself daar tuis. Later ry ons deur die dorp en tot by die riviermonding. Die monding is toe en ons kon stap tot waar die Sterretjies oornag. Ons soek die Roetsterretjie (Sooty Tern) wat onlangs hier gesien is, maar kon dit nie kry nie. Dit kom meer algemeen nader aan en in Mosambiek voor.

21 Oktober 2013

Dit reen periodiek saggies en ons hoop die weer klaar op vir die res van die week. Gedurende die middag tref 'n hewige donderstorm ons en reen dit daarna aanhoudend saggies.

Ons hoor van Gerrit Lotz op Tugela (sien "Tugela" webblad) dat die Dwerg Visvangers sowel as die Klein Byvreters wie se neste toegeval het as gevolg van die reen, nerens te sien is nie. Dit is 'n groot teleurstelling.

22 Oktober 2013

Dit reen weer lekker sterk. Die weervoorspelling s dit sal teen 11:00 ophou, en ons besluit om hul voorspelling te vertrou. Ons ry hier weg in die reenweer, betaal ons R110.00 fooie by die Greater St Lucia Wetland Park en ry stadig tot by Cape Vidal. Ons kon vir die dag se moeite 8 vols op ons triplys byvoeg. Die een waaroor ons die blyste was, was die Groen Kolpensie (Green Twinspot). Ons vra vir al die werkers by die kamp by Cape Vidal, maar nie een verstaan wat ons wil he nie. Ons stap toe maar deur die houthuis area en vra vir die toeriste of ons daar kan rondkyk. Hul stuur ons na no 29 waar daar "honderde" van die voltjies is. Toe ons by no 23 kom, is die hele wereld vol van die Kolpensies en die Gryssies (Grey Waxbill). Wat 'n fees om hulle te kon bekyk.

23Oktober 2013

Ons verneem van Trevor Hardaker dat die Roet Sterretjie (Sooty Tern) steeds by die monding van die St Lucia meer gesien is. Vir die soveelste keer stap ons langs die meer tot waar die St Lucia Meer saam met die Mfolozi Rivier in die see uitmond. Dis 'n hele ent oor die sagte sand. Weereens is ons moeite tevergeefs. Later hoor ons dat dit wel die middag daar gesien is. Ons gaan soek toe maar vir die Rooibektiptol (Bush Blackcap) in die GwalaGwala bos. Weereens loop ons 'n bloutjie. Ons sien darem as troosprys die Groenvleiloerie (Green Malkoha) en kon 'n paar fotos van hom neem.

Die aand bederf ons onsself met Sushi teen halfprys in John Dorys en eet sommer 'n groot verskeidenheid disse.

24 Oktober 2013

Om die week hier af te sluit reel ons dat 'n gids ons rondneem. Ons bespreek vir Larry O'Dell (082 394 9543) en hy neem ons vroegoggend rond in sy voertuig. Uiteindelik sien ons toe in die bos die Rooibektiptol en as bonus sommer ook die Geelvleknikator (Eastern Nicator) en Bosloerie (Nerina Trogon).

The Bridge Woonstel                                        Monding van St Lucia Rivier - droog                                                        Larry O'Dell - volgids

Ons wend 'n laaste poging aan om die Roetsterretjie te sien en stap in 'n baie sterk wind die ongeveer 1 km na die monding van die Mfolozi rivier. Die Sterretjies skuil almal agter die duine, maar tussen die honderde van hulle was die een Roetsterretjie weer nerens te sien nie.

Toe ons Maandag hier was, het die see sterk opgestoot in die rivier tot in die St Lucia meer.Vandag egter was die rivierloop kurkdroog en was daar net 'n paar waterpoele oor. Die reiers baljaaar in die poele omdat baie vissies daar vasgekeer is.

 

Volgende            Tuisblad