Home:  Toer 1  
 

Standerton, Volksrust

STANDERTON (p301)

Agtergrond Die dorp is gele aan die oewer van die Vaalrivier en is in 1878 gestig. Die dorp is vernoem na kommandant A. H. Stander, die oorspronklike eienaar van die plaas Grootverlangen waarop die dorp gele is.

Besienswaardighede is die Grootdraaidam, die Natuurreservaat by Standerkop en die Krugerbrug oor die Vaalrivier

 

 

 

 

Toer dagboek:

15/01/2007. Dit is 'n groot dorp met bre strate en mooi huise in die woonbuurte. Daar is verskeie gerestoureerde ou huise soos op die foto hierbo.

Elschen, die hospitaal word tans opgeknap. Groot dele is afgebreek en rondom is die terrein afgesper met sinkplate. Ons wou foto's neem, maar die wagte wou ons nie toelaat nie. Die koffiehuis waar ons altyd gekuier het, is nou 'n gaste huis soos op die foto.

Ons het ook oor die ou Krugerbrug gery wat in 1891 gebou is. Dit was die eerste brug oor die Vaalrivier. Sien die mooi klip pilare op die foto.

Die pad na Volksrus is in 'n baie swak toestand en word vertrap deur honderde taxis en groot vragmotors. Hul gebruik die roete om die tolpaaie na Durban te vermei

 

------------------------------------------------------------------

VOLKSRUST (281) 

Agtergrond: Die dorp is in 1889 gestig. Die dorp is sowat 15 km van waar die slag van Majuba tussen die Boere en die Britte plaasgevind het. Die dorp het sy naam gekry deurdat die Boere na die Slag van Majuba daar gerus het.

Besienswaardighede is die Konvensie brug se oorblyfsels, en twee monumente wat die twee oorlo tussen die Boere en Brittanje gedenk

Toer dagboek:

15/01/2007. Dit is 'n kleinerige plattelandse dorp met nie veel om te besigtig nie. Selfs die inwoners weet of nie van besienswaardighede nie, of s dat daar nie te veel te sien is nie. Ons het wel 'n foto van die gedenksteen vir die vroue wat on die konsentrasiekamp gesterf het

 

Tuisblad     Volgende