stellenbosch

 

30 Augustus 2013

Ons lees vanoggend in "Die Burger" (Kaapse koerant):

Die week se swaar ren het gister sy tol op Kaapse paaie geis en vandag l moontlike donderbuie en erge koue voor. Behalwe dat dit ng gaan ren en waarskynlik op die ho pieke gaan sneeu, styg die kwik op min plekke in die provinsie vandag bo 13 C. Die son maak eers Sondag net n vinnige gasverskyning voordat die ren Maandag voortduur (Die Burger)

Ek is so bly ons woon in Gauteng !!

 Op pad van Piekenierskloof na Stellenbosch sien ons die donker reen en sneeu wolke oor die berge en plek-plek kan ons die sneeu op die bergpieke sien l. Dis maar erg koud en renerig. Ons trek weg in die reen, en later klaar dit darem op sodat die son plek-plek skyn. Ons ry tot in Stellenbosch waar ons 'n paar dae sou oorbly.

Ons is veronderstel om more met die boot vanaf Simonstad ongeveer 40 km uit te vaar om na seevols te gaan soek, Soos die weer en golwe nou is, sal ons verseker nie uitgaan nie. Ons hoop om dan volgende naweek plek op die boot te kry.

31 Augustus 2013

Dit reen onophoudelik die hele dag. Ons besluit om in die omgewing te gaan rondry, San-Marie neem ons eers na die Franschhoek Motor Museum. Die groot aantal ou motors wat daar uitgestal word slaan mens se asem weg. Almal is in puik toestand en pragtig blink gepoleer.

Franschhoek Motor Museum

Dan na twee van die naby gelee wynkelders om te gaan wyn proe. Ons doen eers aan by Backsberg waar ons 5 rooiwyne en n soetwyn proe.

Backsberg Wynproe

Dan na Muratie. Die wynproe lokaal is in n ou murasie en die spinnerakke hang oral en is al swart van die stof. Die atmosfeer wat dit skep is die plek se trekpleister

Ons koop van die wyne om op ons toer saam te neem . Hopelik kom daar van die wyn wel in Johannesburg uit.

 

Muratie Wynproe

Ons boottrip is van die baan. Ons is belowe dat ons volgende naweek wel 'n plek op die boot sal he. Later die aand bel ons vir Trevor Hardaker, en hy deel ons mee dat ons wel more (Sondag) sou uitgaan en dat ons hom in Simonstad se hawe moet ontmoet. Ons hoor agterna die kinders het die hele nag gebid dat ons weer veilig sou terugkeer en hul kon nie glo dat ons wel die boottrip sou meemaak nie !

1 September 2013

Ons was bespreek om Saterdag op die bootrit te gaan om seevoels te kyk. Die weer was te sleg en die trip is uitgestel tot Sondag.

Nadat die weer oornag opklaar, vertrek ons net na 07:00 vanaf  Simonstad met die Zest 11, 'n torpedo-boot uit die Tweede Wereld-oorlog om seevoels te gaan soek. Ons gidse was Trevor Hardaker, John Graham en Peter Ryan. Ons is twaalf pasasiers, die skipper, die drie gidse en 'n bemanningslid op die boot. Aanvanklik was die see redelik kalm en is die deinings nie te erg nie. Die see rondom Kaap Punt was maar rof, maar ons het gelukkig waterdigte klere saamgebring. Die sproei is lasting, maar ons bly redelik droog. Aangesien ons meegedeel is dat die see later rof gaan word, is ons kameras veilig onder in die ruim gelaat. Ons ry verby Kaap punt en kry na 3 uur se ry ver die diepsee in suid van Kaap Punt n vissersboot besig om vis te vang. Daar is letterlik duisende voels wat aas agter die boot aan. Ons volg die vissersboot vir sowat twee ure en het genoeg tyd om die voels te bekyk. Die gidse wys die verskillende voels wat teen 'n dik spoed verby ons vlieg vir ons uit, maar die boot skommel so dat dit moeilik is om fotos te neem. Daar is ook nie tyd om name af te skryf nie, en die boekie sal in elk geval nat spat.

Voor ons omdraai terug Simonstad toe, bedien hul toebroodjies en koeldrank vir die aanwesiges. Een Fransman wat die helfte van die tyd katte geskiet het, het liewers niks ge-eet nie.

Ons wag nou op die trip rapport om te sien wat ons alles daar raakgeloop het.

Op pad terug na Simonstad sien ons 'n paar walvisse naby die boot en ons gaan weer net na 16:00 aan wal. Dit was nogal n snaakse gevoel om weer op land te wees en te voel hoe die grond onder jou heen en weer wieg!

2-3 September 2013

Ons kuier by die kinders en is rustig by die huis

4 September 2013

Die weerburo  beloof sonskyn, en ons gaan na Kirstenbosch om te kyk of ons die Oranjebors Suikerbekkie te siene kan kry. Ons ry van Stellenbosch en hoe nader ons aan Kirstenbosch kom, hoe meer trek die wolke saam. Ons betaal ons toegangsgelde en begin om deur die tuine te stap. 'n Onbegonne taak om vir 'n spesifieke voel in die groot tuine te soek. Ons kry 'n buitelandse toeris wat ook met 'n verkyker rondloop, en begin gesels. Sy vertel dat sy ;n rukkie gelede die Suikerbekkie in die Protea Tuin gesien het. Ons kry aanwysings hoe om daar te kom, en kies koers daarheen.

Langs die pad daarheen stap ons verby 'n boom waar 'n mannetjie Gevlekte Oor Uil (Spotted Eaghle Owl) op die tak sit en slaap en sy wyfie op die nes onder die boom, net agter 'n paar groot rotse, sit..

Nadat ons n groot aantal trappe geklim het tot bo by die Protea tuin, wag ons op n bankie vir die voeltjie om na vore te kom. Net n klein rukkie se wag het dividende opgelewer en hy vertoon homself in al sy glorie op die Proteas net voor ons. Ons drentel verder deur die tuin, maar sien nie verder enige nuwe voels nie.

Hierna ry ons na die Strandfontein rioolplaas waar daar glo baie voels is. Behalwe vir n baie mooi groep Flaminke, is ons teleurgesteld met die voel spesies wat ons daar sien. Die reuk was nogal oorweldigend

8 September 2013

San-Marie neem ons na De Oude Bank Bakkerij waar ons van die heerlike vars gebakte brode van Fritz Schoon saam met ontbyt eet. Fritz se storie is te sien op http://www.capetownmagazine.com/oude-bank-bakkerij. Die bakkery is in die ou gebou van die Stellenbosch Eksekuteurskamer. Op 'n later stadium sou ons een van die Suurdeeg (Sour Dough) brode kom koop en sy ontbyt dupliseer vir 'n smaaklike ontbyt.

15 September 2013

Ons het die afgelope tyd in Bloubergstrand deurgebring waar ons na die twee kleintjies van Kobus en Vasti gekyk het. Ons het te lekker met hul gespeel. Klein Gizelle het ook haar derde verjaarsdag saam met baie maatjies gevier

 

Vervolg             Tuisblad