Stellenbosch

 

22/02/2016

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand:   193 kilometers

Op ons roete vandag ry ons weer oor 'n aantal passe om tot by Stellenbosch uit te kom.

Ons vertrek van Franskraal en ry met die R43 deur Gansbaai, verby Hawston en Stanford en beland dan in Hermanus. Daar gaan besoek ons die ou hawe gebied en sien al die standbeelde wat daar langs die wandelroete opgerig is. 'n Baie groot skool Dolfyne swem voor ons verby en baljaar in die branders.

Hermanus - Ou Hawe Standbeelde op wandelroete
Standbeelde op wandelroete Standbeelde op wandelroete

Net anderkant Hermanus, by Sandbaai, draai ons weg op die R320 wat ons deur die Hemel-en-Aarde gebied met sy rye en rye wingerde sou neem. Dit is werklik 'n mooi omgewing, baie anders as in die jare 70 toe Johann hier in Caledon gewerk het.

Ons ry oor die Hemel-en-Aarde pas, en later ook oor die Shaws Mountain Pass voordat ons Caledon bereik. Ons ry deur die dorp en beland dan op die N2 hoofweg na Botrivier.

Net voordat ons weer wegdraai op die R43 ry ons oor die Langhoogte pas, en doen ons aan by die Dassiefontein Padstal. Wat 'n belewenis. Daar is letterlik duisende artikels te koop en jy loop uit die een kamer na die ander, en deur die stoor wat tot barstens toe vol gepak is.

Dassiefontein padstal Dassiefontein padstal Dassiefontein padstal
 
Dassiefontein padstal Dassiefontein padstal  

Ons neem dan die R43 wat ons in die rigting van Villiersdorp neem. Ons ry  oor die Floorshoogte pas, en oor die damwal van die Theewaterkloof dam. By die T-aansluiting naby Villiersdorp, draai ons links weg op die R321. By die dam, draai ons dan weer regs op die R45 wat ons oor die Franschhoek-pas tot by Franschhoek neem.

 
Franschhoek vallei Franschhoek van kruin van Franschhoek-pas N G Kerk
Huguenote Monument Huguenote Monument  

By een van die straat-kafees drink ons iets en loop deur van die winkeltjies. Daar is baie buitelandse toeriste in die dorp en sake vorder seker fluks met die sterk dollar en pond se waarde.

Dan draai ons links op die R310 wat ons deur Pniel en oor die Helshoogte-pas neem. Ons bereik Stellenbosch en gaan na San-Marie se townhouse waar ons vir 'n week sal oorbly.

26/02/2016

Beyerskloof wynlandgoed is bekend vir sy Pinotage wyne. Ons bring 'n besoek aan die kelder, en word op 'n toer deur die kelder geneem. Na 'n wynproe-sessie skaf ons 'n paar bottels van die rooi goud aan, en sal langs die pad wel 'n geleentheid kry om hiervan die geniet

Beyerskloof Landgoed Duisende liters Pinotage Die wit Chenin Blanc - Pinotage

28/02/2016

Vandag besoek ons Spice Route naby Paarl. Dit is 'n pragtige plek met lowergroen bome en baie winkeltjies om deur te stap. Van die terrasse het mens 'n pragtige uitsig oor die wingerde met Tafelberg in die verte

Tafelberg in verte Wingerde teen berg as agtergrond Skaduryke bome
Johann en Elsie San-Marie en Elsie Glas-blaas ateljee

Vir middagete besoek ons die Simonsig landgoed. Die restaurant bedien die heerlikste en smaakvolste kos denkbaar.       

Simonsig Simonsig se wingerde Uitsig vanaf retaurant

 

Tuisblad              Tankwa Toerskedule      Volgende