Stilbaai

8 Januarie 2015

Vanaf Franskraal neem ons roete ons eers met 'n teerpad tot by Die Dam. Langs die roete sien ons 'n groot aantal Steppe Buzzards (Bruin Jakkalsvoel) , en 'n paar Jackall Buzzards (Rooiborsjakkalsvoels) Vanaf Die Dam is dit 'n redelike goeie grondpad tot by Elim.

Haai bote by Franskraal Swart Tobie

Elim is 'n ou Sendingstasie dorpie met baie mooi huisies al langs die hoofstraat.

Morawiese Kerk - Elim Elim Elim Elim

Daarna is dit 'n teerpad tot by Bredasdorp waar ons die motor vul en ontbyt eet.

Dan weer grondpad tot by De Hoop Natuurreservaat. Toegangsgeld is R40 per persoon (pensionaris ingesluit). Ons wou aanvanklik daar oornag, maar die plek was vol besspreek en uitermate duur. Ons ry stadig deur die park op soek na voels, maar is baie teleurgesteld. Dis effe bewolk met 'n matige wind wat waai, en ons sien omtrent geen voels nie. Die vlei is diep en dan is daar ook nie strandlopertjies nie. Die padkaart wat hul vir ons gee, toon aan dat mens tot by Die Mond kan ry, maar die pad is gesluit met slot en grendel, en ons draai maar om. Ons besoek Koppie-Alleen ,waar 'n groot aanral besoekers die hele parkeer area vol staan. Daar is baie buitelanders in die park wat seker die gebrek aan akkommodasie verklaar.

Koppie Alleen - De Hoop natuurreservaat Pont by Malgas   Pont by Malgas   So word pont getrek

Die grondpad neem ons verder tot by Malgas waar ons oor Breerivier met een van die min werkende ponte oorsteek. Die fooi is R45.00 per voertuig. Voor ons gaan twee voertuie oor saam met 'n aantal beeste. Die pont kan 3 voertuie gelyktydig oor die rivier neem. Op die oewer van die rivier by die pont is die Malagas Hotel. Volgens die groot hoeveelheid voertuie by die hotel moet dit 'n gewilde plek wees.

Ons ry al langs die rivier kuswaarts tot by Witsand. Witsand le aan die monding van die Breerivier. Ons soek 'n eetplek, maar die plekke wat Garmin aandui, is of toe of bestaan nie.

Dus maar verder met die teerpad ry tot by Heidelberg waar ons die rooi stof van die ruite afspoel en iets te ete kry.

'n Halfuur later arriveer ons by Stilbaai.

12 Januarie 2015

Vanaf Stilbaai kan mens met 'n grondpad deur Melkhoutfontein, binnelands al langs die see ry tot by Gouritzrivier Mond. Die pad is goed gebou en langs die pad is daar duisende Protea plante. Van die blomme is reeds (of steeds) oop en dit moet 'n pragtige gesig wees as dit in volle blom is. Hier tref ons ook 'n groot aantal Jackall Buzzrds aan wat op die telefoonpale sit en uitkyk vir prooi. Die roete is ongeveer 55km, en naby Gouritzrivier mond word dit weer 'n teerpad.

Ons ry verby die Rein's Coastal Nature Reserve, maar die onbemande hekke is gesluit en ons kon nie in gaan nie. Dit blyk 'n privaat natuur reservaat te wees.

Ons bereik Gouritzrivir Mond en eet onbyt voor op die see waar ons 'n mooi uitsig oor die baai en riviermonding het.

 
Gouritzrivier Monding  

Van Gouritzrivier Mond kan jy vir sowat 10 km al langs die see in die rigting van Stilbaai ry. Dis 'n baie mooi pad wat byna net bokant die hoogwater merk en rotse gebou is. Hier sien ons ook baie roofvoels, en onder andere die Witkruisvleivalk (Black Harrier). By die oostelike ingang tot die Rein's Natuurreservaat draai ons weer terug en ry na Gouritzriviermond. Langs hierdie pad is daar groot, moderne huise en 'n Lodge gebou.

Ons roete terug is met die R325 tot by die N2 en dan weswaarts na Albertinia. Net voor Albertinia stop ons by die Aloe Ferox Plaas Winkel waar allerlei medikasie en rome van Aalwynsap ens vervaardig en verkoop word.

Dan gaan ons via die grondpad oor Hektorskraal terug na Stilbaai

19 Januarie 2015

Sowat 40 km wes van Stilbaai is die stranddorpie Puntjie aan die monding van die Duivenhoksrivier. Ons pak 'n piekniekmandjie en vertrek vroeg-oggend op pad na Puntjie. Tot by Jongensfontein is dit 'n geteerde pad, maar daarna 'n redelik goeie grondpad. Naby Puntjie is daar 'n toegangshek wat gesluit is en ons kon nie daar deur om tot by die huisies te ry nie. Ons kon deur die heining klim om bo van die koppie af fotos te neem. Die huisies is almal van die A-raam grasdak tipe en het 'n pragtige uitsig oor die rivier en die see.

Daarvandaan ry ons tot by Vermaaklikheid met die doel om daar iets te gaan eet of drink. Toe ons daar aankom is die plek toegegroei en tot niet. Van die bure vertel die plek is al jare tot niet. Gelukkig het ons kos saamgeneem as "versekeringspolis", en het dit goed te pas gekom. Langs die pad terug sien ons 'n familie Bloukraanvoels met twee pragtige rooikop klein kuikentjies wat daar loop en kos soek.

Ons ry maar terug na Jongensfontein en stop by die gety-poele Wes van Jongensfontein. Ons hou piekniek langs die see en hou die groot branders met springgety dop. Terug in Jongensfontein maak ons die laaste gaatjies in ons maag vol met 'n Softserve en Flake.

Terug in Stilbaai kom 'n heerlike dag-uitstappie tot 'n einde.

Monding van Duivenhoksrivier Puntjie Puntjie Puntjie
Ma en Kuikens Ouerpaar en kuikens Vermaaklikheid se gewese winkels Vermaaklikheid se gewese Restaurant
 
Groot Jongensfontein Groot Jongensfontein Groot Jongen

23 Januarie 2015

Dit is 'n pragtige oggend met die water wat soos 'n spieel doodstil met hooggety en springgety voor die huis le. Die son kom uit agter die ou kerksaal en kleur die wolke helder oranje.

Dan kom daar 'n misbank vanuit die see oor die rivier en al die geboue ens oorkant die rivier word weerkaats in die gladde water. Ons kon nie help om 'n paar fotos te neem vir Engela Knoesen wat die vorige dag moes teruggaan na Port Elizabeth nie. Dalk kom sy sommer weer terug !

Sonsopkoms by Stilbaai Weerkaatsing op die rivier Boot Jettie
Misbank rol in Wolke weerkaats op rivier Son weerkaats op rivier

3 Februarie 2015

Ons laaste dag op Stilbaai voor die lang tog huiswaarts. Ons sit vroegoggend op die stoep om te sien hoe die son net na 6 vm oor die randjie bokant die ou Kerksaal opkom. Die rivier is spieelglad en ons afskiedsdag beloof om 'n pragtige dag te word

Gisteraand het die amper volmaan 'n lang silwerstreep oor die rivier getrek.

Op die gladde rivier is daar heelwat aktiwiteite met roeiers wat die dag geniet. 'n Ouerige dame swem elke tweede dag die hele afstand van die rivier se mond tot by die boot-jettie (sowat 1.9km) en doen dit 3 maal agtermekaar. Sy swem tot hier voor die huis, stap weer terug mond toe, en swem weer al die pad. Sy swem die afstand sonder om een keer te rus. Wat 'n fikse dame !

Sonsopkoms Weerkaatsing Water sport Water sport
   
Langafstand swemmer Langafstand swemmer    
Volmaan

04 Februarie 2015

Dis 'n bewolkte dag met dreigende reenweer, so ons afskeid van Stilbaai was darem nie te swaar nie. Ons ry vandag tot in die Baviaanskloof.

 

Tuisblad        Weskaap toerplan    Volgende