stilbaai

 

18 September 2013

Van Franskraal ry ons via Elim (n Sending dorpie) en Bredasdorp tot by Stilbaai waar ons by Johann en Engela gaan kuier. Dis 'n grondpad en naby Baardskeerdersbos tot by Elim werk hul aan die pad en is daar verskeie stop / go vertragings. Die pad is omgedolwe en ons moet maar versigtig en stadig ry. Ons ry ook met 'n wye ompad om uiteindelik Elim te bereik

Elim is 'n ou Sendingdorpie en die hoofstraat is prentjie mooi met die ou huisies wat in 'n besonderse boustyl gebou is. Van Elim tot by Bredasdorp is die pad weer geteer en ons ry verby groot vleilande waar heelwat watervoels te sien is. Daarna ry ons via Swellendam, Heidelberg en Riversdal na Stilbaai. Naby Riversdal kan ons nie die "Sleeping Beauty" bergspits sien nie want die berg is met wolke bedek 

Dis volmaan en springgety en die rivier is kant en wal vol tydens hoogwater. Ons ry af na die vissershawe om te kyk of ons vis kan koop. By die hawe spoel die water om die geboue op die kaai. Mens moet jou  timing mooi he om droogvoet tot by die viswinkel te kan hardloop.

Ons koop n kabeljou vars uit die see by die vissershawe, en die aand bak ons dit in die swart pot op die oop vuur.

Die weervoorspelling vir die volgende paar dae is nie baie belowend nie.

23 September 2013  

Dis 'n mooi sonskyn dag en ons stap al langs die rivier af tot onder by die strandfront. Die huise op die seefront is in al die kleure van die reenboog geverf en is 'n baie mooi prentjie. Die strand is 'n lekker sandstrand en ons stap strandlangs tot by die vissershawe. Daar koop ons 'n Sunter vis en bel vir Johann om ons met die motor te kom haal.

       

Die aand braai ons weer die vis op die kole en geniet die vars vis. Heerlike ontspanne Stilbaai weer

 
       
       

'n Colage van aktiwiteite op Stilbaai

   
       

Die antieke visfyvers by Skulpiesbaai

24 September 2013

Ons neem vir Johann en Engela op 'n sirkelroete noord van Stilbaai waarvan hulle onbewus was. Ons ry in die rigting van Riversdal vir 16.7 kilometer vanaf die brug oor die rivier. Daar draai ons links af op die grondpad en op 8.6 kilometer bereik ons die laagwaterbrug oor die Goukou rivier. Onder by die rivier loop 'n helder stroom bruin bergwater wat uiteindelik onder by die see sal uitkom.Net anderkant die rivier draai die pad weer links af by 'n bordjie wat aantoon "Wild Olive" Die kronkel pad loop hoog op die rand al langs die rivier.

Ons ry in by die "Wild Olive" maar hoor die plek is al 'b geruime tyd gesluit. Ons maak maar piekniek op die grasperk langs die rivier.

 Dis 'n baie mooi roete en beslis die moeite werd om te ry. Die total afstand van die sirkelroete is ongeveer 48 kilometer

Ons besoek die Paling gat by Stilbaai

         

 

Vervolg            Tuisblad