Tuisblad:  Toer 8  
 

Riversdal, Stilbaai, Jongensfontein, Witsand, Malgas, Swellendam

 

STILBAAI

Agtergrond:  Die eerste erwe is in 1894 uitgemeet. In 1930 is die twee dele van Stilbaai met 'n pont verbind. In 1955 is 'n brug oor die rivier gebou en die pont het in onbruik geraak. Stilbaai is bekend vir die groot palings wat in van die vars strome in die omgewing aangetref word. Oorblyfsels van die vroeŽ Khoi inwoners is te sien by die baie visvywers en fuike wat langs die see aan die wes oewer te sien is.

Die dorp lÍ aan weerskante van die Goukourivier (VroeŽr was dit bekend as die Kaffirskuilrivier, maar die naam is verander omdat dit kon aanstoot gee)

Toer program

Dag 336
29/01/2010

Vroegoggend het ons die laaste kampgoed wat ons nie die vorige dag gepak het nie, weggepak. Ons gaan stort, eet ontbyt, en groet die bure in die karavaanpark. Ons haak die Fordjie en vat die pad, sowat 106 km, Stilbaai toe. Dit is weer 'n baie mooi dag, en ons is sommer vroeg al by Stilbaai. Ons pak af en rig die huis in vir die kuier van die volgende twee weke.

Dag 337
30/01/2010

Net na son-op stap ons al langs die rivier af tot by die vishawe. Daar kom bote in en hul laai 'n groot aantal kabeljou af. Die vangs laasnag was goed. Ons bestel twee kleinerige kabeljoue teen R45 /kg, en vra dat hul dit vir ons hou sodat ons die motor kan gaan haal. Die vis is te swaar en ongemaklik om al die pad huistoe te dra. Daar

Johann ry terug, en toe hy by die hawe aankom, was die vistermanbaas opgepak en weg. Gelukkig het ons nie betaal toe ons dit bestel het nie. Langsaan is 'n viswinkel wat ook vars vis verkoop. Hulle maak juis op daardie stadium die winkel oop, en Johann koop 2 mooi kleinerig kabeljou ook teen R45 / kg.

Die dorp se water is vreeslik brak en alles waarin water kom, smaak "aaklig". Daar is egter 'n winkel net oorkant die Spar (Die Oasis) waar mens jou leŽ kanne kan laat vol maak met heerlike vars water. Ons betaal R12 vir 15 liter heerlike vars drinkbare water.


             "Wind in the Willows"                   Little England - Stilbaai

          Goukou-rivier stroomop                      Goukou-rivier stroomaf                              Kleurvolle vishawe                           Kabeljou het geloop

     Stilbaai-Wes (Plankiesbaai?)                          Huise op stelte                             Buurman, jy snork hard!                  Palinggat-riviertjie (Kleinriviertjie)

Dag 338
31/01/2010

Ons ry na Jongensfontein om te gaan kyk na die karavaanpark. Dis lekker by die see, maar daar is net een ry staanplekke waar ons koelte kan kry onder die bosse. Daar is heelwat kampeerders maar die ontvangsdame se dis meestal naweek kampeerders.

Daarna ry ons na Puntjie en Vermaaklikheid. Dit is 'n strandoordjie halfpad tussen Stilbaai en die Breerivier by Witsand. Dit is so 'n 31 km grondpad wat plek-plek maar grof is. Ander dele is lekker harde grond oppervlakte. Die toegangs hek by Puntjie is gesluit en ons kan net instap. Daar kom inwoners by die hek aan op pad huistoe, maar hulle mag ons nie laat inry nie. Ons mag wel instap, maar dis bietjie ver, veral die opdraende terug.

Ons gaan toe na Vermaaklikheid, 'n klein nedersetting naby die afdraai na Puntjie. Dit is 'n netjiese plekkie met 'n groot restaurant, winkeltjie en posgeriewe. Ons drink iets koud en vertrek terug Stilbaai toe. Middagete word op die oop vuur binen die restaurant voorberei, en kos glo R90.00 per persoon. Dit was al byna 13:00 en ons weet nie of daar enigiemand sal opdaag vir ete nie.

Johann probeer weer in die rivier visvang, maar kry net byte - niks vis nie.


      Puntjie en Duiwenhoksrivier                Winkel by Vermaaklikheid                                 Vermaaklikheid

        Lappiesbaai by Stilbaai                   Oulike radiobeheerde speelding

Dag 339
01/02/2010

Ons stap langs die rivier af see se kant toe en toe by die "kleinriviertjie"draai ons weg met die bospaadjie tot by die Palinggat waar varswater palings in die fontein leef. Die palings is al daar van Johann kleintyd - meer as 60 jaar, en is 'n unieke toeriste attraksie. Die palings word daagliks om 11:00 gevoer en ons sal Woensdag se kant hierheen kom vir die voer van die palings.  

Dag 340
02/02/2010

Jacques en Elba Tredoux kom kuier vir die dag en ons kuier lekker om die braaivleisvuur. Hulle ry laat die middag weer terug na Heidelberg en sal ons later langs die pad met hul motorwoonwa ontmoet en dan 'n rukkie saam kuier en kamp

Dag 341
03/02/2010

In die strandhuis hang ou fotos wat dateer uit 1955 se dae toe daar nog 'n pont oor die rivier was. As Johann reg onthou, moes motors daardie tyd 1sjieling en 'n sikspens (1/6 of 15 sent) betaal om van oos na wes te kon ry. Die terugry was verniet. Soos op die foto gesien kan word, was dit groot sports om van die pont af te duik en dan langsaan te swem, weer op te klim en weer af te duik. Daardie tyd het die mense tot by hul strandhuise gery, en die voertuie net daar gelaat tot aan die einde van die vakansie. Rondry gedurende die vakansie was uit.

Die brug oor die rivier is teen ongeveer 1955 voltooi en die pont het in onbruik geraak.


                  Die ou pont                         Inwyding van brug oor Goukou (1955)     Ou kerk - nou kerksaal 

Dag 342
04/02/2010

Sanmarie is op pad Kaap toe, en kom kuier vir 'n dag of twee by ons.

Dag 343
05/02/2010

Ons gaan koop vis by die hawe. Op daardie tydstip was daar nie bote wat ingekom het nie, en ons koop vis by die winkel. Die bote wat die nag uit was, was reeds terug, en die wat deur die dag gaan vang, kom eers later die middag weer terug. Daar was net kabeljou en stokvis beskikbaar.

Daarna gaan kyk ons na Groot Jongensfontein. Elsie en Sanmarie swem in die getypoel wat so heuphoog diep is. Daar is nie juis 'n swemstrand by Jongensfontein nie. Op pad terug koop ons soft-serv en eet dit op die strandfront.


          Groot Jongensfontein                         In die  Gety poel                                        Pik 'n Wyntjie                                                  Soft Serv

          Vis gekoop by hawe                                 Vanaf Lappiesbaai                          Rivier en stranddorp 

Dag 344
06/02/2010

 
        Ou opstal by palinggat                                       Palinggat                                          Varswater Paling                                        Blou oŽ

Ons besoek die palinggat wat nie ver van die huis af is nie. Dit is reg langsaan die Toeristekantoor van Stilbaai

As kinders het Johann hulle baie keer daarheen gestap en dan die palings stukkies vleis gevoer. Nou praat ons van 60 jaar gelede. Volgens die dame wat hul elke oggend, behalwe Sondae, om 11:00 voer, is daar tans 7 wyfies onder die klippe. Hulle bereik volwassenheid en geslagsrypheid op so 20 jarige ouderdom, gaan dan met die riviertje af tot by die rivier en dan see toe om 'n mannetjie te soek en te paar. Hulle gaan glo na 'n spesifieke plek in die oseaan om te paar en eiers te le. Nadat sy duidende eiers gelÍ het, sterf sy. Die larwa word dan deur die seestrome landwaarts gevoer, waarna hul dan begin soek na varswater bronne. Die kleintjies kom dan weer terug op soek na varswater fonteine of strome en die proses begin weer van vooraf. Die palings by die palinggat by Stilbaai is die plek in SA waar die grootste konsentrasie van palings op een plek is. Die palings het helder blou oŽ wat baie sensitief vir die sonlig is.

Die palings is volgen die SA Venues webblad al vir meer as 125 jaar daar. Hulle is die enigste mak varswater palings in Suid Afrika. (http://www.sa-venues.com/things-to-do/gardenroute/detail.php?id=507)
|
Daar is baie klein paddavissies in die dam by die fontein, en die palings kom snags uit om hul te vang en te vreet. Soggens word hul hoender lewertjies gevoer, maar as hul nog dik gevreet is van die paddavissies is hul maar lui om uit te kom.

Dag 345
07/02/2010

Daar is 'n geweldige veldbrand naby Stilbaai wat buite beheer brand. Ons ry daarheen om te gaan kyk, maar kon nie te naby kom nie. Die vuur brand nou al meer as 'n week lank. Vandag was daar helikopters wat met waterbomme die vuur bestook. Een van hulle het hier naby ons in die rivier sy "emmer" kom vol skep.


                                                  Veldbrand                                                                                                                    Brandblusser

  Gedenkplaat vir ou pont hierbo                 Pontman se huisie                                              Pansy shells

Johann en Sanmarie gaan roei op die rivier in een van die huis se kano's. Alles gaan voor die wind en hulle ry vinnig tot oorkant die rivier. Toe hulle naby die oorkantste oewer kom, gooi Johann moedswillig die kano om. Sanmarie skrik haar boeglam en albei beland in die water. Hulle ry weer terug en toe hul by die duskantste wal kom, gooi hy dit weer om. Dit was groot sports, maar die klippe en rotse wat op die bodem lÍ, was bietjie lastig en sny hul voete.

Dag 346
08/02/2010

Sanmarie vertrek op pad Stellenbosch toe waar sy nou gaan wyn maak. Ons bestel reeds nou al van die wyn wat nog aan die wingerd is!

Die veldbrand by Stilbaai woed nog een stryk deur, en helikopters en brandbestryders is oral doenig. Saans is die horison rooi gekleur.

Dag 347
09/02/2010

Dit is 'n besonder warm, windstil dag. Die rivier is so glad soos 'n spieel. Langs die rivier se wal in die vlakwater is derduisende klein hardertjies. Die water rimpel behoorlik soos hul in hul groot skole rondswem.

Ons hoor dat die motorhomeklub se versekering die eis van die afdak en privy room goedgekeur het, en sal nou ons toerplanne moet hersien om eers die afdak in die Kaap te laat opsit voor ons verder toer. Sonder 'n afdak sal ons doodbrand in die son.

Dag 348
10/02/2010

Dit is 'n reŽndag, en ons besluit om die omgewing van Witsand, Port Beaufort en Malgas te gaan besoek. Ons vertrek vroeg oggend en ry via Riversdal en Heidelberg. By Riversdal is die berg toe van die misreen, en kon ons nie die Sleeping Beauty bergspits mooi sien nie.


                                                                                                                    Sleeping Beauty - Riversdale
        (Foto Pamgolding.co.za)                       (Foto Remaxstilbaai.co.za)

Net anderkant Heidelberg draai die teerpad links weg na Witsand. Ons sien baie voŽls wat in die lande wei, op hierdie pad, oa.'n Veldpou (Denham's Bustard), wat vir ons 'n nuwe spesie is. Daar is honderde Wit Ooievaars, asook 'n klompie Blou Kraanvoels. Witsand is langs die monding van die Bree Rivier en is deesdae 'n groot strand dorp.


      Monding van Bree Rivier                    Gastehuis by Port Beaufort                 Pont by Kei riviermond

Van Witsand is daar 'n redelike grondpad tot by Malgas, 'n klein nedersetting hoŽr op langs die Breerivier. Hier is nog een van die weinige ou Ponte wat steeds in gebruik is. Ons het ook een by die Keirivier mond raakgeloop, alhoewel die plaaslike  inligtingsboekie beweer die een by Malgas is die enigste in die land. Die een by Keiriviermond word egter deur 'n buiteboordmasjien aangedryf, en nie met 'n kabel oor die rivier getrek nie (sien foto hierbo)

Ons oorganfsfooi is R35.00, maar dit sluit ook die terugreis in mits jy dit dieselfde dag doen. Die pont werkers gooi 'n band met 'n ketting aan oor die skouer, haak die end van die ketting oor die kabel wat oor die rivier gespan is, en loop heen en weer om sodoede die pont oor die rivier te trek. In die ou dae op Stilbaai is die pont met skeie soos op die foto hieronder getrek. Heelwat buitelandse toeriste het saam met ons oor die pont gery


               Pont by Malgas                                    Drie motors op 'n keer                         Fordjie was alleen                                 Ketting oor skouer

         Stilbaaipont se skeie                                      Malgas                                               Malagas Hotel                                     Ou Kerkie (1856)

Ons gaan drink tee en eet lekker sjokoladekoek by die Malagas Hotel (3 ster) en bekyk die klein nedersetting. Daar is baie mooi huisie met goed versorgde en pragtige tuine al langs die rivier.

Ons ry toe aan die weste kant van die rivier verder met 'n redelike grondpad na Swellendam. Toe ons die teerpad bereik, kom daar snaakse geluide van agter onder die Fordjie. Ons stop by die B&M Ford Garage en die werkswinkelbestuuder diagnoseer 'n opgepakte koeel-laer (wheel bearing) by die linker agterwiel. Ons sou nie Stilbaai haal nie. Die ongeluk is dat daar nie onderdele in Swellendam is nie. Hul spoor later onderdele in Worcester op en ons sou dit eers die volgende dag kry! Ons kry darem later goeie nuus dat iemand op Robertson een gekry het. Hulle bring dit halfpad, en die Swellendam mense ry halfpad om dit op te tel. Na 4 ure was ons weer op pad en kom eers na 18:30 die middag weer op Stilbaai aan. Gelukkig was dit baie behulpsame mense by B&M Motors op Swellendam wat uit hul pad gegaan het om ons (Hul noem dit 'n "padkar") weer op die pad te kry. Ons kon darem 'n paar fotos geneem kry deur deur die dorp te stap.


            Eerste huurhuisie                                        Eerste huis                              Eerste werk (Tuinroete Ko-operasie)

Johann wys vir Elsie die eerste huur-huisie wat hul destyds in gebly het, asook die eerste huis wat hy gekoop het. Die Tuinroete Ko-operasie waar hy gewerk het, bestaan nie meer nie. Toe hule jare gelede die eerste keer 'n diens in die Witkerk bygewoon het, het hul op 'n leŽ bank gaan sit. Kort daarna het ander kerkgangers hul met verontwaardiging versoek  om op te staan en elders te gaan sit, want dis "hulle bank". Die gebruik was dat jy 'n bank kon "koop" en dat dit dan jou familiebank bly. Ons het dit natuurlik nie geweet nie, en in die vervolg maar versigtig gewees waar ons gaan sit het.


                          Drostdy                                     Auld House - 1802                           Wit Kerk   (N G Kerk) 1802         

Dag 349
11/02/2010

Ons gaan kuier vir Frikkie en Susan Uys (hul is van Upington) waar hulle kamp by Groot Jongensfontein. Hulle toer ook so deur die land en is al vir maande aan en af, op toer. Ons het hulle die eerste keer ontmoet in Punda Maria, toe ons beide daar gekamp het.

Die kampterrein by Groot Jongensfontein is baie mooi en netjies en daar was sommer baie kampeerders, nie net oor naweke nie, maar ook gedurende die week. Die karavaanpark is by die see. Daar is net nie 'n lekker swemstrand nie. Ons was teleurgesteld met Stilbaai se karavaanpark. Dit is ook naby die see, maar daar was net een of twee kampeerders toe on s dar gaan kyk het. Ons kon van ons huis af sien hoe die karavane na die kampterrein ry, en na so 30 minute of so kom hul weer terug, gaan oor die brug Groot Jongensfontein toe, of ry terug na die N2 om erens anders te kamp. In die Desember vakansie is die plek vol, maar buite seisoen soos nou, is daar byna niemand nie.


     Susan, Frikkie Uys en Elsie                                         Groot Jongensfontein karavaanpark

Dag 350
12/02/2010

Johan en Linda Reynecke van Johannesburg kom vir twee nagte by ons kuier. Ons gaan koop vis by die hawe, maar daar is niks vis behalwe gevriesde snoek nie. Alles kabeljou en vars vis is uitverkoop. Ons koop maar twee snoeke om die volgende aand te braai. Ons kuier tog te lekker om die braaivleisvuur

 Dag 351
13/02/2010
                              

Ons ry met de Reyneckes tot by Groot Jongensfontein sodat hulle kan sien hoe mooi dit daar lyk.

Daarvandaan gaan ons al langs die rivier op tot by die "Wild Olive" coffee shop hoog op langs die rivier. Die plek is "toe" want die eienaar is besig om voor te berei vir 'n groep van 70 mense wat bespreek het. Dit was te veel moeite om 4 koppies tee vir ons voor te berei! Daarvandaan ry ons verder op met die rivier, en later oor 'n laagwaterbruggie wat jou oor die Goukou rivier neem. Ons kom toe op Droevlakte uit en neem die teerpad terug Stilbaai toe. Die middag was ons byna die hele tyd in die water omdat dit so warm was


               Wild Olive                                                  Vet vark                                    Bo-loop van Goukourivier                              Johan, Linda en Elsie

VOLGENDE