swakopmund
walvisbaai

 

06/10/2015

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand:   465 kilometers

Die roete van Waterberg suidwaarts neem ons weer terug na Otjiwarongo, en dan suidwaarts via Kalkveld, Omaruru, Karibib, en Usakos na Swakopmund. By Omaruru is die temperatuur 'n matige 37°C, maar hoe nader ons aan Swakopmund kom, daal dit skerp tot 21°C. Gedurende die nag daal dit tot onder 10°C, wat nogal 'n skok op ons lywe was wat nou net gewoond geraak het aan die warm temperature van die noorde.

Ons boek in by die Alte Brucke Oord waar ons tot die naweek gaan bly. Die wind waai sterk en die wereld is toe onder die mis.

07/10/2015

Die son kom eers hier teen 15:30 uit toe die mis lig. Tot dan is dit 'n vaal, mistige, winderige dag. Laat middag trek die mis weer oor die land en is dit bitter koud.

Ons ry na Langstrand waar ons Sandpiper Dunes tyddeel is, en reel met die bestuurder om ons boswa daar te kan stoor en ons aankoms te vervroeg. Dan terug na Swakopmund om permitte te reel vir die besoek Sondag aan die Naukluft Woestyn Park en 'n te reel vir 'n besoek aan Sandwich Harbour.

08/10/2015

Dis 'n baie lekker warm oggend, maar net na middagete begin die mis en koue weer oor die land inbeweeg.

Elsie gaan doen "window shopping", en Johann gaan neem fotos van die omgewing by die see en jettie. Namiddag gaan drink ons tee by Rita, ons oorlede vriend Martyn se weduwee, en vier haar verjaarsdag. Alles was so beplan om saam met hom die geleentheid te vier, maar dinge was toe anders beplan vir hom. Ons sou ook nou by hom tuisgegaan het.

Swakopmund se jettie Swakopmund vanaf jettie Swakopmund vanaf jettie
Swakopmund vanaf jettie Jettie vanaf Toring gebou Swakopmund vanaf jettie

Op ons roete het ons 'n verskeidenheid van kulture raakgeloop. Hierdie Herero dame het goedgunstiglik toegestem dat ek haar in haar pragtige gewaad en hooftooisel mag afneem. Dit is in skrille kontras met die Himbas wat byna kaal rondloop. (Ek kon een mooi jong Himba dame van 18 jaar oud koop vir 'n bees en drie bokke, maar daar was nie plek in die motor nie !!)

Herero dame in haar pragtige rok
   
Ons kampplek by Alte Brucke - toe vir koue    

09/10/2015

Dis  weer tyd vir oppak, en ons verhuis na Langstand, tussen Swakopmund en Walvisbaai, waar ons vir 'n week in die tyddeel gaan ontspan en uitrus voor die laaste skof huis toe. Hierdie is ons kortste skof van die toer - 17 kilometers ver. Hiervandaan is die roete na Windhoek, Dordabis en dan via Kang in Botswana na Randburg.

10/10/2015

Verlede jaar het ons die soutpanne suid van Walvisbaai besoek en derduisende watervoels gesien. Vandag se besoek lewer weer die honderde (selfs duisende) Flaminke in die Lagoon op, maar van ander watervoels was daar feitlik geensprake nie. Net hier en daar kry ons een, twee of drie van 'n spesie bymekaar.

Ons ry al langs die waterfront tot byna by Pelican Point, maar draai om toe die sand te dik en los begin word.

 Ons gaan eet toe maar Calamari by die Anchors Restaurant in die Waterfront. Die middag kon ons vir die eerste keer weer rugby kyk

Duisende Flaminke Watervoels in Lagoon Watervoels in Lagoon
Watervoels in Lagoon Watervoels in Lagoon Watervoels in Lagoon

11/10/2015

Sien Naukluft Park webblad -   Naukluft

12/10/2015

Rusdag na al die ryery van die afgelope tyd. Ons sou aanvanklik na Sandwich Harbour gaan, maar die toer operateur het ons gevra of ons nie liewers Woensdag wil gaan nie. Dan is ons 'n kleiner groep (net ons 2 !) en kan hul meer op voels fokus.

13/10/2015

Duin 7 Quad Bikes

Vandag is dit Quads en Duin 7 se beurt. Johann ontmoet vir Lester by Duin 7 Adventures se kantoor by Duin 7, en ons word al die reels ens. vir die uitstappie voorgehou. Nadat ons elkeen 'n gaasdoekie oor ons kop getrek het, sit ons die valhelmets op en is gereed om die duine in te vaar. Ons uitstappie sou 'n uur duur. Steven, ons gids, trek weg met 'n hengse vaart, en ons twee laat wiel agterna. Hy ry teen die steil duine uit, anderkant weer af, maak draaie teen die helling van die duine en dit teen 'n duiselingwekkende spoed.

Op een plek moes ons af teen die baie hoë en steil wind-af kant van 'n duin, maar ons twee het nie daarvoor kans gesien nie. Steven moes maar teen die hoë duin uitklim en ons quads een vir een daar afry.

Ons vorder later tot bo-op die kruin van die duine, en van daar kon ons oor die duinlandskap sien tot by Walvisbaai se hawe. Dit was so 8 kilometer weg.

Dan van bo is dit weer doller as kop-af na onder en weer teen die duine uit en anderkant af. Die gids geniet dit net so baie soos ons!. Hy wys net elke keer "vinniger'" "vinniger". Na die uitstappie was 'n bier nog nooit so lekker nie.

Duin 7 Die "woestyn tryn" Kopdoeke oor die hare
Bo-op die duin Steven wys wie is baas Af teen die duin
 
Walvisbaai van bo van die duin Sand omgewing bo van die duin gesien  

14/10/2015

Sandwich Bay. 

Sien Sandwichbaai se webblad :    Sandwichbaai webblad

15/10/2015

Koue winderige dag by die see. Ons maak gereed om na Windhoek te vertrek

 

 

Tuisblad              Botswana toerskedule         Volgende

Wi Fi :       Wi-fi by Alte Brucke teen N$ 50 vir 300 megs met baie vinnige spoed bereikbaar tot by staanplekke
Kaarte :     Aanvaar nie kredietkaarte by die Kampering nie.  
Brandstof Prys :  N$10.60  Aanvaar wel krediet kaarte by Total Garage in Sam Nujoma Straat Swakopmund
Verblyf :     Alte Brucke Kampering     Tel: +264 64 404 918         http://www.altebrucke.com/
Verblyf:     Sandpiper Dunes, Langstrand.    Tel: +264 64 200 580   http://www.theholidayclub.com/resorts/beach-resorts/sandpiper-dunes/