Swakopmund

20 September 2014

Swakopmund

Johann en Martyn gaan na 'n veilingslokaal waar allerhande artikels, boumateriaal, bande, meubels, motors ens, te koop aangebied word. Dis 'n interessante belewenis. Sommige goed word sommer verniet weggegee as daar nie 'n bod is nie.

Elsie en Rita vaar die dorp in en gaan doen die rondte van die winkels van Swakopmund. Ons gaan eet die middag by Tiger Reef restaurant naby die ou brug by die Swakop Rivier

Tiger Reef restaurant Jettie Johann, Elsie, Martyn en Rita

 

Die middag gaan ons na die soutpanne net  buite die dorp, maar, sien net klein strandlopertjies.

Later verken ons die dorp, en stap met die jettie tot voor by die Restaurant. Die mis kom skielik op en ons moes as gevolg van die koue maar terugstap. Ons ry deur die dorp en neem fotos van al die ou geboue wat dateer uit die tyd van die Duitse era. Straat smouse is oral nogal lastig.

Swakopmund straat tonele Swakopmund straat tonele Swakopmund straat tonele Swakopmund straat tonele
Swakopmund straat tonele Swakopmund straat tonele Swakopmund straat tonele Swakopmund straat tonele
Swakopmund straat tonele Swakopmund straat tonele Swakopmund straat tonele Swakopmund straat tonele
Swakopmund jetty Swakopmund jetty Swakopmund jetty Swakopmund jetty

21 September 2014

Ons ry al met die Swakoprivier langs in die droe loop tot by die Goanikontes Oasis Lodge en kampplek. Die rivier is droog en kom elke paar jaar af na goeie reens in die duine en spoel dan alles weg see toe. By die Goanikontes drink ons tee en eet heerlike tuisgemaakte koek. Hier is pragtige staanplekke vir kampeerders en oulike chalets en maan landskap rondawels te huur.

Golf Landgoed Golf Landgoed Ou Finse Sendingstasie - tans B&B Swakoprivier loop
Swakoprivier loop Swakoprivier loop Murasie Murasie
Murasie Murasie Goanikontes Oasis Goanikontes Oasis

26 September 2014

Na 'n week wat ons in die Sandpiper Dunes tyddeel by Langstrand deurgebring het, is ons weer terug vir die naweek in Swakopmund. Die oord is baie netjies en goed versorg. Ons was baie be-eindruk met die geriewe en netheid.

Ons stap deur die dorp en besoek die Woermann toring met 'n panoramiese uitsig oor die dorp. Swakopmund is werklik 'n pragtige , goed versorgde dorp (stad) hier in die strepie land tussen die woestyn aan die een kant en die see aan die ander kant. Daarna gaan ons na die Kristall Gallery waar ongelooflike mooi kristalle uitgestal en  verwerk word. Elsie koop vir haar later 'n mooi ring met twee Garnet (Granaat) kristalle by Stonetique waar artikels effe goedkoper is as by die Kristall Gallery. Dis sommer vir ons troudag-viering, haar verjaarsdag en Krismis - alles in een hou!

Die middag begin die wind waai en stofwolke hang oor die strate en dorp.

Krystall gallery Grootste kristal Kristal "myn tonnel" kristal
Herero vrou maak juwele Juwele Swakopmund straat-toneel Swakopmund straat-toneel
Swakopmund uit Woermann toring Swakopmund uit Woermann toring Swakopmund uit Woermann toring Swakopmund uit Woermann toring
Swakopmund uit Woermann toring Swakopmund uit Woermann toring Swakopmund uit Woermann toring Swakopmund uit Woermann toring

 

Tuisblad   :  Namibia Reisplan   Vervolg