Tuisblad:  Toer 8  
 

Swaziland

Kaart van Swaziland

HLANE ROYAL NATIONAL PARK

Agtergrond:

Hlane is een van 6 Nasionale Wildparke in Swaziland. Dit is geleŽ in die Noord-ooste van die land naby die Mananga grenspos. Die reservaat spog met 4 van die groot 5, (buffels uitgesluit). Buffels kom net voor in Mkhaya Park
Die ander 5 is:
     *  Mlilwane
     *  Mkhaya
     *  Reilly's Rock
     *  Sondzela
     *  Chubeka

Toerdagboek:

Dag 101
08/06/2009

Ons vertrek net na 06:00 uit Berg-en Dal, en vat die pad na Komatipoort. Net voor die grenspos na Mosambiek, draai die pad regs weg op pad na die Swazi grens. Net voor die grenspos stop die verkeersmense ons en gee ons 'n boetekaartjie omdat die remligte weer nie werk nie. Ons ry verder deur pragtige suikerrietlande, mielielande en bereik die grenspos. Dit is maar oud en lelik, maar die diens is flink. Ons betaal R50 padbelasting en ry verder tot by die afdraai na Hlane

Die ingangshek is so 'n paar honderd meter van die teerpad, en ons Wildkaart verleen gratis toegang tot die park. Die karavaanpark is weer so 'n paar honderd meter verder. Ons boek in teen R50 per kop en soek 'n staanplek. Later daag daar Hollanders op met hul tentjie, anders was ons alleen. Die geriewe is nie sleg nie, en word netjies onderhou.

Ons loop en ry bietjie rond en sien 'n leeu, olifant en 4 renosters. Daar is heelwat bokke in die park, maar nie luiperds en buffels nie. Die een Renoster koei het 'n groot kalf wat nog nie gespeen is nie, en die mannetjie moes later op sy pens gaan lÍ om by ma se spene by te kom. Renoster boer maak 'n plan.

Dit is bitter koud en ons maak 'n groot vuur met gratis hout. Dit is lekker warm rondom die vuur waar ons agter die motorwoonwa sit.

Kort-kort hoor ons 'n psst geluid en vind later uit dit is die linkervoorwiel wat so psst -psst afblaas. Skynbaar by die valve. Die personeel kom later daar aan, en sÍ hul sal ons die volgende dag kom help. Ons gaan maar later slaap want daar is niks wat ons nou daaraan kan doen nie


      Lekker baie gratis hout                          Donkie vir warm water                                            Groot kalf maak plan om aan ma se speen te suig

          Hlane wildvoertuig                         Al die bome het gevrek                          Takskerms om chalets                                          Chalets

     Netjiese chalet                                                               Een van Hlane se leeus

Dag 102
09/06/2009

Deur die nag hoor ons die leeus hier naby ons brul. Toe ons opstaan was die wiel nie heeltemal pap nie, en die psst geluide ook weg. Sifiso, die park se werktuigkundige,  daag op en nadat hy die skade aanskou het, gaan haal hy sy groot domkrag en die wiel is gou af. Johann ry saam na die werkswinkel, en daar vind ons dat daar 'n gaatjie in die binneband gesteek is. Hoekom dit dan net af en toe psst maak, is duister. Die band word gou reggemaak. Ons wonder of die wiel nou baie uit balans gaan wees, en of ons Richardsbaai sal haal met 'n uit balans wiel.

Ons ry net na 10:00 op pad na Nisela. Die wiel is na die regmaak beter in balans as voor die tyd!

NISELA SAFARIS

Ons bereik Nisela so by  11:30. Daar is 'n groot werksaamheid met 'n bouery, stootskrapers wat die grond omwoel en oor die algemeen bietjie chaos. Ons boek in , maar verneem dat Dorrie, ons kennis en eienaar, nie meer daar is nie. Ons gaan bekyk die staanplekke en Johann besef ons sal nie daar onder die takke en bome kan inkom nie. Ons vra ons geld terug, haak weer die Fordjie, en sit die stuk in Richardsbaai toe wat nog so 234 km verder is. Langs die pad kom ons agter dat ons Garmin die gees gegee het, en moet ons maar soos in die ou dae so voel-voel ry

VOLGENDE