Home:  Toer 6  
 

 Toerwenke vir Botswana en Zimbabwe

 

Botswana

  • R S A Garagekaarte tel nie hier om vir petrol te betaal  nie, wel Visa en Master kaart

  • Maak seker jou Master en Visakaarte is met 'n PIN toegerus sodat jy by die OTM kan geld trek

  • Die OTM kaart van Nedbank was nie aanvaar nie

  • Amex was ook nie aanvaarbaar by die plekke waar ons dit aangebied het nie

  • Bring die regte hoeveelheid Pula of Rand na die grenspos. (P60 of R80) (Hul "het nie kleingeld nie")

  • Kos en drinkgoed is oral te koop

  • Rou vleis kan van die suide noordwaarts gebring word, maar hul verbied vleis van die noorde na die suide. (Bek-en-klouseer) Vleis word gekonfiskeer by blokkades

  • Gaar vleis kan wel suidwaarts vervoer word. (Dit hang glo af van hoe honger die mense by die blokkades is wat hul deurlaat of nie!)

  • Dieselfde geld vir melk en eiers.

  • Ons is nerens deursoek op pad noorde toe nie, wel na die suide

  • Bring klein note, om "kleingeld" probleme te vermei

  • Die lodges is 5-ster, maar van die aangrensende kampe is minder "luuks", wel gerieflik en mooi gele

  • Kampering kos sowat P65 per persoon per nag

  • Petrol is sowat P8.57 per liter (Sept 2008)

  • Maak jou voertuig vol brandstof as jy die geleentheid kry. Afstande is ver. Ons was by plekke waar die krag af was, en die petroltenks leeg was.

  • Ry ekstra brandstof saam met jou

  • Bring liewers Pula van RSA af saam. Hul aanvaar graag Rand, maar teen 'n prys. Hier bereken hul tans die koers teen P70 = R100. By RSA was dit teen P84 = R100. (Dus vir aankope van P100 vra hul jou die ekwivalent van R143 terwyl dit teen RSA koerse R119 sou wees. Lekker vet wisselkoers wins van R24 bo en behalwe die pryswins)

  • Om weer Botswana van Bv Zimbabwe binne te kom, betaal jy weer P40. Hulle hef dit elke keer.

  • Rooivleis en hoeders mag nie uit Zimbabwe na Botswana geneem word nie

  • Jy kan vir 'n gratis rit gaan op die veerboot by Kazangulu wat tussen Botswana en Zambia en terug vaar.

  • Met die klein "speedboats" kos dit P5 per persoon in elke rigting.

  • Moenie van die huis af uitstapies bespreek nie. As "walk-in" klient het ons R3,500 gespaar op 'n 3 nag uitslaap plus retoervlug na een van die eilande. (behalwe hoogseisoen)

  • Ape en bobbejane is baie lastig, Vat 'n kettie saam. Hul hol hul vrek as jy selfs sonder 'n klip, in hul rigting mik

 

Karavaanparke

Palapye:  Itumela Karavaanpark: Ligging: S 22 33 33.6 E027 07 38.6

  • Tarief: P60 per persoon per nag

  • Krag: 15 amp proppe

  • Gradering:  ***

  • Geskik vir: Motorwoonwa, Karavaan, 4x4 karavaan, Daktent

Nata:  Nata Lodge en karavaanpark: Ligging: S20 13 22.7 E026 15 47.5

  • Tarief: P65 per persoon per nag

  • Krag: 15 amp proppe

  • Gradering:  *** +

  • Geskik vir: Motorwoonwa, Karavaan, 4x4 karavaan, Daktent

Kasane:  Chobe Safari Lodge en karavaanpark: Ligging: S17 48 32.1 E025 08 45.5

  • Tarief: P65 per persoon per nag

  • Krag: 15 amp proppe

  • Gradering:  ***

  • Geskik vir: Klein Motorwoonwa, 4x4 karavaan, Daktent

Maun:  Island Safari Lodge en karavaanpark: Ligging: S19 55 28.8.1 E023 30 32.0

  • Tarief: P30 per persoon per nag

  • Krag: 15 amp proppe

  • Gradering:  **

  • Geskik vir: Klein Motorwoonwa, 4x4 karavaan, Daktent

  • Vriendelike eienaar en goeie sekuriteit

  • Reel uittappies vir diep in die Delta in

 

Zimbabwe

  • Dis belangrik om genoeg kos saam te bring. Hier is niks te koop nie.

  • Bring geld in die kleinste noot denominasie saam. Dollars, Euros, Ponde Rande en Pula is aanvaarbaar. Namibia dollars nie. Hier "is nie kleingeld nie" en artikels kan dus duur wees as hul "keep the change"

  • Byna niks kan van Zimbabwe na Botswana deur die grens gebring word nie. Steek selfs jou geld weg, hul sal maniere vind om dit uit jou te kry met 'n boete of so iets

  • Grenspos koste beloop as volg:

    • Toegangs permit P50

    • Carbon Tax  P60

    • Derdeparty Versekering P280

    • Totaal van P390

  • Sorg dat jy wit weerkaatsers voor en rooi weerkaatsers agter aan jou voertuig het, anders stop hul jou met boete

  • Die kragproppe is van die Britse soort met die "vierkantige" koppe

  • Toegang tot die valle is US$ 15 of ZAR150 per persoon

  • Toegang oor grens na Zambia en terug op 'n dagpas is gratis. Daar is geen papierwerk nie.

  • Toegang aan Zambia se kant na die valle is US$ 10

  • Bring baie ou klere saam. Jy kan dit by die informele markte (vlooimark) ruil vir allelei kaggelkakkies en aandenkings. Hul is mal oor ou klere.

  • Baklei oor die pryse wat hul vra vir aandenkings.

  • Dis baie veilig hier by Vic Falls. Oral is Tourist Police.

  • Ape en bobbejane is baie lastig, Vat 'n kettie saam. Hul hol hul vrek as jy selfs sonder 'n klip, in hul rigting mik

Caprivi

  • Ons het vanaf Botswana deur die grenspos na Caprivi gekom sonder om te betaal.

  • Alle vleis word by die grenspos aan die Caprivi kant gekonfiskeer en begrawe (Jy doen dit self)

  • Pragtige karavaanparke op die rivier is by Kalizo Lodge en Namwi Island (afdraaie 12km en 5 km onderskeidelik oos van Katima Mulilo)

  • Blokkades oral langs die pad om vir diereprodukte te soek en voertuie te "dip"

  • Ape en bobbejane is baie lastig, Vat 'n kettie saam. Hul hol hul vrek as jy selfs sonder 'n klip, in hul rigting mik

  • Karavaanparke

    Katima Mulilo:  Kalizo Lodge: Ligging: S17 22 25.0 E024 33 57.6

    • Tarief: N$60 per persoon per nag

    • Krag: 15 amp proppe, maar net van 10:30 - 13:00 en 17:30 - 23:00

    • Gradering:  ***

    • Pragtige kamp op oewer van Zambezi

    • Aanvaar net kredietkaarte bo N$300

    • Besienswaardigheid is duisende broeipare Rooikeelbyevangers van Augusstus tot November, en Shelleys Sunbird broeipaar

    • Geskik vir: Klein Motorwoonwa, karavaan, 4x4 karavaan, Daktent

    Katima Mulilo:  Namwi Island: Ligging: S17 29 35.8 E024 20 39.0

    • Tarief: N$75 per persoon per nag

    • Krag: 15 amp proppe 24 uur per dag

    • Gradering:  *** +

    • Geen drinkwater nie, koop drinkwater in Katimo Mulilo

    • Pragtige grasperke op oewer van Zambezi

    • Geskik vir: Motorwoonwa, 4x4 karavaan, daktent

    Divudu: Popa falls: Ligging: S18 07 24.4 E021 34 59.9

    • Tarief: N$100 per staanplek plus N$50 per persoon

    • Geskik vir

    Divudu: Ngepi: Ligging: S18 07 01.6 E021 40 06.2

    • Tarief: N$75 per persoon per nag

    • Krag: 15 amp proppe. Krag net 6 uur per dag, maar nie skedule nie. gaan 20:30 af

    • Gradering:  **

    • Geen drinkwater nie, koop drinkwater in Katimo Mulilo

    • Op oewer van Zambezi

    • Geskik vir: 4x4 karavaan, daktent

    • Sagte sand - kan vasval (het)

    Divudu: Mahangu: Ligging: S18 08 18.7 E021 08 18.7

    • Tarief: N$60 per persoon per nag

    • Krag: 15 amp proppe. Krag 24 uur

    • Gradering:  ***+

    • Drinkwater is gefiltreer - geskik vir drink

    • Op oewer van Zambezi

    • Geskik vir: Klein motorwoonwa4x4 karavaan, daktent