tonteldoos

Johann en Elsie Kritzinger toere - Tonteldoos

28/08/2016

Tonteldoos en Verloren Vallei

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand : 72 km

Vandag se roete is 'n sirkelroete vanaf Dullstroom wat ons eers na Verloren Vallei neem, dan tot bo-op Steenkampsberg, en terug via die klein dorpie Tonteldoos na Dullstroom.

Verloren Vallei Natuur reservaat

 Ons ontmoet vir Rosemary Ndladla (tel 0836086883) by die Ontvangs en sy het reelings getref dat ons 'n Veldwagter kan kry om ons gids vir die oggend te wees. Ons betaal ons toegangsgeld van R15 per pensionaris en R10 vir die voertuig, en wag vir Maxwell, ons gids, om by ons aan te sluit. Hy het goeie kennis van die area se voels en was van groot waarde om ons 'n roete aan te wys en voels te spot. Daar is niks met sy oe verkeerd nie.

Die reservaat bestaan uit 30 vleilande, en is een van die weinige reservate waar al drie Kraanvoel spesies broei en te siene is.  Ander gesogte spesies is die Geelborskoester (Yellow-Breasted Pipit), Bleekkopklopkloppie (Pale-Crowned Cisticola), Grondspeg (Ground Woodpecker), Kalkoen-ibis (Bald Ibis), asook die Grasuil en Vlei-uil.

Ons was ongelukkig om nie enige van die kraanvoels of specials te sien nie, maar die besoek lerwer tog 'n klompie spesies op. Ons het die Gestreepte Vleikuiken gehoor en geroep, maar hy wou nie tevoorskyn kom nie. Dit was ysig koud, en dalk is dit beter om in die Somer hierheen te kom. Dit is 'n baie mooi grasvlakte-omgewing met oral die vleilande.

Na 'n drie ure sirkelroete is ons weer terug by ontvangs en sit ons ons roete vir die dag voort. 

Twee-spoor paadjie in reservaat Helder waterstroompie Piekniek in die ysige koue
   
Brand in verte    

Steenkampsberg

Vanaf Verloren Vallei is dit nog 10 kilometer deur die reservaat tot bo op Steenkampsberg. Hierdie pad is erg sleg en is lelik verspoel en baie klipperig. Uiteindelik kom ons darem sonder teenspoed by die teerpad uit. Hier sluit die grondpad aan by die R577 teerpad tussen Lydenburg en Roossenekal. Ons draai hier weswaarts in die rigting van Roossenekal tot waar die grondpad na Tonteldoos na links afdraai.

Tonteldoos

Die dorpie is sowat 14 kilometer verder suidwaarts. Die dorpie Tonteldoos in Mpumalanga is in 1883 gestig. Dit is in 'n stil landelike gebied, omring deur plase en daar is 'n  Pub, 'n eetplek en 'n aantal plekke om te bly. Op 'n stadium was daar ook 'n kaasfabriek, maar dit het skynbaar gesluit. Oral is "Te Koop " bordjies aangebring. Volgens iemand wat ons daar ontmoet het, het die ekonomie die mense 'n knou gegee en die meeste plekke is tot niet.

Ons wou daar eet, maar ons verneem dat die eetplekke in Dullstroom en ook hier in Tontedoos op Dinsdae toe is om te herstel na die bedrywige naweke.

'n Tondeldoos is 'n kokertjie (dosie) met tontel daarin wat in die ou dae gebruik is om 'n vuur of 'n pyp aan te steek. Die tontel in die boksie is 'n ligte vlambare stof, soos katoen of 'n stukkie lap. 'n Vuursteen en 'n metaal ring, die vuurslag, word daarmee saam gebruik om vonke te verskaf.
 Die Die vuurslag bestaan uit koolstofhoudende yster. Die vuursteen word teen die tontel gedruk of vasgeknyp, terwyl die vuursteen teen die metaal ring (vuurslag) gekap word om vonke op die tontel te laat spat. As dit werk, sal die tontel begin smeul en kan daarop geblaas word om 'n vlammetjie te maak. Tonteldose het aan die begin van die 20ste eeu in onbruik verval. Vuurhoutjies het algemeen beskikbaar en goedkoper geraak en is ook aansienlik makliker om te gebruik.

Tonteldoos in beeld

High Side Tavern The Cheese Shop - Not just cheese The Cat and the Cow
Algemene Handelaar Tonteldoos UBER Bouval

Daar is 'n pragtige boompie in Tonteldoos en dit word deur plantkundiges Canthium suberosum genoem. As mens die stam se bas van naderby beskou, lyk dit nes die prop van 'n bottel ordentlike wyn. Daarom noem die volk die boompie 'n kurkbokdrol. 'n Ander struik se dorinkies is gemonteer op knoppies, met die gevolg dat hulle nes 'n speen en uier lyk. Daarom word die boompie 'n kleinperdepram genoem. Sy botaniese naam is Zanthoxylum capense. Dis onnodig om te verduidelik hoekom Hippobromus pauciflorus (basterperdepis) en Acalypha angustatavar. glabra (katpisbossie) so genoem word. Vat maar net aan hul blare en ruik dan. Tonteldoos se pragtigste boom is Dombeya rotundifolia. Die boom se weelderige wit blommeprag kondig amptelik aan dat lente in Tonteldoos aangekom het. Die boom se volksnaam is Drolpeer.

Tonteldoos is ook bekend vir die raar Yellow Arrum Lily en veldskoenblaar.

Daar is 'n paar perskeplase in die omgewing. Elke perseeltjie het ook in die ou dae 'n paar perskebome gehad, veral taaipitperskes. Hierdie perskes het in die nuwejaar ryp geword en daar is gewoel om hulle dan droog te maak en te verkoop. In die najaar het daar soms 'n rokie uit elke populierbos getrek. Dan het mens geweet wie waar aan't stook was. Die goed is juis na 'n plaaslike hoofman vernoem en nou dra 'n tronk selfs sy naam.

Roland Schikkerling was tydens die Anglo-Boereoorlog (30 Januarie 1901) in die Tonteldoos-omgewing. Hy skryf: "Gedurende hierdie tyd woon baie van ons jonger manne katkisasieklasse by, terwyl baie van die oues afwesig is om te gaan brandwyn stook op nabygeleŽ vrugteplase".

In die dertigerjare was Oom Joe en Tant Hessie Kidson van Boomkraal die baasstokers van Tonteldoos. Een van die redes was omdat die pad na Boomkraal vrot was, veral in die reŽnseisoen. Daarbenewens het Oom Joe 'n paar klonkies met spieŽls in diens geneem. Hulle was op strategiese plekke van Pospaal tot Boomkraal opgestel om wag te hou. Die gevolg was dat die Kidsons in vrede met hul stokery kon voortgaan. As die polisie by Pospaal indraai, het die seine met die spieŽls begin. Teen die tyd wat hulle op Boomkraal aankom, was die ketel reeds weggesteek en Tant Hessie was besig om seep te kook op die vuurtjie.

In die vyftigerjare van die twintigste eeu het dominee Dednam van Laersdrift besluit om stokery in die Mapochsgronde finaal hok te slaan. Sy plan was om alle stookketels in die gebied teen 'n hoŽ prys te koop en dan te vernietig. Stokers het sy projek gulhartig ondersteun. Met die geld in die sak kon hulle dan 'n baie beter ketel aanskaf ! Aan die einde van die twintigste eeu was daar nog net twee ordentlike stokers in Tonteldoos. Die een was Coen Swart van Ebenhaezer, Welgelukt en Zwartdam. Hy was wyd en syd bekend vir die voggies wat hy van lemoenstroop kon maak. Die ander een is Johann Dietlof Kunneke van Kristalwater. Hy kon van enige vrug 'n stooksel maak. Hy het ook, tot die Aksyngaarders eendag by sy plaas opgedaag het.

  

Tuisblad             Volgende