Trans Kalahari

 

28/10/2015

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand:   1174 kilometers

Van die plaas is dit sowat 350 kilometer tot by die grens van Botswana. Hier stop ons om bietjie te rus, brandstof vir oulaas teen die laer pryse in te gooi en 'n yskoue roomys te eet. By die Total Garage aanvaar hul kredietkaarte.

Ons gaan deur die Buitepos en Mamuno grensposte en is in Botswana. Nou nog 350 kilometer tot by Kang, die dorpie reg in die middel van die roete deur Botswana. Ons verblyf is in die Lodge by die Kang Ultra Stop. Die kamer is baie gerieflik met lugreeling en Sateliet TV.

Hier maak ons weer vol met diesel, en aanvaar hulle ook Kredietkaarte.

29/10/2015

Vroegoggend is ons op pad om te kyk hoe ver ons die dag sal kom. Tot by die grens met RSA is weer 350 kilometer.

Ons word redelik vertraag met 'n spoedbeperking elke paar kilometer soos jy deur dorpies en gehuggies ry. Uit vorige ondervinding ry ons met die verbypad bedoel vir swaar voertuie verby Kanye. Om deur die dorp te ry, was laas 'n nagmerrie met beeste en wat nog wat voorkeur op en oor die pad gehad het.

Ons bereik teen middag die grenspos by Pioniershek en Skilpadsnek om in RSA te beland. By Skilpadsnek is nog steeds 'n bouery aan die gang en die deurpad deur die grensposte is baie verwarrend.

Omdat dit nog vroeg is en ons kans sien vir nog pyniging, besluit ons om maar deur te druk huis toe - nog 300+  kilometers verder.

Ons bereik die huis veilig en los alles net so tot Raymond tuiskom om af te dra.

Daardie aand het ons bed darem lekker geslaap

Nouja 9707 kilometer en 83 dae later is dit dan die einde van 'n onvergeetlike avontuur

Fotos met erkenning aan Madbookings.com

 
Kang Lodge   Kang Lodge

 

Wi Fi :       Wi-fi by Kang in Restaurant en kroeg
Kaarte :     Aanvaar kredietkaarte by die Lodge
Brandstof Prys :  Pula 7.89  Aanvaar wel krediet kaarte by  Garage
Verblyf :     Kang Ultra Stop Lodge       Tel: +267 651 7294         http://www.kangultralodge.com/

 

Tuisblad              Botswana toerskedule