Tuisblad:  Toer 8  
 

Tsendze

Dag 71
09/05/2009

Teen vroegoggend is ons op pad na Tsendze, 'n "boskamp" sonder krag, net anderkant Mopanie ruskamp. Ons ry 'n paar kilometers en kom af op 'n den van die hyenas in 'n stormwaterpyp onderdeur die teerpad. Daar is ook kleintjies wat kort-kort uitloer en dan weer vinnig terugkruip in die stormwaterpyp.

By Mopanie boek ons in vir Tsendzi. Hulle allokeer 'n spesifieke staanplek aan ons toe, en ons ry die verdere sowat 10 kilometer tot by Tsendze. Toe ons daar aankom, sien ons die staanplek is te klein vir die mototrwoonwa en is in elk geval in die son sonder enige skaduwee. Ons soek 'n lekker alternatiewe staanplek uit en bel die ontvangs by Mopanie en oorreed hul om aan ons staanplek 27 toe te ken. Dis lekker groot, het koelte en Leon en Hantie Vermeulen se tentjie kan ook daar opgeslaan word

Ons stap deur die kamp en besigtig die ander staan plekke. Die lekkerste koeltestaanplekke wat groot en gerieflik is, is in volgorde: no3, no27, no 28. Wat ons nie geweet het nie, is dat jy vooraf tydens bespreking jou staanplek nommer kan bespreek, of dan later na Mopanie kan bel en jou staanpleknommer kan reserveer.

Die kamp is baie netjies en die ablusiegeriewe en kampkombuis is van die netjieste wat ons nog in die wildtuin gesien het. Die "kampkommandant" se naam is Rodger, en hy is een van die beste public relations officers wat hier rond te sien is. Hy is hulpvaardig, kom kuier twee maal per dag by elke staanplek en hou die plek onberispelik skoon en netjies.

Later die dag sluit Leon en Hantie by ons aan en ons spandeer die aand om die kampvuur


            Tsendzi kamp                                   Leon maak kos                                                 Rodger

                                                         Kampkombuis                                                                                                    Ablusiegeriewe

         Buffel teen sononder

           Mopanie                                  Groot Troupant                                           Ek maak soos Ma                                   Groot buffel

Dag 72
10/05/1009

Ons ry vir die dag tot by Letaba ruskamp en geniet die modersdag ete met sjampagne in die Letaba piekniekplek. Dit was 'n heerlike ete en 'n baie gesellige moedersdag. Ons sien egtr nie veel wild nie, aangesien ons omtrent die hele pad deur die Mopanie struikveld ry. Dis nie baie wildryk nie.

Dag 73
11/05/1009

Ons gaan die oggend op 'n kort wildrit, maar is weereens teleurgesteld met die wild wat ons sien. Elsie besluit om liewers tuis te bly. Ons sien ook nie eintlik voels nie. Die middag gaan ons na Mopanie om daar rond te kyk. Dis 'n baie mooi en nuwerige kamp, maar daar is geen karavaanstaanplekke nie. Ons sit op die dekke en sien 'n aantal voels en diere langs die dam. Daarvandaan gaan ons na die oornagskuiling langs die rivier. Dit is een van twee sulke oornagskuilings in die wildtuin. Ons geniet 'n skon, konfyt en room met tee piekniek, maar ontdek ons het nie koffie en suiker ingepak nie. Gelukkig was daar ander piekniekgangers wat dit aan ons kon verskaf.

Die aand verkeer ons in gesellige luim om die kampvuur. Johann begin 'n fiktiewe storie van Petrus wat vir twee weke hier by Tsendzi gekamp het. Elkeen moet daarna om die beurt iets aan die storie bylas. Dit was skreeusnaaks en van die bure het later gevra of hulle by ons kon aansluit want dit klnik so lekker en snaaks. Wat arme Petrus en sy familie alles oorgekom het, sal liewers verswyg word!

Tsendzi word ge-adverteer as 'n "rustic" kamp en is so na aan die bos as wat jy kan kom. Dis baie lekker en stil en mens kan hier lekker ontspan

Die geriewe bestaan uit 34 staanplekke wat afgebaken en genommer is, twee netjiese ablusieblokke met gasverwarmers vir die storte ens, twee veldkombuise elk met 5 dubbelle gasbranders en 5 opwasbakke met warm en koue water. Krag word voorsien vanaf sonpanele en 'n inverter na die ablusies en veldkombuise. Die res van die kamp is donker. Daar is twee gas-vrieskaste wat goed werk - een by elke veldkombuis

VOLGENDE