tsumeb

 

11/09/2015

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand: 115  kilometers

Vandag in 2001 is die wereld op sy kop omgekeer : "Nine eleven" het die wereld geskiedenis onherroeplik verander.

Na 'n lekker ontbyt in die restaurant by Roy's, vat ons die pad verder suid-wes-waarts tot by Grootfontein. Ons sien vir die eerste keer in duisende kilometers bulte en selfs berge ! Die reguit pad van 300 km van Rundu af maak toe ook die eerste keer 'n paar draaie !

Net anderkant Grootfontein draai ons regs weg op die C42 wat ons uiteindelik neem tot by Tsumeb. Ons vind die Kupferquelle Resort en slaan kamp op onder groot skadu bome. Ons is nou in Elsie se grootword dorp en gaan al die plekke besoek wat sy as kind beleef het. Sommige sal maar hartseer oomblikke wees , en ander weer met mooi herrinneringe.

Dia aand ontmoet ons ou skoolmaats van Elsie, Harold en sy vrou Reni Roodt, vir aandete in die Dros wat op dieselfde perseel as die karavaanpark is. Ou stories en herrinneringe word vertel en uit "file 50" opgediep.

12/09/2015

Vandag waai hier 'n sterk wind wat stofwolke oor die dorp en omgewing waai. In die sterk wind, ry ons eers terug na Grootfontein om daar rond te kyk. Daar is 'n groot nuwe mall gebou net buite die dorp, en die winkeltjies in die dorp moes 'n kwaai knou gekry het.

Dan ry ons 'n kilometer of wat terg in die rigting van Tsumeb, en draai dan links af op die D2859 wat opns na die Hoba Meteoriet neem. Ons kry uiteindelik die plek, want Garmin is verkeerd deur die plek 2 kilometer terug aan te dui. Toegangsgeld is N$60, en na 'n kort stappie van 50 meter is ons by die meteoriet.

As jong kind het Elsie en haar twee boeties baie keer hier op die meteoriet kom speel.

Uittreksel uit Wikipedia

The Hoba Meteorite lies on the farm "Hoba West", not far from Grootfontein, in the Otjozondjupa Region of Namibia. It has been uncovered but, because of its large mass, has never been moved from where it fell. The main mass is estimated at more than 60 tonnes, making it the largest known meteorite (as a single piece) and the most massive naturally occurring piece of iron known at the Earth's surface. The Hoba meteorite impact is thought to have occurred more recently than 80,000 years ago. It is inferred that the Earth's atmosphere slowed the object to the point that it impacted the surface at terminal velocity, thereby remaining intact and causing little excavation. Assuming a drag coefficient of about 1.3, the meteor would have been slowed to about 720 miles per hour (0.32 km/s) from its speed on entering the Earth's atmosphere, typically in excess of 10 km/s for similar objects. The meteorite is unusual in that it is flat on both major surfaces, possibly causing it to have skipped across the top of the atmosphere like a flat stone skipping on water.

Ontvangs kantoor by Hoba Ontvangs kantoor by Hoba Meteoriet
Pasop vir vallende meteoriete Meteoriet Dag se roete na meteoriet

Daarvandaan gaan ons verder na Otavi. Hier het Elsie na haar studies haar eerste onderwyspos gekry. Vandag is die dorpie maar bietjie verwaarloos. Ons ry in by die skooltjie wat vandag nog gebruik word en neem 'n paar fotos vir herrinnering.

Elsie onthou hoedat elke huis in die "ou dae"' n windpomp en groen watertenk op die erf gehad het. Vandag kry ons met die deurry net een windpomp wat nog in 'n werkende toestand is 

   
Elsie se eerste Skooltjie na haar studies  Elsie se eerste Skooltjie na haar studies  
   
Elsie se kamer was die tweede venster van links  Ons kry net een werkende windpomp 

Dan weer terug na Tsumeb. So halfpad na Tsumeb by die afdraai na die Ohorongo Sementfabriek, stop die verkeersmanne ons. Ons het glo in 'n 80 km zone 101 kmu gery. Dit was ontmoontlik want ons het heelpad teen die sterk wind in net 100km gery, en by die bord wat aangee die spoed is nou net 80km, was ons al goed afgeslek. Wel die manne was dors en dit was warm, en twee cokes later is ons weer op pad Tsumeb toe. So spaar ons N$500.

13/09/2015

Dit is Sondag en ons woon die erediens by in die NG Kerk

Dan ry ons na die Begraafplaas waar Elsie se Ma (46), tweeling boeties (15), en sussie (6) na 'n grusame motor ongeluk op 20 September 1963 dood is. Iemand, wat nie alleen was nie, het reg van voor teen hul motor gebots toe hulle van die skool op pad plaas toe was. Elsie was destyds 17 jaar oud, en in Otjiwarongo in die skool, en was die enigste kind wat die ongeluk oorleef het. Ons spandeer 'n tydjie daar sodat Elsie rustig die graf kan besoek en stil word. Presies oor 7 dae sal dit 52 jaar wees sedert die ongeluk waarin almal op slag dood is.

Ons ontmoet die twee dames wat uit eie fondse en in eie tyd die begraafplaas skoon en in orde hou. Murray was saam met Elsie in die skool en hulle het altyd teen mekaar in atletiek meegeding. Debbie was die een wat inisiatief geneem het met die skoonmaak van 'n erg oorgroeide begraafplaas. Vandag is dit skoon en netjies. In plaas van blomme op die graf te sit, maak ons liewers 'n donasie aan die dames om te help betaal vir die skoonmakers.

Elsie by die familie-graf Elsie by die familie-graf Grafsteen
Elsie se ma Marié (46) Een van tweeling boeties (15) Een van tweeling boeties (15)
Jongste sussie (net 6) In hierdie huis het Elsie die nuus gekry Murray Bester, Elsie en Debbie Sachse
Elsie se Laerskooltjie Elsie was vir 1 jaar hier in die Hoerskool Minen Hotel
Koekepannetjies blombakke Makalanie Hotel (Vroeer (Eckleben Hotel) Verlate Mynskag
   
Nuwe smeltery    

14/09/2015

Winkels dag

Ons vul ons voorrade aan vir die volgende drie weke totdat ons weer in 'n groot sentrum sal wees.

Kupferquelle Oord Skaduryke staanplekke Gras staanplekke
Ons staanplek Fonteintjie Olimpiese swembad

 

Langs ons kom kamp twee gesinne. Die een stel homself bekend as Leon Maritz, en dit blyk gou dat hy en Elsie se tweeling boeties op Laerskool hier in Tsumeb boesem pelle was. Hy kon staaltjies uit hul jong dae met ons deel. Die wereld is darem klein.

 

Tuisblad              Botswana toerskedule         Volgende

 

Wi Fi :       Wi-fi by Kupferquelle teen baie vinnige spoed tot by staanplekke
Kaarte :     Aanvaar kredietkaarte by die Lodge.  
Brandstof Prys :  N$10.92  Aanvaar nie kaarte nie
Verblyf :     Kupferquelle     Tel: +264 67 220 139        http://www.kupferquelle.com/m
Geskiedenis van Tsumeb:  http://www.uris-safari-lodge-namibia.com/english-uris-history.htm

 

 

Op ons roete tot dusver, sal ons die volgende oornagplekke aanbeveel:

Palapye Itumela. Basies maar gerieflik
Serowe Khama Rhino Sanctuary
Makgadikgadi     Tiaans Kamp (buite die park)
Makgadikgadi Khumaga kamp (binne die park)
Maun Island Safari Lodge
Maun Audi Kamp ( minder)
Maun Okavango River Lodge (minder)
Nata Nata Lodge
Nata Pelican Safari Lodge
Nata Eliphant Sanctuary
Kasane Thebe River Safari Lodge
Kasane Chobe Safari Lodge (baie beknop - minder)
Kasane Khubu Lodge - net 8 staanplekke
Kasane Ngina Tented Safari Kamp (baie basies maar stil, skoon en rustig met vriendelike personeel)
Katima Caprivi Houseboat Safaris
Katima Island View Lodge
Katima Kalitzo Lodge
Kongola Camp Kwando
Kongola Namushasha River Lodge
Delta Nunda River Lodge
Delta Ngepi
Delta Drotskie Cabins
Delta Shakawe
Delta Mahango
Delta Popa Falls
Kavango Shamvura Camp
Rundu Kaisosi Lodge
Grootfontein  Roy's Camp 
Tsumeb  Kupferquelle Resort