tugela en noordkus

 

15 Oktober 2013

Ons hou elke dag die weersvoorspelling dop want die TV wys baie reen langs die Natal se kus vir die komende dae. Ons sien dat daar by Tugela Mond van Donderdag af sterk reen verwag word, en ons besluit om een dag vroeer van Ilovo te vertrek sodat ons darem minstens een dag sonskyn by Tugela sal he.

Dit is net 'n kort rit vanaf Ilovo tot by Tugela Mond, en ons stop eers by Balito om voorrade aan te vul. Die ingangspad vanaf die N2 snelweg word herbou en is nogal 'n taamlike deurmekaar en moeilike ingang na die dorp.

Met die oorvol motor nog voller, lÍ ons die 50km tot by Tugela Mond sonder enige probleme af.

Ons word hartlik ontvang deur ons vriende Gerrit en Judy Lotz. Gerrit Lotz is "beroemd" in Suid Afrika se voŽlgeledere vir sy kennis en fotos van die Dwerg Visvanger (African Pygmy Kingfisher). Dit is 'n besonderse klein en skaars voŽltjie en Gerrit het 'n diepgaande studie van die voŽltjie gemaak. Sy fotos is nou gepubliseer in 'n boek wat hy noem "Lotz of Pygmy Kingfishers". Ons voel besonders ge-eerd dat hy aan ons 'n getekende eksemplaar van sy boek geskenk het. Die kwaliteit van sy fotos is uitsonderlik. Die voŽltjie kom net op 'n paar plekke in SA voor, en Gerrit stel elke jaar vas waar hul nessies is en hou hul dan daagliks dop. Iemand wat nie weet waar die nessies is nie, sal verseker nie maklik die voŽltjies te siene kry nie,

              Tugela Mond

16 Oktober 2013

Vroeg oggend gaan ons na die nessies en ons hou die voŽltjies vir 'n lang ruk dop soos hul na en van die nessies af vlieg. Gerrit leen vir Johann sy Canon 600 mm lens en met die "Kanon" neem hy pragtige fotos van die voŽltjie af. (Sien hieronder)

                                                                                                    Dwerg Visvangers

Die weer begin stadig te versleg en later reen dit sterk. Ons was bly dat ons een dag vroeer Tugela Mond toe gekom het, sodat ons darem redelike weer gehad het om die voŽls van Tugela te kon sien.

Die volgende twee dae val daar sagte, maar onophoudelike, reŽn en is ons kanse vir voŽlkyk daarmee heen.

19 Oktober 2013

Ons ry deur na Richardsbaai waar Gerrit en Judy se seun, Johan Lotz, vanmiddag met Renata Mugglestone trou. Ons boek in by die Umhambi Lodge in Meerensee waar die troue ook sou plaasvind. So tussen die Curriebeker semi-finale rugby wedstryde op TV pas ons die troue en onthaal in en die groepie vriende en familie het 'n baie gesellige tydjie saam met die nuwe egpaar.

           Umhambi Lodge                                 Egpaar Lotz                                             Gerrit Lotz                                        Judy Lotz                                          

20 Oktober 2013

Met hul terugkeer na Tugela Mond, vind Gerrit dat as gevolg van al die reŽn die afgelope tyd, die grondwal waar die Dwerg Visvangers hul neste gebou het, ingekalwer het. Dit was nie duidelik of die voŽltjies dalk nou sal moet "verhuis" nie.

Vervolg        Tuisblad