Tuisblad:  Toer 8  
 

Phalaborwa, Tzaneen, Leydsdorp, Haenertsburg

 

PHALABORWA (p276)

Agtergrond: Dit is een van Suid Afrika se jongste dorpe (1975), en een waar daar feitlik geen onderskeid tussen somer en winter is nie. Daar is slegs 5į verskil tussen die somer en winter temperatuur. Die myne by Phalaborwa is belangrike bronne van fosfaat, koper, vermikuliet en yster. Die boonste oppervlakte van die oopgroefmyn is 1.5km by 2.4km en is moontlik die grootste mensgemaakte gat in die land.  Die naam beteken "beter as suid" omdat vroere stamme suidwaarts getrek en toe deur oa. malaria geteister is en toe weer hierheen terugggetrek het. 

Toer dagboek

Dag 47
15/04/2009

Nadat ons alles wat nog buite was gepak het, vertrek ons eers na Hoedspruit. Elsie ry weer agter die motorwoonwa want sy wil nog eers by die Monkey Balls & Candle Factory aangaan ("Monkey Balls" is vrugte amper soos groen lemoene en nie wat jul gedink het nie!)

Johann gaan na Sparks om finaal seker te maak al die ligte op die motor se agterruit werk behoorlik. Ons handel dit gou-gou af en kry mekaar by die motorhawe waar ons diesel ingooi. Ons haak die Fordjie en vat die pad na Phalaborwa. Ons is weer verby verkeersmense, maar hul laat ons in vrede.

Ons bereik die Forever Resorts karavaanpark wat so 100 meter net buite die hek na die Kruger Wildtuin is en boek in teen R100 per nag vir drie dae. Die karavaanpark se bome is nog nie groot nie, en ons kies die straanplek onder die enigste ordentlike groot boom.

Die middag gaan ons na die winkelsentrum om voorraad vir die volgende dag aan te vul. Elsie maak 'n afspreek vir haar hare vir Vrydag oggend. Ons is net drie groepe wat die aand hier oorbly.  

By die "i" kry ons alle pamflette wat die gebied dek, maar dit lyk nie of daar veel meer te sien is as die groot gat en die golfbaan nie. Ons sal dus Donderdag vir 'n kort dagbesoek aan die Kruger Wildtuin gaan om voels te soek. By Swadini was daar baie min - seker te veel mense.

Dag 48
16/04/2009

Vandag se program sluit in 'n dagbesoek aan die Kruger Wildtuin. Ons is teen 06:00 by die Phalaborwa hek in en kies koers na Letaba. Ons sien groot troppe olifante en 'n paar buffels langs die pad. Ons is meer ge-interesserd in die voels, en voeg vir die dag altesame 27 by op ons toerlys, waarvan 3 lifers is.

In Letaba kry ons Duitsers wat wil geld trek om brandstof te koop. Die OTM is egter buite werking en niemand kan hul help nie. Hulle sÍ die OTM in 'n vorige kamp was ook buite werking. Hulle het net Euros en niemand wil dit aanvaar nie. Die paniek was sigbaar op hul gesigte, want sonder geld is dit sonder brandstof en is dit sonder verder ry. Ons wonder of die amptenare, wie dit ookal is, besef dat 'n stukkende OTM is nie 'n grap nie. Dis nou 'n mooi advertensie vir ons toerisme bedryf en ons bekwaamheid as 1ste (?) wereld land. Gelukkig sien ons later die kontant afleweringsvoertuig die kamp inry, en ons gaan sÍ vir die Duitsers dat hulle die manne moet vra vir hulp. Hoop vir hulle part hul kon regkom .

Terug by die kamp stuur Johann aan Forever Resorts se hoofkantoor 'n klagte e-pos oor die swak toestande van die ablusies. Die res van die kamp is egter baie netjies en skoon, die grasperke is goed versorg, die personeel is vriendelik en ons kry selfs 'n klomp hout om mee vleis te braai.


                                                   Troppe olifante                                                                           Buffel                                              Bosveld son-op

      Ingang by Phalaborwa hek

Dag 49
17/04/2009

Vandag wil ons uitrus na al die ryery. Elsie wil haar hare laat sny voor ons vir byna twee maande in die Kruger Wildtuin is, en fotos laat druk vir haar kaartjies. Ons vul so bietjie kruideniersware aan, en los die res vir tzaneen waar daar groot winkels is.

Ons gaan kyk vanaf die uitkykpunt bo op die mensgemaakte "berg" diep af in die put van die myn. Dis 'n baie steil paadjie so al om die skerp draaie en kontoere om bo te kom, maar die Fordjie kom maklik bo uit. Die put is byna 1Ĺ km by 2Ĺ km en is baie diep. 'n deel van die rand het skynbaar al ineengestort, want die sirkelpaaie stop skielik en gaan weer verderaan op dieselfde hoogte voort. van bo af sien mens al die yslike groot  slikdamme waarheen water gepomp word.


                                                                  Ons was daar bo op die "berg"                                                                                  Uitsig oor fabrieksaanleg

                   Die put                                               Naderskoot van put                         Wande stort in duie                                     Uitsig van bo

               Slikdamme

Myn bakkies het almal lang 'lugdrade" met vlaggie bo aan

Dag 50
18/04/2009

GRAVELOTTE (p277)

Agtergrond: Suid Afrika se enigste smaragmyn is hier gelee.

Toer dagboek
Vroeg oggend pak ons op en kies koers na Tzaneen. Ons bereik Gravelotte gelee by die T-aansluiting van die R71 en R526. Dis 'n baie klein plekkie met net 'n aantal geboue soos 'n hotel, vulstasie ens.

LEYDSDORP (p277)

Reuse Kremetart Boom

                                                  Kremetart boom                                                                                               Ingang tot "kroeg"

        Binnekant van "boomkroeg"                   2000 jaar oud                               24 uur blommetjie 1 x per jaar

Leydsdorp

                 Porters Pub                               Leydsdorp Hotel & Restaurant                          Wilsonstraat

Agtergrond: Hier was ook een van die goudstormlope in die 1870's. In 1890 het die ou Transvaalse regering die dorp gekies as administratiewe hoofkwartier van al die mynbedrywighede van die omgewing. Die dorp is vernoem na W J Leyds, destydse Staatsekretaris van Transvaal. Die dorp het selfs in 1891 sy eie koerant, die "Leydsdorp Leader" gehad.

Besienswaardighede is die reuse kremetartboom met 'n gat in die stam. In die ou dae was daar 'n kroegtoonbank binne die hol stam en tot 12 dorstiges op 'n keer kon daar bedien word. Dit is moontlik die enigste boomkroeg in Suid Afrika.

Toer dagboek
Net buitekant Gravelotte draai die grondpad links weg na Leydsdorp. Ons doen na 3.5 km aan by die Reuse Kremetartboom. Die boom is glo meer as 2,000 jaar oud. 'n Interessante feit is dat die boom een keer per jaar blom en die blom slegs 24 uur dra. Ons vind dit moeilik om te glo dat 12 dorstiges daar binne by 'n kroegtoonbank kon inpas. Dis seker iets soos die 20+ studente wat in 'n Volksie inpas. "Toegangsgeld" om die boom te besigtig is R10 per persoon.

Die pad van die kremetartboom na Leydsdorp is BAIE sleg en die Fordjie, wat agter die motorwoonwa gesleep word, is later rooi van die stof - binne en buite. Binne want die ruit moet effe oop gelaat word om die elektriese kabel deur die venster te laat gaan.

Na 'n verdere 6.5 km van die slegte grondpad bereik ons Leydsdorp. By die ingang van die "dorp" is 'n voetgangers teken. Verder was daar geen mens te sien nie. Selfs die Hotel en restaurant is bot toe. As mens stilte wil he sal Leydsdorp Hotel die ideale wegbreekplek wees. Daar is net 'n paar huisies en geboue in die "dorp". Die dorp het eintlik net een deurstraat. Ons kon nerens draai nie en moes toe met Wilsonstraat opry, toe om die hotel ry en weer terug hoofstraat toe om te kon verder ry.

Ons het later langs die pad verneem dat die hele "dorpie" glo een of ander tyd weer per veiling verkoop gaan word. Dit kon nie bevestig word nie.

TZANEEN (p276)

Agtergrond: Die dorp le aan die voet van die platorand. Dit is in die Letaba vallei. Die naam Letaba is afkomstig van die Noord Sotho woord le hlaba (sanderige gebied). In 1903 het die regering 11 plase verkry vir 'n proefplaas en navorsingstasie vir tropiese en sub-tropiese vrugte en gewasse. Die dorpsgebied is in 1919 uitgele.

Besienswaardighed is die Wolkberg, en die Tzaneen dam

Toer dagboek
Ons bereik met die hulp van Garmin die karavaanpark by die Tzaneen dam. Ons boek in en kon toe nie onderdeur die ingang deurry nie. Die grasdakke van die ingang is te laag. Ons moes toe eers die Ford afhaak, en Johann moes met 'n ompad verby die ingangshek ry. Ons kry 'n lekker koelte staanplek naby die dam. Die terrein van die karavaanpark is nie die netjieste wat ons al gesien het nie, maar die geriewe is aanvaarbaar. Die 'aanwysingsborde vir staanplekke is redelik kru, oorspronklik en "basies". Ons pak af en is die middag net rustig in en buite die motorwoonwa.


          Tzaneen dam                                     "Water Piep"( seker "pipe"?)                      "9 power"

Dag 51
19/04/2009

MAGOEBASKLOOF

Toer dagboek
Vandag wou ons die sirkelroete van Tzaneen, via die R71 deur Magoebaskloof en Haenertsburg terug na Tzaneen via die R528 ry. Vroegdag is ons weg by die kamp om eers brandstof in te gooi. Ons ry met die R71 en kort voor lank begin die baie steil Magoebaskloof pas. Vragmotors word nie op die pad toegelaat nie, en ons kon gou agterkom waarom. Die motorhome sou ook gebars het om hier uit te kom.

2 Km voor die Magoebaskloof Hotel wat bo op die kruin van die berg is, draai ons regs weg op die Houtbosdorp pad (kry 'n mens 'n ander soort bos as van hout?). Dis maar 'n soort bosbou paadjie en ons ry stadig tot ons by die Woodbush voetslaanhut uitkom. Daarna is dit 1 km tot bo by 'n uitkykpunt byna bo op die berg van waar jy die hele vallei  en woude onder jou kan sien. Dis bietjie deinserig en teen die son, maar die foto is darem mooi genoeg om te plaas.


       Uitkykpunt bo-op berg

So 700 meter terug draai 'n bosbou paadjie na links weg en daal ons teen 'n steil "pas" na onder tot in die gorge. Op sommige plekke moet ons staan-staan ry so erg is die pad. Die bosse langs die pad is ongelooflik mooi en boomvarings en bobbejaantoue is oral. Dis dig en ruig en baie groen. Sommige plekke is dit half skemer. Halfpad teen die pas af kry ons twee ander voŽlkykers, David en Paul. David is 'n kenner van die voŽls in die geweste en is al 16 jaar hier 'n voŽlkyker.  Ons roep en sien twee lifers, die Yellow Streaked Greenbul en Yellow Throated Wood Warbler, asook onder andere die Knysna Turaco, Gray Cuckoo Shrike, Cape Batis en Swee Waxbill. Ons dink nie die pad is bedoel vir Ford Fiestas nie, maar die Fordjie het die pad maklik gevat - gelukkig was dit afdraend en kon ons stadig ry.


                                                                                 Digte woude en een van die watervalle langs die pad

    Elsie saam met David en Paul                        David en Paul

Aan die onderkant van die "pas" besoek ons die Debengeni Waterval en piekniekplek. Toeganggeld is R30. Die waterval is baie mooi en die moeite werd om die slegte pad te ry om te sien.


                                Debengeni Waterval. Foto links is eerste val en foto regs is tweede val

Van die waterval is dit so 4 km om weer terug te kom op die R71, en moet ons weer die Magoebaskloofpas uitry - twee maal op een oggend! Ons bereik later die Magoebaskloof Hotel, en draai in vir 'n koppie tee. Die uitsig van bo is asemrowend mooi. Ons kyk in die eetsaal na die Sondag buffet wat voorgesit word, en is be-indruk met die kos. Ons kon darem met toestemming van die "hoofman" van die kalamari proe en die mense wat daar kom eet sal 'n feesmaal hÍ (R115 per kop)


                                                                    Magoebaskloof Hotel                                                                                                  Hoofman Mokgaba

                                                                                                     Lekker Sondagmiddag Buffet

HAENERTSBURG (p276)

Agtergrond: Dit lÍ aan die rand van die Drakensberg plato. Hiervandaan daal die pad deur die Magoebaskloofpas met 610 meter oor 'n afstand van 5.6 kilometer na Tzaneen. Die dorp is vernoem na C F Haenert wat hier goud in 1886 ontdek het. Die myne is gou uitgewerk en die delwers het verhuis na die Witwatersrandse goudvelde. Vandag is die houtnywerheid die vernaamste bedryf van die dorp en omgewing.

Toer dagboek:

Dan verder na Haenertsburg. Wat 'n oulike plekkie. Dis gelee hoog op die berg. daar is skynbaar sowat 150 huise in die dorpie en ongeveer 400 inwoners.

Ons stop eers by twee geboutjies wat lyk of dit dateer uit die goudstormloop dae. Die eienaar is Linda Wilkinson. (Daar is 9 Linda's in die dorp!). Sy het die twee "outydse" winkeltjies en 6 chalets gebou in die ou myndae boustyl. Ons gesels lekker met haar en sy beveel aan dat ons die begraafplaas besoek. Die inwoners hou glo gereeld piekniek in die begraafplaas wat bo op die berg gelee is. As hul jou daar begrawe is jy al halfpad op hemel toe!


                                                                      Haenertsburg gebouekompleks                                                                                   Linda Wilkinson

      Ons voor Linda se winkel

Toe ons by die begraafplaas kom is daar sowaar twee dames wat piekniek hou en 'n bottel champagne by hul het. As ons nog getwyfel het, sien ons dit wraggies met eie oŽ. Ons knoop 'n geselsie aan met Mona en Esther wat daar piekniek hou en en drink selfs 'n mond vol champagne saam met hulle. Hulle vertel dat die inwoners gereeld, maar veral saans met volmaan, hier in die begraafplaas kom piekniek hou. Hulle twee bak brood en die ander bring kos en drinkgoed en kuier lekker in die rustige en stil atmosfeer. Die uitsig van hier bo is baie mooi.


                 Mona en Esther hou piekniek in die begraafplaas                          Haenertrsburg vanuit begraafplaas             Uitsig uit begraafplaas

       Uitsig uit begraafplaas                                 Mooi grafstene                          Begrawe saam met sy hond

In die "swart" gedeelte van die begraafplaas is 'n hele aantal grafte. Sommige het op die grafsteen 'n blikbord en beker vir die afgestorwenis waarin kos gesit word vir ingeval hul sou honger kry. Ander het weer 'n kers vir die donker nagte. Ons weet nie waarvoor die waskom is nie. Baie interessant!


     Bord en beker vir honger                           Kers vir donker nagte                       Waskom? en eetgerei

Ons besoek ook die Long Tom uitstalling in Kerkstraat waar 'n gedeelte van die oorspronklike Long Tom kanon uitgestal word.


                                                                                                         Longtom gedenkteken

'n Baie lekker en opwindende dag kom uiteindelik ten einde met 'n besoek aan die Wheelbarrrow winkeltjie op die Magoebaskloof pad. Die tuine van die kompleks is werklik uit die boeke uit.

 
                                                                              The Wheelbarrow

Dag 52
20/04/2009

Een van die plekke wat die inligtingspamflette aangee wat 'n besoek werd is, is die Nougat fabriek by die Couch House Hotel so ongeveer 20 km uit die dorp. Dis bo-op die berg, 1100 m bo seevlak. Die hotel self is as 5 ster gegradeer.

Ons word vriendelik ontvang, en elkeen van ons moes 'n mus op die kop sit en ons hande ontsmet voor ons in die fabriek kon ingaan. Alles word met die hand vervaardig onder die Couch House handelsmerk. Ons kry samples om te proe en kry later nog. As Johann hier moet werk of verdwaal eet hy die hele plek bankrot. Hulle maak sowat 3 ton nougat per maand - alles met die hand. Ons koop 'n hele kilogram gemengde nougat en Elsie nog drie verdere pakke met makadamia neute. Elsie gaan die nougat erens in die motorwoonwa wegsteek, anders hou dit net 'n dag.

Ons geniet tee en scons op die hotel se stoep en kyk uit oor die Wolkberg. Volgens inligting is die berg meestal met 'n wolkie bedek, vandaar die naam. Vandag is dit egter 'n helder oop dag en daar is geen wolkie in sig nie


 Nougat fabriek (kyk spinnekop)                  Kappies oor koppe                                    Tonne se lekker                               Nog meer lekker

                                      Alles word met die hand gedoen                                      Hotel se telefoonhokkie                           Wolkberg van Hotel gesien

Op pad terug ry ons verby hierdie pragtige plaas met sy lanings van palms, boomvarings en Broodbome (Cycads). Die hele gebied is asemrowend mooi en word Agatha genoem.

Terug in die dorp, doen ons inkopies by die Tzaneng winkelsentrum. Die plek is gepak van die mense en ons wonder wie werk as almal hier rondloop

Op pad karavaanpark toe, doen ons aan by 'n kwekery wat o.a.broodbome verkoop. Elsie koop 'n kleintjie vir R15 wat moet saamry in die motorhome. Dis skaars 2 cm hoog. Johann reken dat wanneer ons tuis kom is dit 2 meter hoog, maar die eienares verskil bietjie hiermee! Sodra die broodboom 15 cm hoog is moet mens aansoek doen vir 'n permit. Ons wou aanvanklik na die broodboom woud gaan, maar hoor dat die hele wereld daar "verwoes" is deur vuur en stropers. Tog te jammer.

VOLGENDE