tzaneen             

26 April 2015

Ons roete vir die dag neem ons via Bela Bela, Mookgophong, Mokopane, Polokwane, Haenertsburg, Magoebaskloof tot by Tzaneen. Ons kampeer by Mowana Game Lodge, sowat 10 km buite Tzaneen op die pad na Phalaborwa. ('n Totale afstand van ongeveer 420 km van ons huis)

Op pad na na Polokwane (Pietersburg) ry ons deur 'n hele aantal Tolhekke waar ons van ons swaar verdiende geld moet afstaan om deur te gaan. Ons bereik sonder enige probleme Plokwane. Die pad is dubbel en die verkeer vloei lekker maklik. Gelukkig is dit Sondag en daar is in elk geval nie swaar verkeer op die pad nie

By Polokwane draai on weg van die N1 en ry na Tzaneen. 'n Entjie uit Polokwane op pad na Tzaneen ry ons verby die ZCC Moria kerkgronde. Die paaie rondom die ingang na Moria word nou herbou om die swaar verkeer te kan hanteer as al die kerkgangers daarheen gaan.  Langs die roete ry ons ook verby Haenertsburg. Ons draai in en gaan kyk na die winkeltjies wat hoofsaaklik gemik is op besoekers. Die hoofstaat is dan ook baie besig en parkering is skaars. Al die restaurantjies is dan ook stampvol. Die dorpie laat mens dink aan Clarens waar ook al die toeriste-winkeltjies is.

Haenertsburg gastehuisies Haenertsburg Restaurant Gebruikte Boeke Harnertsburg Haenertsburg - toerwa parkeer

By 'n vorige besoek het ons ook na die begraafplaas gaan kyk. Op volmaan-aande gaan almal begraafplaas toe. Die inwoners maak verskillende eetgoed en neem drankies ens. op na die begraafplaas wat hoog bo die dorpie is. Dan word daar op die stilste plek van die dorp fees gevier. Ons het dit so beleef op 'n vorige besoek. Hulle sê hier pla niemand hulle nie!!

Ons eet middagete en vertrek verder op pad na Tzaneen. Die roete neem ons af met Magoebaskloof. Die pad na Phalaborwa loop verby die dorp en ons bereik die afdraai na Mowana Game farm. Ons slaan kamp op in die bos langs die bosbraai lapa. Daar is nie eintlik kampeerplekke op die plaas nie, maar as gevolg van ons besoek aan ons internet vriend, Chris Krog, laat hulle ons daar kamp. Die hele doel waarom ons na Tzaneen gekom het was om saam met Chris te gaan voels afneem. Ongelukkig word hy net voor ons koms ernstig siek en lê hy vir 'n hele aantal weke in die hospitaal se intensiewe afdeling. Ons gaan hom dus nie te siene kry nie. langs die damm eis daar drie pragtige goed ingerigte chalets met twee houthutte wat in nou aanbou is. Volgens die gasteboeke geniet die besoekers die kuier op die plaas terdee.

27 April 2015

Op die plaas is 'n aantal groot damme. By twee van hulle is baie netjiese voëlskuilings gebou. Die skuilings is baie prakties gebou en het lekker sagte sitplekke binne. Ons ry daarna verder deur die plaas maar sien nie verder voëls nie.

 Teen 11:00 is ons terug by die kamp en maak ons gereed om 'n osstert potjie te maak. Na 5 ure op die stadige kole is dit tyd vir opskep en eet ons tog te lekker aan die kamp osstert kos. Teen 17:00 is dit al weer amper donker en  tyd vir rustig raak.

28 April 2015

Ons vertrek vroeg om te kyk of ons  erens by die Letabarivier kan uitkom. By die Letaba River Lodge loop ons 'n bloutjie, want hulle het onlangs kampe gemaak vir Sables en ander eksotiese wild. Ons kan dus nie meer by die rivier uitkom nie.

Daarna maar dorp toe om by die  "" uit te vind waar ons voëls kan kyk. 'n Baie hulpvaardieg bestuurder van die tak help ons en gee goeie wenke en inligting. Ons doen navraag oor 'n voëgids, maar hulle vra R900 vir 'n oggend se voëlkyk. Dis bietjie bo ons vuurmaakplek, en ons sal maar self more die roete in Magoebaskloof volg.

29 April 2015

Vroegoggend vertrek ons met die R71 tot byna bo-op Magoebaskloof. By die Houtbosdorp afrit draai ons regs weg en toe met die 4x4 bospaadjie af tot onder by Debageni Waterval. Ons sien nie baie voëls nie, maar by die valle darem die Bergkwikkie. Die waterval en piekniekplek is baie mooi. Hul vra R30 toegang. Vir wat weet ek nie. Seker om lastige besoekers oor naweke weg te hou. Die een bord gee die naam van die waterval aan as DEBAGENI, terwyl die een langsaan dit aandui as DEBENGENI.

Ons sien darem die hoogste mensgeplante boom in die wereld. Dis glo meer as 80 meter hoog.

Magoebaskloof Bospad Magoebaskloof  Bospad Debageni Waterval Debengeni
 
Hoogste Boom 80 Meter hoog  

'n Vriendelike dametjie by die Wheelbarrow Kwekery verwys ons na die Amorentia Estate waar die bedreigde Cape Parrots 'n broei kolonie het. Op die plaas boer hul met makadamia- en Peka-neute, en dit is die stapelvoedsel van die papegaaie.  Ons sien hul nie, maar die eienaar sê hulle is net vroeg soggens daar voordat hul bergop vertrek en eers weer in die middag laat daar aankom. Hul onderneem om ons te bel as hul daar opdaag. Toe hulle bel, was dit reeds te laat om al die pad plaas toe te ry.

30 April 2015

Ons besoek die "oggend voëlskuiling" en kon mooi fotos neem van die Visvangers. 'n Visarend maak ook sy opwagting in een van die droë bome wat in die dam staan.

In die namiddag ry ons na Amorentia Estate, (Ongeveer by S23 46 00.32, E030 02 42.27)  sowat 20 kilometer uit Tzaneen,  en wag daar vir die Cape Parrots om op te daag. Byna teen 17:00 daag 'n groepie van 13 op en vlieg met groot lawaai al in die rondte oor die kantoor kompleks. Dit word later skemer en ons kon nie sien waar hul gaan sit nie. Aangesien die hoof hekke om 17:30 outomaties sluit, moet ons maar sorg dat ons betyds van die plaas af kom. 

01 Mei 2015

Ons besoek weer die "oggendskuiling" en ontmoet mede voëlkykers, Hennie en Ronel Storm van Van der Bijlpark. Nadat ons alles gesien en gefotografeer het wat daar te siene is, nooi hul ons om saam te ry om na die Vlermuis Valk (Bat Hawk) in een van die woude rondom Tzaneen te gaan soek. Na 'n kort rukkie se gesoek, spoor ons die twee Valkies op en kon ons mooi fotos van hul neem. (Ongeveer by S23.92889 E30.14011)

 Daarna gaan ons na die vullis stortingsterrein, en daar sien ons letterlik honderde Maribous wat op die ashope en in die bome rondsit. Hul gee ons geleentheid om 'n paar mooi vliegfotos te neem. Ons sluit ons "toer"af deur saam te gaan na die Tzaneen dam.

 

Verblyf:        Mowana Game Farm   http://www.mowanagamefarm.co.za/index.html    Tel 015 304 3333 (slegs kantoor ure)

  

Tuisblad        Wildtuin Program      Volgende