Tuisblad:  Toer 8  
 

 Stanford, De Kelders, Gansbaai, Danger Point, Uilenkraalsmond, Pearly Beach, Die Dam, Wolvengat, Elim, Baardskeerdersbos

 

Dag 380
14/03/2010

Ons pak op en ry die ongeveer 50 km van Onrus tot by Uilenkraalsmond. Ons ry verby Stanford, Die Kelders en Gansbaai, maar sal later hier kom kyk hoedat dit lyk. Ons bereil Uilenkraalsmond en parkeer die bus langs Jacques se huis.

Dag 381
15/03/2010

Ons ry saam met Jacques en Elba in hul Chinese Toyota (GWM) van Uilenkraalsmond weg om 'n sirkelroete te doen in die omgewing. Ons besoek eers Pearley Beach, 'n mooi en groot strand ontwikkeling wat vir 'n lang end al langs die see strek

'n Bietjie verder ooswaarts is Buffeljagsbaai, 'n klein en hoofsaaklik gekleurde nedersetting. Die manne daar is hoofsaaklik vissermanne.

Dan bereik ons Die Dam, 'n baie mooi en netjiese karavaan en kampplek. In die seisoentyd is die oord glo stampvol van manne wat kom visvang.


                                    Chalets en kampeerplek by Die Dam

Ons draai noordwaarts op 'n redelike goeie grondpad en bereik die gehuggie Wolvengat (ook bekend as Viljoenshof). Ons verneem een of ander dominee het beswaar gehad teen die "gat" gedeelte van die naam Wolvengat, en die plek is toe genoem Viljoenshof. Nou is dit weer hernoem na Wolvengat. Die plekkie is gewild en bekend vir al die kunstenaars wat hul hier gevestig het


           Ingang na Wolvengat                                Museum                                          Jenny's handelshuis                                    Mooi huisie

           De Roubaix kuns gallery     . . . . . . . . . . . . . .                                en van sy beelde

Volgende op die roete was Elim, 'n ou Morawiese Sendingstasie.  Ons het in die tydskrifte gelees van een van die inwoners wat sulke lekker "boerekos" maak en bedien. Ongelukkig bestaan dit nie meer nie, en is al die ander eetplekke ook toegemaak. Selfs die restaurant by die ou watermeul wat nog op die padpredikante aangedui word, het toegemaak.

Ons besoek die sendingkerkie. 'n Interessante feit wat ons hier sien, is dat die kerk met 'n plank reg in die middel deur soos gesien vanaf die preekstoel, in twee gedeel is. Die een kant is vir die dames, en die ander kant vir die mans. (sien foto). Verder sit die ongetroude jongmanne reg voor in die klerk, verder is die jong getroudes en op 'n ander plek die ou getroude manne. Dieselfde geld vir die vroue. Die inligtingsman spot en s dat die stelsel 'n baie goeie "dating scheme" is omdat die ongetroudes hier reg voor langs mekaar, maar geskei deur die plank, sit. Die ou gebruik word nou nog vrywillig toegepas. 


                Morawiese kerk                           Weer engeltjie op kerk                          Skeiding tussen die geslagte                  Slawe gedenkteken

                                                                                                                  Elim se hoofstraat

              Inligtings kantore                              Waterwiel meule geboue                   Hier moet jy jou buk ken                               Waterwiel

Die meeste mense wat hier bly se vanne is bv Januarie of October ens. Dit het glo te make met die maand wanneer hul op die plase begin werk of as slawe vrygestel is. Selfs die plaaslike eerwaarde se van is ook October. Ons ontmoet oom Philip October by sy mooi netjiese huisie. Toe Johann vra hoe dit gaan, s hy dat hy ok is, net dat sy masjienerie bietjie ingee, en hy wys af middellyf se kant toe, Toe Johann hier na die heupe se kant wys en vra of dit is waar sy masjienerie nie meer werk nie, s hy nee, hier laer af by die kniee se kant!!. Dit het aanleiding gegee tot 'n groot gelag


          oom Philip October (80)

Dan bereik ons Baardskeerdersbos. Hier noem die mense die plek B.BOS. Die plekkie is glo vernoem na die baarskeerders spinnekop Ons eet by Marietjie se PUB en GRILL. Hier eet jy jou trommeldik vir R30-00. Die spyskaart maak dit duidelik - "Vat dit of Los dit!" In die kroeg is 'n interessante gebruik dat die manne wat hier kuier, hul kleingeld en ander los geld hier los. Dit word in plastiese banksakkies gehou met jou naam op. Dit word gehang aan die rak onder die bottels met versterkwater. As jy weer hier kom, drink jy lekker en betaal jou tab uit die sakkie. Van die manne doen dit glo sodat hulle vroue nie daarvan weet nie. Niemand word hier verneuk nie, en jy kan ook nie uit 'n ander man, selfs jou pa of broer, se sakkie drink nie!


             Marietjie se Pub                       Elba, Marietjie en Jacques in die pub       Die manne se geldsakkies                 Ondubbelsinnig: "Take it or leave it!"

            B.Bos se kerk                                  B.Bos se drankwinkel                      As die trekker nie pas nie, maak plek      

Ons ry 'n draai by Geelwal, die plaas waar Jacques en Elba nou woon, en keer laat middag terug Uilenkraalsmond toe

Dag 382
16/03/2010
   

Vandag se roete neem ons via Franskraal, Kleinbaai, en Danger Point terug na Uilenkraalsmond. By Kleinbaai sien ons hoedat hulle seebamboes uit die see haal om na die perlemoenplase te neem. Die perlemoen groei en voed van die seebamboes af. Hulle haal daagliks deur die dag vragmotors vol seebamboes uit die see.

Ons sien ook hoedat die haai-kykers se bote in en uit vaar met besoekers wat in die hokke duik om na die haaie te kyk. Ons verneem dat dit sowat R1,200 per kop kos om in die haai-hok af te gaan om die haaie te bekyk.    


      Seebamboes oes                                                                                       Haaibote                                                                 Vuurtoring by Danger Point   

Dag 383
17/03/2010
  

Ons toer gaan vandag via Gansbaai, na Perlemoenbaai, Stanfordsbaai en De Kelders. In Gansbaai is 'n huis waar 'n meisie probeer het om by die koorsteen in te klim en toe vasgesit het! Sy hang nou nog daar aan die koorsteen!


                            Vissersbote by Gansbaai hawe                                                                     Sy sit vas                                         Die Kelders

Ons ry daarna na Stanford. Die samestelling van die dorpie se inwoners het ook in die laaste tyd verander deurdat baie mense van buite, soos kunstenaars ens, hul daar kom vestig het. In die hoofstraat is 'n hele aantal eetplekkies. Ons doen aan by die Stanford Arms Hotel en besoek die kroeg vir 'n drankie. Die locals noem dit sommer die "PUB" of die "Robot Kroeg" na aanleiding van die verkeerslig op die stoep. As die kroeg oop is, is die lig groen, andersinds is dit rooi.


        Stanford Arms Hotel                           Verkeerslig is groen                                Binne die Robot kroeg                          Mooi ou huise in hoofstraat

     African Queen   

Dag 384
18/03/2010
   

Vandag was skoonmaakdag. Al twee die grondseile wat in Onrus so vo van die swartl modder geword het, moes gewas word. Dan ook moes die tent se kante wat vol modder gespat het, gewas word. Alles is afgespuit en gewas en oor die draad en muurtjies gehang om droog te word.

Daarna het Johann en Jacques die motorwoonwa se buitekant gewas en Elsie het die binnekant gestofsuig en skoongemaak.

Elba en Johann probeer visvang maar kom met lee hande terug. Die rotse is baie, en ook skerp en sinkers en hoeke bly agter. Johann gee later moed op en stap terug, kamp toe maar Elba druk deur, en kry uiteindelik net 'n sterk byt, maar geen vis nie.

Dag 385
19/03/2010

Ons ry tot by Die Kelders en besoek die Klipgat grot binne die Walkerbaai Natuur reservaat van SanParke. Daar is baie trappies af tot by die see, en elke trappie wat jy afgaan, besef jy jy moet weer hierdie trappie opklim om by die voertuig te kom.


                                                                                                       Binne die Klipgat Grot by Die Kelders

           Ingang tot Klipgat Grot

 

Dag 386
20/03/2010

Jacques se kinders wil gaan perdry, en ons gaan plaas toe. Hulle saal vir "Tjoklit" en Poppie op en ry die berg in.


                       Geelwal                                   Tjoklit en Poppie (die perde!)

Na 'n draai deur die distrik waarin ons Klein Transvaal en Sandy;s Glen in die Sondagsvallei besoek, ry ons oor die berg met 'n bergpaadjie deur die Witvoetskloof natuurreservaat (deel van Flower Valley plaas) tot by De Kelders. ons besoek die Buitesteen kroeg en eet 'n pub lunch.  Hier kry ons vir Bertie met sy hond Sammy wat ewe gedwee saam met sy baas by die kroegtoonbank 'n drankie geniet.


         Bertie en Sammy

Dag 387
21/03/2010

'n Rustige dag by Uilenkraalmond. Ons kry heelwat kuiergaste, en spandeer meeste van die tyd by die huis. Een van die vissers wat op die grrot vissersbote werk, kom kuier, en hy sal kyk of hy vir Johann en Jacques plek op die boot vir Woensdag kan kry. Hulle gaan sardiens vang en sal so 2 tot 3 uur op die see wees.

Dag 388
22/03/2010

Jacques gaan uit op die see saam met vriende en kom met sy kwota kreef terug. Vir middag ete kry elkeen 'n heel kreef om te eet. Jacques se dogter Sure eet al die koppe en kerrie van die wat dit nie wil eet nie.

 
                  "Nagman"                                     Jacques met sy "Nagman"                          Kuier om die voetevuur  

VOLGENDE