van zyls pas

 

29/09/2015

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand:   400 kilometers

Vroeg oggend is ons gereed om op die groot avontuur te gaan. Ons roete neem ons van Epupa Valle na die dorpie Okangwati. Daar draai ons af op die tweespoor paadjie wat die volgende drie dae ons "pad" sal wees. Ons ry voor met die boswa gehaak, en Pierre en Robbie volg ons.

Aanvanklik gaan dit redelik maklik, maar algaande raak die pad rowwer, steiler en smaller. 73 kilometer later en na die een steil opdraende met los klippe en oor rotse en deur slote en sandbeddings, is ons uiteindelik by die begin van Van Zylspas. Robbie is ook 'n ou veteraan van Zylspas ryer, en is ons gids en hy dui vir ons aan watter lyne ons moet ry. Daarsonder sou ons dit nie gemaak het nie. Twee maal moes Pierre ons haak en uitsleep. Die boswa is net te swaar om teen die steiltes met sy los klippe uit te sleep. (Sonder die boswa was dit die volgende dag baie maklik)

Ons oornag in die Van Zylspas Gemeenskaps kampterrein teen N$70 per persoon. Ons val nog vir oulaas daar in die rivierloop vas, en Pierre moet ons weer met die winch uittrek

Sit vas in die sand by Van Zyls kamp Rustig na dag se ry Ontspan om die vuur

30/09/2015

Vandag is D-dag!. Omdat Pierre al die pas 6 keer tevore gery het, en dit redelik goed ken, haak hy die boswa agter sy Landcruiser, en hy en Robbie ry voor. Ons volg in die Fortuner, en dit gaan baie makliker as met die boswa agterna.

Die riller Van Zylspas is maar 10.6 kilometer lank, maar dit neem byna die hele oggend in beslag. 1.5 kilometer van die end van die pas kom die eintlike riller. Jy moet steil af oor rotsbanke wat jou motor op plekke op 3 of selfs twee wiel laat wieg, met die ander een of twee wat in die lug hang, Aan die een kant is 'n afgrond, en aan die anderkant die rotsbank. Die laaste 5 kilometer het ons 3 ure geneem om af te le. Die hele pas van 10 kilometer was 4 ure lank. Elsie het maar besluit om liefs nie by daardie krans saam af te ry nie, en af gestap na onder om fotos te neem !

Sonder 'n navigator kan jy maar vergeet om daar af te gaan. Jy ignoreer die steiltes en afgronde, en hou net die navigator se hande dop. So kom Pierre met ons boswa agterna en ons op ons eie veilig daar af. Robbie was 'n uitstekende navigator en sy handseine was goud werd. Beide voertuie en boswa het 'n paar nerwe verloor, maar origens het alles vlot verloop.

Aan die onderend van die pas is Geeldrom - 'n baken wat die pas se ryers maar te graag wil sien. Dis die einde van die pas.

Ons opinie is dat die 73 kilometer roete van Okanwati tot bo by die Van Zylspas Kamp is baie erger as die 10 kilometer van die werklike pas. Dalk omdat ons die boswa gesleep het, maar dit was nogtans ERG.

Die Van Zylspas in al sy glorie

     
Stadig teen die steiltes af - hou die gids dop  Stadig teen die steiltes af - hou die gids dop   Stadig teen die steiltes af - hou die gids dop  
     
Stadig teen die steiltes af - hou die gids dop   Wiele in die lug  Stadig teen die steiltes af - hou die gids dop  
     
Boswa se wiele in die lug Stadig teen die steiltes af  Google Maps - van Zyls Pas
Dan is ons onder by Geeldrom    
Klipstapel by Geeldrom Ons klippie is ook nou daar Geeldrom - Gelukwense
Dan is dit 50 kilometer se sinkplaat sandpad oor die marienfluss vlakte tot by Rooidrom

     
Marienfluss  Marienfluss   Die "hoofpad" deur Marienfluss 
     
Rooidrom     
Marble Camp     
     
Ons staanplek  Ons staanplek  Ablusie geriewe 

01/10/2015

Vroeg oggend is ons weg by Marble camp om die laaste deel van die roete tot by Opuwo te ry. Die eerste 155 kilometer van die dag was 'n nagmerrie. So iets het ons nog nie beleef nie. Dit is oor rotse, in sandbeddings van die droe riviere, deur gate, langs onbegaanbare sandvlaktes waar elkeen maar sy eie pad maak oor die wit poeier sand. Ons hou maar Garmin dop om te sien wat die algemene rigting moet wees. Plek plek het vorige ryers hule eie pad gemaak wat in 'n baie beter toestand as die gemaakte regte pad is.

Uiteeindelik na baie ure beland ons toe by Kaoko Otavi waar ons op die C43 beland. Daardie 39 kilometer het gevoel soos 'n teerpad en ons kon teen 100 kpu daar ry. Af en toe kom weer 'n nagmerrie gedeelte en ry jy laebestek 1e rat oor die versperrings.

Dit was moee reisigers wat uiteindelik die aand kon gaan slaap in die Opuwo Country Lodge. Die aand het ons twee Johann se verjaarsdag gaan vier in die Lodge se restautant en 'n heerlike aandete gehad. Pierre en Robbie het vroeg uitgepass want hulle wou die volgende dag vroeg ry om huis toe te gaan.

 

Van Zyl's Pass is the most notorious pass in Namibia. Located between two very steep mountain ranges in Namibia’s Marienfluss, it gets its name from the Dutch explorer who found the way across in the 1920’s with a few hundred Himba and a Model T Ford.

 

Uittreksel uit Web inligting opgespoor

Van Zyl’s Pass is found in the far northwest of the country, in Kaokoland. The only way to get there is via the D3703 district road through Okangwati. It’s a a classic extreme road, but not really a road, just a route made over the mountain by travellers over time. The outrageously steep pass itself is a pure adrenaline rush, but the lead-up route is 10-15km of tough driving, dodging its way through boulders, rocks, ravines and badlands. The descent from the top of the pass covers a distance of ten kilometres – but it will take you three to six hours to negotiate.

To drive this trail, you must have supreme confidence in your vehicle and your driving skills. This is an extreme 4x4 challenge which requires sound experience with cross-country driving and a skilful navigator. It is not a simple matter of just cruising downhill. Apart from the steep gradient there are uphill stretches as well. Each tyre has to scramble up and down, and the vertical rock formations which protrude from the track in many places pose additional risks to the tread. It is highly advisable to tackle this adventure in a convoy, if only to encourage one another. 

If you dare to take the risk and travel along this dusty and bumpy route, then make sure to be driven by someone who has experience of the road. Van Zyl's Pass - for super-experienced 4x4 drivers only, this pass is well-known as the most challenging 'road' in Namibia and presents a great challenge to those who like that kind of thing! Leads into Marienfluss. Can only be driven in downwards direction, towards Marienfluss - too dangerous the other way, and if you were to meet anyone coming down

It is not possible to drive the pass with a trailer attached.

 

 

Tuisblad              Botswana toerskedule     Volgende