wakkerstroom

 

25 Oktober 2013

Vroegoggend pak ons die motor en vertrek op die lang pad na Wakkerstroom. Ons ry via Pongola, en merk op die groot verskil in die boerdery omgewing van waar dit kommersieele boere is, en waar die bestaansboerdery begin. Dis soos  dag by nag.

In Piet Retief aangekom, vind ons 'n miernes van bedrywighede in die strate. Dis Vrydag en dit lyk of die hele omgewing se mense op straat is. Ons wou eers by 'n sekere winkelsentrum aandoen, maar daar is so 'n vertrapping dat ons maar verder ry tot by die Pick-n-Pay effe buite die middedorp. Daar is dinge rustiger. Ons vul ons kruideniersware aan vir die paar dae se verblyf in Wakkerstroom.

Ons bereik Wakkerstroom net na die middag en ontmoet ons "landlord" by die garage. Ons "cottage" is aan die oorkant van die vlei gesien vanaf die dorp, en naby die De Oude Stasie Pub, Restaurant en kampeerplek. Dis 'n pragtige en netjiese plekkie met al die geriewe waaraan jy kan dink. Die eienaar het gese ons moet net ons kos bring, verder is alles daar. En dit was so. 4 baie gerieflike slaapkamers en 'n heerlike stoep met 'n binnebraai. In Wakkerstroom se koue is dit 'n pluspunt.

                Wakkerstroom                             Vleiland Cottage

Vleiland Cottage

26 Oktober

Dwarsdeur die nag is hier hewige donderstorms. Teen 6:30 se kant klaar dit op en ons volg van die roetes wat die boeke en die persoon by Birdlife vir ons aangee. Ons sou graag wou 'n gids vir die dag he, maar al die gidse was skynbaar bespreek vir 'n voelklub van Middelburg wat hier byeen gekom het. Dus maar op ons eie aangaan. Die grondpad is maar sleg. Plek-plek die ene klippe en op ander plekke weer net modder. Ons was maar baie teleurgesteld met die verskeidenheid voels wat ons wel gesien het. Dalk kan dit aan die sterk wind toegeskryf word. Nadat ons meer as 120km grondpaaie gery en na voels gesoek het, gaan ons maar terug. Die weer steek weer op en dit reen sommer lekker hard.

Die aand gaan ons na die De Oude Stasie om na die Curriebeker eindstryd te kyk. WP het maar sleg gevaar !

27 Oktober 2013

Ons het op hierdie juweeltjie van 'n eiendom afgekom. Dit kort so 'n bietjie TLC dan kan dit 'n baie lekker aftree plekkie word !

Bargain van die jaar ! Die uitsig oor die berg is onverbeterlik

       De Oude Stasie                                                                                                    Sake kern Wakkerstroom

    Mooi winkel                                                                                       N G Kerk gronde                                                            What's on

Dit reen weer die grootste gedeelte van die nag. Ons voellys is nie juis aangevul by Wakkerstroom nie, en ons besluit om vir oulaas by die brug oor die Slangrivier te gaan soek vir die Grondspeg (Ground Woodpecker). Toe ons stilhou, roep ons hom en sowaar, onmiddelik maak hy sy veskyning op een van die groot rotse. Hy vlieg later oor die pad na sy nes en ons kon toe sien waar hul die nes gebou het, Ons het lank daar rond gestaan en hom van alle kante beskou en afgeneem. 'n Baie geduldige voeltjie !

Grond Speg (Ground Woodpecker)

28 Oktober 2013

Dis weer 'n baie renerige dag, en ons pak op en vertrek vroegoggend terug huis toe. Ons groet die vriendelike eienaar en pak die renerige pad Johannesburg toe aan.

Verblyf:  Vleiland Cottage: Kontak Gys en Lok Roos by 072 522 6275 (aan te beveel)

Tuisblad