Walvisbaai

22 September 2014

Walvisbaai

Ons neem afskeid van Martyn en Rita du Plessis en vertrek na Walvisbaai. Ons koop eers 'n "TireMoni Checkair"-stel wat mens aan die bande van die motor en kampwa koppel en wat dan die banddruk monitor op 'n klein monitor wat aan die voorruit vassuig, amper soos 'n Garmin. As die bandruk van een van die ses bande van die motor of sleepwa laag word as gevolg van 'n lekband of klip, gaan die alarmpie af en kan jy betyds stop voor die band heeltemal verwoes is. Een band wat jy so spaar betaal vir die koste van die monitor apparaatjie. Oor die volgende paar weke gaan ons baie grondpaaie ry, en is dit dalk die geld werd om voorsorg te tref.

Walvisbaai is so 33 km van Swakopmund en ons ry eers aan by Langstrand, wat halfpad tussen die twee dorpe is. Ons is ingeboek by die Sandpiper Dunes Oord (een van Holiday Club se oorde) en die bestuurder s ons kan maar vroeg kom inboek, en hoef nie te wag tot 15:00 nie. Dis 'n baie netjiese en goed versorgde vakansie-oord, en ons is baie ingenome met die toestand van die kompleks.

Ons boek ook 'n vaart op die Catamaran wat uit Walvisbaai vertrek vir Woensdag. Koste beloop N$420.00 per persoon en sluit drankies en middagete in. Die  en keer na middag-ete terug. Ons tref voorsorg en koop maar liefs see-siek pille - net vir ingeval. Die boot vertrek teen 09:00. Die wind hier waai sterk oor die see en die branders lyk maar aan die rowwerige kant.

Ons gaan deur na Walvisbaai en besoek die soutpanne. Daar is letterlik "duisende" Flaminke in die vlak water en ook baie klein watervoels wat oral rond vroetel vir kos. Dis die meeste Flaminke wat ons nog bymekaar gesien het. Die strandvoels is besig om in hul broei kleure te verkleur, en dit maak identifikasie effe moeilik

23 September 2014

Oornag is hier weer swaar donderweer en vroeg oggend val hier 'n lekker reenbui.

Ons besoek Rooibank wat sowat 330 km buite Walvisbaai is. Die dorp se water word van hier af uit die dro rivierbedding gepomp. Volgens die internet behoort ons hier die Duine Lewerikkie en baie ander soort voels te sien. Ons sien egter net honderde Mossies en een Bokmakierie. Op pad daarheen ryn jy deuer die worstyn en op een plek is daar 'n fontein wat sommer so uit die duine ontstaan. Die water loop lekker sterk tot in die pad. In die area is daar 'n Topnaar nedersetting en die kerkie hieronder staan glo bekend as die Topnaar kerk. Hulle is afstammelinge van die Strandlopers en bly langs die Kuiseb rivier by Walvisbaai omgewing (http://www.namibian.org/travel/namibia/population/topnaar.htm)

Met die terugkom gaan kyk ons na Duin 7, Walvisbaai se bekende baken. Dis egter nie so indrukwekkend soos Duin 45 by Sesriem nie. 'n Paar besoekers durf die duin aan, maar kom nie tot bo nie. Ons besoek die "Adventure Centrum" om te kyk wat hulle alles aanbied. Daar is 'n informele kompetisie om te kyk wie die duin die vinnigste kan uitklim. Op die stadium kom die eer 'n Matie student, Simon Oosthuizen, toe wat die duin in 2 minute 4 sekondes uitgehardloop het !    

Fontein in die Woestyn Fontein in die Woestyn Water pypleiding Pompstasie
Topnaar Kerkie by Rooibank Duin 7 Quads by Duin 7 Big Foot by Duin 7
Duin 7 Adventures Rekord om Duin 7 te klim Duin 7 Duin 7

Ons ry later na die Soutwerke waar Afrika se grootste soutwerke glo is. Sommige van die soutpanne het so 'n pink skynsel en ander wat droog is is spierwit. Groot vragmotors ry deurlopend sout weg van die werke. Ons ry om die lagoon tot by die vleilande en ons sien derduisende voels - Flaminke en strandlopers by die honderde (duisende). In die hoog seisoen is hier glo tot soveel as 160,000 voels in die vleilande en lagoon.

Soutwerke by Walvisbaai

Soutwerke by Walvisbaai Pink gekleurde soutpan Wit gedroogte soutpan
 
Soutlorrie Pelican Pont Orusovo.com Walvisbaai / Pelican Point- Google Earth  

24 September 2014

Ons meld aan by die kaai in Walvisbaai hawe om met die Catamaran uit te gaan see toe. Die rit kos ons R425.00 per persoon nadat ons 15% afslag kry deur die Holiday Club. Ons boot se naam is Silver Moon en ons is net 20 "eie" besoekers. Die toergroepe word op twee groter Catamarans ge-akkomodeer. Ons het 'n pragtige windstil dag, maar die mis l dik oor die see en sig is beperk. Ons vaar verby die punt van die Lagoon by Pelican Point tot in die oop see. Ons rit neem ons verby die groot oester plase en 'n groot aantal robbe kolonies. Die robbe bler soos skape en maak 'n groot geraas. 'n Rob kom maak hom tuis op die boot, meeue en pelikane kom eet uit die hand van die toer leier, en later vergesel 'n paar Benguella Dolfyne die boot terwyl ons ry.

Die vuurtoring by Pelican Pont is swart en wit gekleur in plaas van rooi en wit. Die rede is dat dit vir seevaarders aandui dat daar water aan beide kante van die vuurtoring is. Die punt by Pelican Point "groei" elke jaar met 20 meter see se kant toe as gevolg van die die grond en sand wat jaarliks afspoel see toe as die riviere afkom. Die vuurtoring staan dus nou 2 kilometer van die punt af soos die land uitgebrei het.

Met die omdraaislag onthaal hul ons op baie lekker kos, en veral die vars oesters was baie gesog. Johann l weg aan 'n paar dosyn van die lekker vars see-oesters en 'n glas of twee vonkelwyn.Na net meer as drie ure ter see is ons weer terug by die vasmeerplek.

Silver Moon Gereed om fotos te neem  2 bekers catamaran koffie (OBS) Voer See meeue
Lekkernye Lekkernye Lekkernye Lekkernye
Vuurtoring (Swart en Wit) Oester beddings Oester "fabriekskip" Drywende droogdok
Bote met toeriste Bote met toeriste Bote met toeriste Bote met toeriste
Rob kolonie Besoekende rob Benguella Dolfyn  Swart en wit vuurtoring

25 September 2014

Buite waai 'n sterk koue wind.. Ons ry na Walvisbaai om te kyk of ons die Gray's Lark te siene kan kry. Ons kry hom nie, maar sien wel 'n groterige groep Red-Headed Larks en kon hul op 'n afstand afneem. By die lagoon is daar weer honderde (duisende?) Flaminke in die vlak water. Dis regtig iets om te aanskou.

Ons hoor van Sure dat haar vriendin die Anchors Restaurant in die hawe gebied bedryf. Ons ry daarheen vir middag-ete en eet van die lekkerste Kalamari wat ons nog gehad het.

Anchors Restaurant Smullekker Kalamari Saam met eienaar

26 September 2014

Ons moet weer vertrek op pad na die noorde. Ons pak op by die Sandpiper Dunes tyddeel oord en gaan vir die naweek weer oorbly by Martyn en Rita du Plessis voor ons verder op ons toer noordwaarts gaan. Ons kampwa het ons daar gelos vir die tyd wat ons by die tyddeel was. Ons moet ook voorrade aanvul vir die tyd wat ons in die woestyn sal deurbring.

Tuisblad   :  Namibia Reisplan   Vervolg