Waterberg,

04/10/2015

Waterberg

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand:   87 kilometers

87 Kilometers oos van Otjiwarongo is die Waterberg  Natuurreservaat. Dis 'n teerpad tot so 17 kilometers voor die park, maar die grondpad is goed gebou. Ons kry 'n lekker staanplek onder 'n koelteboom. Gelukkig het ons dit nie nodig nie, want dit is bewolk en dit wil lyk na reen.

Die kampplek is bitter duur. N$260 vir daggeld / bewaringsgeld, en N$684 vir die twee dae se kampering. N$944 om twee dae te kamp!. Dit is nou die eerste keer wat ons te doen kry met die berugte duur Namibia. Tot sover was die privaat kampe in Botswana en Namibia baie bekostigbaar en selfs goedkoper as in RSA. Maar dié een behoort aan die Namibia Wildlife Resorts (NWR), en hul mik op die buitelanders van oorsee wat dit seker goedkoop vind. Behalwe vir ons, is al die ander besoekers daktent toeriste van oorsee.

Jy kan nie self in die park rondry ry nie, en word forseer om op 'n gamedrive te gaan teen N$445 per peroon. Ons het op die toer al al die diere gesien wat hul hier aan ons kan wys, en ons besluit om maar die N$890 op 'n ander plek te spandeer soos bv. om op 'n begeleide toer na Sandwich Hawe by Walvisbaai te gaan.

05/10/2015

Laasnag was die kampplek vol van daktent-toeriste. Vroeg oggend begin die kamp leeg loop en teen 10:00 is dit nog net ons en ons bure, drie jong meisies van Utrecht in Holland, wat oor is. Hulle drie, Marieke, Gerieta en Saskia toer vir drie maande deur Suid Afrika, Botswana, Namibia en Zimbabwe. Hul slaapplek is 'n piepklein tentjie waarin al drie soos sardiens ingeryg is. Hulle geniet hulself terdee, en is vol grappies en is avontuurlustig. Ons kon vir hulle bietjie raad en advies gee oor kampplekke wat mooi is op die roete wat hul gaan ry, en  wat hoofsaaklik is soos ons gekom het. 

Waterberg Vlakte by Waterberg Waterberg Restaurant
Swart dassies (?) Bruggie op bergpaadjie Ons kampplek
Ons kampplek Piepklein 3-meisie tentjie Marieke , Gerieta en Saskia van Utrecht, Holland

 

Tuisblad              Botswana toerskedule         Volgende